Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Post by PietVis »

Middag Vriende

Ek het n Winchester Pre-64. 458 WM wat ek oorweeg om te ruim na 'n Lott. (Dit is net my agterent wat jeuk, ek dink nie daar is fout met die WM nie)

Is dit net nodig om die kamer te ruim, of sal ek werk moet doen aan die magasyn kas?

Ek is in Zambië, so dit is meer gekompliseerd as vir die manne in SA waar daar baie goeie wapensmede is.

Groete

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Location: Randburg

Re: Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Post by Rudi Fischer »

PietVis wrote:Middag Vriende

Ek het n Winchester Pre-64. 458 WM wat ek oorweeg om te ruim na 'n Lott. (Dit is net my agterent wat jeuk, ek dink nie daar is fout met die WM nie)

Is dit net nodig om die kamer te ruim, of sal ek werk moet doen aan die magasyn kas?

Ek is in Zambië, so dit is meer gekompliseerd as vir die manne in SA waar daar baie goeie wapensmede is.

Groete

Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Dagse Pietvis

Ek sou hom los as n WM en liewers 450gr koeels skiet.
Ons het nou gesien met my 450gr SBC kry die manne 2200fps en drop buffels met een skoot.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Re: Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Post by PietVis »

Hello Rudi

Soos ek gesê het, ek is in Zambië, dinge hier is nie so maklik nie.

Dit is onwettig om te herlaai hier, en die ammunisie wat op die rakke is beperk en bitter duur.

As ek in SA was het ek 450 grein punte van CEB ingevoer en gelaai, maar hier is dit nie 'n opsie nie.


Groete

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Location: Randburg

Re: Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Post by Rudi Fischer »

PietVis wrote:Hello Rudi

Soos ek gesê het, ek is in Zambië, dinge hier is nie so maklik nie.

Dit is onwettig om te herlaai hier, en die ammunisie wat op die rakke is beperk en bitter duur.

As ek in SA was het ek 450 grein punte van CEB ingevoer en gelaai, maar hier is dit nie 'n opsie nie.


Groete

Sent from my SM-G991B using Tapatalk
En om ammunitie hier te laai en op te vat Zambia toe ?
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Re: Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Post by PietVis »

Hello Rudy

Dit is so bietjie van 'n grys area.

Mens kan in teorie met die geweer afvlieg, laai, en dan met die geweer en koele terug vlieg. Mens sal beperk wees tot die hoeveelheid ammunisie wat 'n "jagter" wettig kan inbring. Dit kan 'n duur storie raak elke keer as mens wil koele hê.

Ek dink nie mens sal net met ammunisie kan vlieg nie, en as mens kan, hoe verklaar mens dit aan die ander kant? As 'n man met 'n rubber stempel vrae begin vrae dan kan dit 'n gesweet afgee.

Hulle gee nie kos in die Zambiese tronke nie, mens se familie moet dit bring......

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

Dash431
Full Member
Full Member
Posts: 164
Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
Location: Pretoria

Re: Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Post by Dash431 »

Naand Piet.

Jammer ek sideline jou gesprek n bietjie, maar beteken dit daar is n meer van, en n groter verskydenheid Lott ammunisie beskikbaar daar?

Groete.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1665
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Post by Ds J »

Ek het vroeër kontak gehad met Prof Koos Badenhorst. Hy het die 458 Express saam met enkele ander persone ontwikkel en n deel van die inligting aan my beskikbaar gestel.

n Amerikaanse maatskappy het vir hom n snyer gemaak wat van agter af in die aksie en kamer van n standaard slotgeweer gepas het, en waarmee hy die kamer van die gewere langer kon sny. Dit was blykbaar iets soos n freeskop met n slingertjie, baie op die manier van die ouer dopsnyers vir herlaaiwerk. Die Ruger #1 gewere was omtrent die enigste geweer wat hy nie kon sny nie.

Oor die algemeen was daar blykbaar nie probleme met patroonlengte en die magasynkas nie.

Ek vertel hierdie omdat die 458 Express nog langer as die 458 Lott is. As dit kon werk om n 458 WM na n 458 Express te sny, sal dit kan werk om n Lott ook te sny.

