Jakkals in hok vang.

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 332
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Location: Steynsrus, Vrystaat

Jakkals in hok vang.

Post by Ferdi Bam »

Hi Almal,

Ek vra raad asb.

Hier by my is daar op die oomblik n jakkals wat uiters oorlams is en helder oordag lammers vang. Vandag 14h00 vang hy n lam. My skaapwagter verjaag hom maar hy hardloop net ongeveer 150m weg, draai om en kyk wat maak my skaapwagter. Die lam is nie dood nie maar erg beseer aan sy stertkant. My skaapwagter gee n ent pad en na n ruk kom die jakkals terug na die lam wat lê. My skaapwagter verjaag hom en die keer verlaat hy nie misdaad toneel.

Ek het n Top hok wat ek toe stel met die dooie lam binne in. Hoe nou gemaak?

Die werkers en my swaer sien die jakkals gereeld in daglig. In dieselfde omgewing. Ek beweeg ook in dieselfde area maar hy bly my ontwyk. Hy moet seker die geweerolie ruik

Ek is nie n jakkalsjagter en het geen kennis daarvan nie. Nog net 2 jakkalse in my lewe geskiet. n Vorige keer toe n jakkals gepla het het ek n paar nagte my bakkie toegepak met bosse en lewendige lammers vir as gebruik sonder sukses. Om deurnag te sit vir week of 2 het my gewen. Hy het egter opgehou om te vang.

Ek sien daar is raad om n rooikat te vang maar hoe gemaak met n jakkals en sy gevolg. Tewe met kleintjies is sekerlik nou die groot sondebokke.

Ek wil my nie uitlaat oor ons plasslike jakkalsjagters nie.

Enige advies met die hok sal welkom wees.

Groete.

Ferdi Bam.
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 709
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Location: Harrismith,FS

Re: Jakkals in hok vang.

Post by SakoTrippel2 »

Eks g'n Jakkals expert nie maar dit is baie skaars om 'n jak in 'n hok te vang. Dis gewoonlik 'n dom jonge of net bloot 'n bietjie Luck. Selfs 'n man wat goed kan ysters stel sal beter kans staan.

My raad sou wees om 'n gesoute jagter te skakel en maar die geld te betaal om die probleem onmiddellik op te los. As 'n mens wag vir 'n hok om te werk kan dit weke neem en nog skade tot gevolg hê. Daar is 10 teen 1 nie net 1 Jakkals op daai plaas nie.

Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13437
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Re: Jakkals in hok vang.

Post by Geno »

Oom Ferdi,
Kry 'n nagjagter om Oom se roofdierprogram te bestuur.
Oom is welkom om my te bel of whatsapp dan kan ek advies gee. 0825354100
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply

Return to “Algemeen/General”