Ruger#1 45-70 Govt herllai data.

Post Reply
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am

Ruger#1 45-70 Govt herllai data.

Post by Ferdi Bam »

Môre Almal,

Ek het n Ruger #1 in 45-70 Govt. Wil n 425gr loodkoëel skiet. Loodmengsel is 95% lood en 5% tin geseize na .459" Enige advies vir n lading met S335, S355, of S321, CCi200 slagdop en W-W doppe wat ek tot my beskikking het sal waardeer word. Spoed is nie belangrik nie, hy moet egter rooibok grootte bok op 100m kan dood. Ek is ook nie seker of S355 geskik sal wees nie.

By voorbaat dankie.

Groete

Ferdi Bam.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Ruger#1 45-70 Govt herllai data.

Post by Alwin »

Goeiedag Ferdi

Jy gee nie die gietvorm se maak, maks TPL of looplenge nie, dus gaan ek maar op verstekwaardes werk. 24" loop.

Lood koeëls gee oor die algemeen die beste akkuraatheid, as hulle effens in die groewe ingedruk word wanneer jy die rondte in die kamer laai. Jou nr 1 aksie het nie veel beweging met die toemaak nie, dus moet jy basies net raak aan die groewe.

S355 mag goed werk as jy die koeël bietjie verder uit die dop kan plaas. Met 'n 70mm TPL kan jy opwerk na 55gn vir 1760fps en 30500psi druk. Verbranding is 85% in die loop.

Met S335 en 'n TPL van 65mm kan jy opwerk na 48 gn (bereken teen 100% dopvulling) wat vir jou 1760fps en 35350psi druk behoort te gee. Verbranding is 80%.

Met S321 en TPL van 65mm kan jy opwerk na 48gn vir 1750fps en 33600psi. Verbranding is 80%

Soos reeds gesê, hierdie is gebaseer op aannames en GRT simulasies. Begin laag en werk op in klein inkrimente terwyl jy die spoed meet en kyk vir druktekens.

Jou koeëls se hardheid gaan bepaal hoeveel druk hulle kan weerstaan voordat hulle begin meegee en jou akkuraatheid verdwyn. Laai dus versigtig opwaarts en kyk ook na enige tekens van oormatige lood neerslag in die loop. Sodra die groepe oop maak en daar erge lood in die loop sigbaar word, dan weet jy jou druk is nou meer as wat die lood koeëls kan hanteer.

Ek hoop hierdie plaas jou op die regte spoor?

Groete
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am

Re: Ruger#1 45-70 Govt herllai data.

Post by Ferdi Bam »

Hallo Alwin,

Dankie vir die inligting.

Spesifikasies van die loop is: 28" 1-18T, 8 groef en meet .458". n Pacnor loop.

Die loodkoëel is my eie ontwerp in samewerking met Mike Neumann wat die gietstuk gemaak het. Dis gebaseer op 415gr loodkoëel wat ons langer gemaak het. Die brëer driving bands is ook gebaseer op die feit dat die geweer hoofsaaklik gebruik was vir Bisley met swartkruit, alhoewel die koeël spesifiek ontwerp was om n bok te jag met buskruit. Die gebrek aan buskruit het veroorsaak dat ek aanpassings met die geweer moes maak en nou na 6 jaar is ek weer lus om met hom te skiet. Die geweer het nog net 20 skote geskiet met nitro en dit was patrone wat n Amerikaanse jagter vir my gegee het. Die koeëls was 425gr Starret Hard Cast GC gedryf deur 53gr A2495( watse kruit dit ookal mag wees) teen 1800vps. Die geweer skop soos n muil met hulle en nou kyk ek maar net na die ander pakke wat oor is. Met die buskruit het ek 540gr koeëls met min recoil geskiet.

Ek kan nie onthou wat die Brinell Hardness Test met die koeëls getoets het nie. Die loodmengsel is maar sag en en n Lyman mengsel.

Die tpl is huidig 65,5mm en die koeël is nie teen die lands nie. So ek kan hom langer maak om beter te obturate(uitsit). Sal dit doen en weer meet. Die length vd koeël self meet
27,1 mm.

Dis die agtergrond van die geweer en koeël. Ek sal volgens jou riglyne werk en dan die beste lading vat wat die sagste op my skouer is.

Groete.

Ferdi.
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ruger#1 45-70 Govt herllai data.

Post by tripodmvr »

Accurate Arms 2495 - so tussen S335 en S355 met brandspoed.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am

Re: Ruger#1 45-70 Govt herllai data.

Post by Ferdi Bam »

Dankie Marius
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
Post Reply