Die groter vraag is watter ammunisie die maklikste in Zambië beskikbaar en/of bekombaar is. Dit is tog die deurslaggewende oorweging in hierdie saak?

Die volgende inligting is waarskynlik gedateer, en dus nie meer heeltemal geldig nie. Ek plaas dit egter omdat dit dalk van belang kan wees:
Prof Koos het die 458 Express spesifiek ontwikkel met die drukprobleme van Somchem kruit in die warmer dele van Afrika in gedagte. Die Lott sou te hoë kamerdruk ontwikkel met beskikbare SA kruitsoorte in warm plekke soos die Zambezi-vallei. Daarom het hy die dop soveel verleng dat n mens S335 kom laai. Dit het gekompakteerde ladings uitgeskakel en daarom was die 458 Express volgens hom n veiliger keuse as die 458 Lott.

Die rede vir hierdie laaste stukkie is doodeenvoudig of die Lott se potensiële drukprobleme nog steeds n kwessie kan wees in Zambië? Sou dit dan nie raadsamer wees om by die 458WM te bly nie?
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Location: Randburg

Re: Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Post by Rudi Fischer »

Ek dink nie die Pre64 aksie is lank genoeg sonder om te veel aan hom te werk nie.
Magesyn kas is een ding. Die opening in die aksie waar rondtes in gelaai en uit gehaal word is n ander.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Re: Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Post by PietVis »

Goeiemôre

Ammunisie vir beide die Lott en Win Mag is geredelik beskikbaar hier, dit is nie die moeilikheid nie.

Die moeilikheid is eerder dat die Win Mag eers tot sy volle potensiaal kom as mens hom laai, en dit is nie 'n moontlikheid hier nie.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1665
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Post by Ds J »

PietVis wrote: Sun Oct 22, 2023 8:35 am Goeiemôre

Ammunisie vir beide die Lott en Win Mag is geredelik beskikbaar hier, dit is nie die moeilikheid nie.

Die moeilikheid is eerder dat die Win Mag eers tot sy volle potensiaal kom as mens hom laai, en dit is nie 'n moontlikheid hier nie.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk
As die drukprobleme n kwessie is, sal die Lott met laer spoed fabrieksammunisie n goeie moontlikheid wees.

n Ander moontlikheid is dat jagters hulle 458-gewere met ammunisie saambring en die ammunisie by jou los.
User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Re: Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Post by PietVis »

Daar is geen probleme nie.

Ek is bloot 'n amateur jagter wat lus is om 'n groter hamer te gebruik.

My vraag is of enige lid as so modifikasie aan 'n pre-64 gedoen het.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Location: Randburg

Re: Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Post by Rudi Fischer »

PietVis wrote:Daar is geen probleme nie.

Ek is bloot 'n amateur jagter wat lus is om 'n groter hamer te gebruik.

My vraag is of enige lid as so modifikasie aan 'n pre-64 gedoen het.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk
As jy nie n PH is nie en nie n lewe maak deur gevaarlike wild te jag nie, sou ek die geweer so los en fabrieks ammunisie skiet en net uit kyk vir 450gr ammunisie en as daar op die rakke is, alles koop.

Remington en Federal maak n 450gr Aframe Ammunisie.

Om die geweer te verander ? Alles is moontlik.
Dit breek net my hart want ek versamel Pre 64’s.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
PietVis
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am

Re: Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Post by PietVis »

Hi Rudi

Die geweer is ongelukkig nie meer oorspronklik nie. Een in 'n vorige lewe was hy mishandel en was oorgedoen deur 'n wapensmit, anders het ek dit nie oorweeg nie. Daar is net iets soos 1226 van hulle gemaak.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk

User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3083
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: Winchester Pre-64 458 WM na Lott

Post by Pappabeer »

Die andwoord is ja, n pre-64 kan n Lott patroon met gemak hanteer. Vir n amateur jagter sou ek hom egter net so los en seker maak dat jy genoeg 450gr fabrieks ammunisie kan koop.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Post Reply

Return to “Algemene Navrae”