Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?

Enigeiets wat die jongklomp interresant mag vind/Anything wich might be worth mentioning among teenagers

Moderator: Global Moderator

toxicsox
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Location: Pretoria East
Contact:

Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?

Post by toxicsox »

LUAN wrote: Fri Oct 06, 2023 9:23 am
toxicsox wrote:Dan is daar hoogsgeleerdes wat nogsteeds Trump se stront glo.
Dit, my vriende, is vir my die teken van ‘n ware skaap.

Ek praat nie politiek nie, ek praat van geleerde mense wat so naïef is om te glo wat ‘n narsasitiese patalogiese liegbek kwytraak en dit opvreet as die waarheid. Dit, kan geen geleerdheid red nie. Sien dit ook in Suid-Afrika gebeur.
Moet my net nie se jy glo liewers vir biden

Trump is die Zuma van Amerika en Biden is die Buthelezi. Die een lieg so baie hy glo homself en die ander een is vas aan die slaap achter die stuur.
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 526
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Location: Prieska NK/Pretoria GP

Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?

Post by Jassie »

Om in 'n diep gewortelde, ideologie gedrewe samelewing te probeer om kinders met skool "reg" te kry, is soos om 'n toring van bo af te probeer bou. Ons prof van die artikel mis ook die punt met 'n myl as hy dink en begeestert raak dat die oplossing daarin lê om die staat en privaatsektor te laat "hande vat". Met die staat en/of die privaatsektor aan die stuur is die dobbelsteen gelaai, dis nie hulle "job" nie. Die staat het stemme nodig en die privaatsektor slawe.
Ons (die wêreld) se probleem is 'n identiteit-, waarde- en beginsellose samelewing.

Laaaaaang pad van herstel wat voorlê en ons het nog nie eers begin nie...
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3088
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?

Post by Pappabeer »

Jassie wrote: Sat Oct 07, 2023 7:01 am Om in 'n diep gewortelde, ideologie gedrewe samelewing te probeer om kinders met skool "reg" te kry, is soos om 'n toring van bo af te probeer bou. Ons prof van die artikel mis ook die punt met 'n myl as hy dink en begeestert raak dat die oplossing daarin lê om die staat en privaatsektor te laat "hande vat". Met die staat en/of die privaatsektor aan die stuur is die dobbelsteen gelaai, dis nie hulle "job" nie. Die staat het stemme nodig en die privaatsektor slawe.
Ons (die wêreld) se probleem is 'n identiteit-, waarde- en beginsellose samelewing.

Laaaaaang pad van herstel wat voorlê en ons het nog nie eers begin nie...
Sjoe. Waar woorde Jassie
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Kaalvoetthysie
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Was ons maar net donners dom of is vandag se kinders net donners slim?

Post by Kaalvoetthysie »

Ek kan nie veel praat oor wat op skool aangaan nie, my oudste gaan volgende jaar eers graad 1 toe. Wat ek wel kan sê is dat vandag sê kinders meer druk op hulle het of dalk met meer geleenthede het op voorskoolse vlak.

Ons is in die platteland en die kleuterskool het op hulle eie onkoste’n arbeids terapeut gekry om skool gereedheids toetse te doen om te sien waarop hulle met elke kind moet fokus voor volgende jaar.

Ons is in ‘n bietjie van ‘n ander bootjie as die normale ouer, maar my kleinman is by ‘n Sielkundige, arbeidsterapeut, spraak terapeut en “little readers”. Daar is Baie meer hulp middels beskikbaar deesdae. In my tyd was jy stout of dom en oor gelaat aan jou eie genade.

Ek is wel bekommerd dat daar ‘n tendens vorm dat sekere mense voel hulle kind moet ‘n etiket hê, iets moet fout wees, anders is die ouer nie “in” of speciaal nie. Vandaar kinders wat as katte assosieer. Ek as ‘n ouer met ‘n kind wat regtig probleme het sou wat wou gee om nie daai etiket op hom te hê nie, maar dit daar gelaat.

Tenminste word die wat dit regtig nodig gehelp en is daar hulp beskikbaar wat ons nie gehad het toe ek ‘n kind was nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply

Return to “Algemeen/General”