Dagse mede jagters.
Waar begin mens...my broer boer in die Vrystaat.
Watse thermal teleskoop is die beste ?
Wat is meer as goed genoeg ?
Moet hy n rangefinder funksie in he ?
Is clip-on die moeite werd ?
Ek glo hy moet +-300m kan Id seker ,dis vir jakkals, rooikat en bosvark .
Soms is gras bietjie lank.
Dis vir eie gebruik en om jou buurman uit tehelp.
Wat moet mens weet en uitkyk voor mens koop ?
Ek luister graag.
Beste Thermal
Moderator: Global Moderator
- Ratel
- Hero Member
- Posts: 1506
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
- Location: Rustenburg
Re: Beste Thermal
Hier sal ek beslis vir Geno aanbeveel. Toe ek dieselfde vrae gehad het en wou seker maak ek koop reg (want dis duur) het hy eerlik en baie behulpsaam gewees. Ek is baie tevrede met die ATN wat ek by Geno gekoop het.
Die voordeel is jy praat nie met 'n gulsige verkoopsman nie maar met iemand wie die ervaring het.
Die voordeel is jy praat nie met 'n gulsige verkoopsman nie maar met iemand wie die ervaring het.
Maak 'n verskil
-
- Hero Member
- Posts: 942
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
- Location: Kalkbank
Re: Beste Thermal
My beperkte ervaring met thermals is dat daar ongelukkig nie n beste is nie. Daar is die beste vir n spesifieke doel maar dink jy gaan moet “compromise” as jy bosvark jag en jakkals jag uit dieselfde thermal wil kry. Gaan kllar vir die hoogste resolusie wat jy kan bekostig. Maar die basis vergroting is waar die vangplek lê. Jou field of view raak al hoe kleiner hoe groter die basis vergroting is en anders om. Vir jakklas jag en id op 350m soek jy n groot basis vergroting maar as jy bosvark gaan jag soek jy n lae basis vergroting en groot field of view. Jy gaan moet besluit wat is die belangrikste vir jou of jy gaan maar die middeweg moet vat.
-
- Hero Member
- Posts: 757
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Beste Thermal
Ek gebruik Pulsar en het al deur n paar Iray's gekyk en het pêlle met Iray en ek sal hulle aanbeveel. As ek baie geld gehad sou ek die Iray TH50 V2 of Pulsar XP50 Thermion 2 LRF gekoop het. Iray kan rangefinder by kry en Pulsar het klaar 1. Pulsar het kleiner basis vergroting as Iray. Die Pulsar XQ50 Thermion 2 LRF is n goeie middeweg tussen prys en performance vir my. Gaan lees so veel as moontlik op VSA en UK forums oor ATN, Hikmicro, Pulsar en Infiray nie almal het gunstige opinies nie. Rangefinder help baie met enige nagsig en Pulsar met rangefinder werk nou soos Swarovski se DS scope, range hom en hy gee jou n afmik kruisie. As jy besluit het wat jy wil hê, doen dan navorsing oor die plek waar jy gaan koop ook, dit moet betroubare besigheid wees vir as daar waarborg issues is.
-
- Jr. Member
- Posts: 84
- Joined: Sun Aug 19, 2018 9:53 pm
Re: Beste Thermal
Is ek reg as ek se die rangefinder funksie is amper n moet, want jy kry nie geskat met thermal nie en jy kan bitter maklik bo oor skiet selfs met n 243 wat redelik plat skiet ?
Ek glo mens sal na die bietjie groter basis vergroting moet kyk, die skote is meestal verder in die Vrystaat as se nader .....dan wee kan jy bosvark tussen die mielies kry .
Is clip on n no go ?
Ek lees oor colomation ens. maar wat beteken dit nou eintlik ?
Dankie vir julle insette en raad, dit word waardeer.
Hoop Geno kan ook bietjie raad gee ?

- Geno
- Administrator
- Posts: 13276
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- Location: Bloemfontein, Vrystaat.
- Contact:
Re: Beste Thermal
Ek sou ongeag van fabrikaat nie minder as 'n 50mm lens en 384x288 sensor vat nie.
Indien jy meer varke skiet, kyk na 2.5x basis vergroting
Indien jy meer jakkalse skiet, 4x basisvergroting.
Albei saam, 640 sensor, met 50mm lens / 2.5x basisvergroting.
As begroting nie so beperk is nie, 640 sensor, 75mm lens. 4x basisvergroting. Dit is 'n bul terleskoop. Ekself gebruik so een vir al my jagwerk vanaf 20m tot oor die 500m.As jou begroting kan rek tot +-R110k sou dit my keuse wees.
Daar is baie fabrikate op die mark. Kies die een wat jou die beste advies en naverkope diens bied. Ek gebruik self ATN se produkte en ek verkoop hulle ook.

Goed, beter, 6millimeter!
- Willie
- Sr. Member
- Posts: 444
- Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
- Location: Ladismith - Klein Karoo
Re: Beste Thermal
Ek wil ook graag weet of "clip on" 'n opsie is om te oorweeg, maar lyk my niemand is bereid om 'n opinie te lig nie
-
- Sr. Member
- Posts: 322
- Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm
- Location: Pretoria
Re: Beste Thermal
As jy clip on wil gaan moet jy net seker wees dat hy sal werk saam met jou bestaande teleskoop. Aangesien die clip on voor jou teleskoop is is die vergroting van jou teleskoop belangrik. As die vergroting te veel is verloor jy gewoonlik die icons en dele van die menu aangesien jy te veel in zoom op die skerm en dan net n gedeelte van hom sien. Die beeld raak dan ook korrelrig. Die clip ons werk gewoonlik beste met n 3-4x vergroting.
Soos reeds genoem, is lens grootte en sensor resolusie die grootste ding. Moet nie verwag om met n "entry level" clip on op 300m te kan identifiseer nie.
Welkom om my te kontak as jy fotos wil sien ens van wat ek probeer verduidelik.