Galil Micro

Anything to do with SemiAutomatic Firearms will go here/Enigeiets met vuurwapens wat self herlaai hoort hier
Post Reply
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Galil Micro

Post by tau »

Mens voel mos soms daar is nie veel nuut in die wapen wêreld wat jy nie ken nie en dan WHAM BAM ontdek jy iets. Gewoonlik is dit een van Hornady se nuwe kalibers. Of Jy ontdek 'n ou grootwild kaliber en daardie nuwe patroon maak jou onrustig soos die eerstekeer wat jy besef het meisies is mooi.

Nou ek ken LM4'5 en so klein bietjie die LM6. Ek het kommando as student met 'n R4 geskiet en ook later anti poaching by SANPARKE met 'n LM5 gewerk. Ek geniet hulle, maar ek verkies die AR 15 platvorm meer en ook die "add ons" wat meer verkruigbaar is. My AR 15 het nog altyd sy deel gedoen (behalwe to ek 'n knademper opgesit het en al die bewegende dele toegesmeer het met Carbon) en ek is al "jare oor" die Galil platvorm.

Saterdag by 'n skiet kursus wat by my aangebied is, wys die Instrukteur vir my sy Micro galil!!!!! Hoe het ek nooit van die buksie geweet nie????????

cocking handle links, en die opvou kolf maak die wapen darem 'n lekkerbakkie gun.

Enige manne hier wat een besit?

Nou begin die soeke na een....
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply