Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.

Moderator: Global Moderator

Post Reply
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1861
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Location: Potchefstroom

Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by Mellies »

Die rol doringdraad vanaf Antarktika wat die suidelike deel van Afrika met mening afkoel se kloue is nog behoorlik aanvoelbaar met die hilux se termometer wat tot -9°C daal tussen Viljoenskroon en Kroonstad.

Vier ure later is ek en Skillie op die plaas en kry ons gereedskap reg vir die namiddag se sessie wat voorlê. Minute later sluit Sniper by ons aan en ons kies koers skietgat toe om te bevestig alle roere skiet waar hulle moet.

By die eerste kamp bevestig die eienaar, Albertus, dat ons slegs ou blesbokooie moet afhaal. Aangesien daar `n paar seisoene gelede laas in hierdie spesifieke kamp gejag is, is die bokke relatief mak.

Minute nadat ek die voertuig verlaat het val die eerste ooi. Met `n mengelmoes van opgewondenheid, adrenalien en selfvertroue, laat ek na om die geniepsige suidewind in ag te neem en die maklike skoot verander in `n kwesskoot. Ou Lelik, my super akkurate .243, wat 88gr berger punte teen 3330 voete spoeg tel net sy skouers op en sê: `Moenie na my kyk nie, ek doen slegs wat jy sê`. Verbeel jou…

Gelukkig is Skillie aan my regterkant, ook met `n .243 wat 95gr nosler ballistic tips verkies, en hy verlos die kwesbok met `n manjefieke hardloop skoot. Deur die teleskoop sien ek duidelik hoe die koeël vir ouma tref, haar bene onder haar invou en sy letterlik gat-oor-kop tussen die geel gras verdwyn.

Te voet volg ek die trop blesbokke en kry gou-gou weer kans op 150m. Met die wind nou reguit van agter kompenseer ek niks en nog `n blesbok is plat. Al wat Lelik kwyt raak is: `Sien jy nou? Dit is jy, nie ek nie`. Die trop verdwyn oor `n rant en Sniper se .270, gelaai met 130gr nosler ballistic tips, verras nog `n ooi. Intussen skiet Albertus `n ooi tussen heuphoogte gras en bosse en `n skattejag van meer as `n uur volg om die ou blesbokooi te vind.

Met `n wye draai is die blesbokke almal in die rigting van Skillie se sitplek en kom tot stilstand reg voor hom. Op minder as 50m sak `n ooi in haar spore, met die res van die trop wat net rustig wegstap van die geraas af. Skillie swenk vinnig na regs en is weereens suksesvol. Die blesbokke draf weg en gaan staan in `n leegte regs van Sniper. Oomblikke later is hy in posisie en ek sien deur die verkyker hoe die trop uitmekaar spat toe nog `n ooi val, met die .270 se blaf wat my eers `n sekond of twee later bereik.

`n Suksesvolle agtermiddag met sewe blesbokke in totaal sodat die getal bekke en die kamp se weidingskapasiteit weer in balans is.
Op dag twee is ons reeds met sonop die volgende kamp binne en uit onderving weet ek dit kan `n lang dag raak in hierdie spesifieke kamp met blesbokke wat weet wat minder maak beteken. Soos verwag is daar reeds beweging binne die trop met ons jaggroeppie wat nog meer as `n kilometer weg is. Soos die vorige dag moet ons ou blesbokooie afhaal en op die meeste vyf ramme om die ram-ooiverhouding te balanseer.

My pa sê altyd dat `n goeie spreker twee sterk eienskappe het. So `n persoon het `n baie goeie geheue en die ander een kan ek nie mooi onthou nie. Die feit dat ek `n goeie spreker is en as gevolg van my ouderdom, en omtrent twee dosyn skote tussen drie .243`s en `n .270 kan ek nie alle detail van die dag onthou nie.

Nietemin, teen 14:00 is ons oeswerk voltooi en sit iets onder die hemp en herlaai batterye agter `n damwal by `n klein vuurtjie. Skillie se totaal is ses, Sniper en Albertus vyf elk en ek suig aan die agterspeen met slegs twee bokke. Afstande wissel van 30m tot anderkant more. Die een of twee kwesbokke het ons vining uitsorteer en op die misskote sal ek liefs nie uitbrei nie, maar ek moet bieg ek is onskuldig…

Laatmiddag is ons met `n draai terug huistoe en hoop om dalk `n modderbok of twee te kry met getalle wat ook in hierdie area hand uit ruk en baie skade aan veeboere se heinings en aangeplante weidings veroorsaak. Skillie kort ook `n rooiribbok op sy spesielys en ons is tussen berge, rantjies en slote in.

Bo-op die berg verander die skoon wintersdag se helder kleure vining na `n warm oranje met die son wat belangriker werk aan die westekant van moederaarde het. Die Leica teen my oë wys gou-gou vir my `n paar grys jasse wat blink in die winterson, 589m wes van ons. Skillie en Sniper is bergaf terwyl ek die episode van bo af dophou soos `n brandwag. Die twee jagters gaan lê plat in die netjiese grondpad skuins weg van die troppie ribbokke. Deur die Leica se lense sien ek weereens soos die vorige dag tussen die blesbokke, hoe die ribbokke uitmekaar spat, met die mooi ram wat bly staan in die stofwolk veroorsaak deur die koeël wat agter hom vasslaan en dan die .243 se proes wat my bereik. Skillie haal vining oor en kompenseer `n ekstra duim of twee vir die dwarswind, sy eerste rooiribbokjag is voltooi.

Die laaste dag is ons `n vreemde kamp binne met `n paar gensbokke, `n massiewe trop swart narre en klomp trekspringbokke. Dadelik is ek op die spoor van `n diknek springbokram, maar soortgelyk aan dag een kry adrenalien en opgewondenheid die oorhand en ek vergeet weereens om te kompenseer vir die 40cm wat die geniepsige suidewind wat die klein 88gr bergertjie van regs na links sal skuif en skiet loshande voor die meneer verby. Ai!

Ek bêre vir Lelik in sy sak en haal vir Finch, my 300WM met `n 27.5” loop uit. Finch spoeg `n 180gr berger elite hunter teen 3070 voete, sterker mersyne vir lawwe diere op wye afstande terwyl die suidewind poog om elke moontlik plan te bemoeilik.

Drie swart narre, twee jong bulle en oupa kom staan kort-kort duskant 300m van ons af. Dan hardloop hulle met swaaiende sterte tot buite sig en verskyn dan weer op die bult voor ons. Ek besluit om die sirkus vir eers agter te laat en na die groot trop swartwilles te beweeg vir `n oupagrootjie. Voor ek vertrek verskyn `n trekspringbokkie vanuit `n loopgraf op die vlakte van nêrens af nie. Die opdrag van die eienaar is om springbokke plat te maak terwyl ons die swart narre aandag gee. Op 220m staan sy reguit na my en kyk terwyl my regterwysvinger geleidelik die timney afdruk. Dit is haar laaste kyk met die 180gr berger wat tref waar die bors en nek bymekaar aansluit.

Met Finch se grootpratery maak die twee jonges en oupa `n fout en steek vas reg voor Sniper. Sy 300WM stuur`n whatsapp in die vorm van `n 200gr Accubond en die ou grote verdwyn in die gras. Nog `n trekbokkie klim uit `n gat langs die swart nar terwyl Sniper net die vorige whatsapp copy en paste. Plat teen die grond.

En toe begin ek stap, links, regs, op, af, heen en weer agter die sowat 60 diere aan terwyl Finch rem aan my skouer. Van staan wil hulle egter niks weet nie. Na meer as twee ure se sukkel kry die trop rustigheid. Soos ek, seker ook moeg vir die speletjie wat lankal nie meer snaaks is nie. Met behulp van my Leica sonder ons `n bul uit wat nie saam met die res bondel nie. Terselfdetyd flits `n syfer van 410m in rooi voor my oë. Uit my rugsak haal ek `n ou Huisgenoot met `n artikel wat verduidelik hoe windskuif in die jagveld toegepas word. Volgens my berekeninge behoort die 180gr berger omtrent 30cm van regs na links te skuif. Finch kry `n varsetjie in sy keel en ek konsentreer op die Leupold se fyn rooi liggie. Laag op die blad, maar 30cm agtertoe, na die middel van die lyf. Finch bokspring van opgewondenheid en dit lyk of die swart nar `n helse klap kry. Hy is plat teen die grond, maar vind sy voete en hardloop laat dit bars sonder om eintlik te vorder. Sy poeier is vir eers klaar.

Intussen volg Skillie Sniper se voorbeeld en stuur `n duidelike whatsapp na `n jonger swartwillebul. Die meneer wyer egter om sy boodskap te lees en kry `n opvolgboodskap met dieseflde woorde wat lees: `Jy moet duik ou grote`.

Weereens is ons vroegmiddag klaar gejag. Dankbaar en tevrede vir die suksesvolle paar jagdae saam met goeie mense op die Vrystaat se vrygewige vlaktes.

Met `n vleisie...

So paar kiekies volg…
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1861
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Location: Potchefstroom

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by Mellies »

Kiekies...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1861
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Location: Potchefstroom

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by Mellies »

Nog...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1861
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Location: Potchefstroom

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by Mellies »

Nog...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 963
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
Location: Gariepdam, Suid Vrystaat

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by Dirkvh »

Baie mooi ge-griffel ou Melville, dit was 'n mooi oes en ek het nou heerlik saam met jou gejag!
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by Cobus Wessels »

Darem lekker om te lees as 'n goeie spreker besluit om te skryf...

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2360
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by Lategan1 »

Lekker Mellies!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Glocked
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Location: Pretoria

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by Glocked »

Lekker geskryf daar Mellies !

Mooi gegooi daar.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1563
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Location: Durbanville

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by Gian_dP »

Lekker gelees! Klink of julle fantastiese tyd gehad het

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5415
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by ruaanb »

Lekker gelees! Dankie vir die deel!
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 623
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Location: Durbanville

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by dawiec »

mooi geskryf en goed gejag!
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 793
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Location: Kathu

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by Toyrsi »

Baie geluk en mooi storie.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Guillaume
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Thu Aug 29, 2019 8:54 am

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by Guillaume »

Lekker jag, en mooi geskryf!
pietskiet
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by pietskiet »

n Goeie spreker het twee sterk eienskappe - classic!

Mooi geskiet Mellies, lekker storie
honda2
Full Member
Full Member
Posts: 189
Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm
Location: Bellville

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by honda2 »

Lekker Mellies, LEKKER!

Sent from my SM-A346E using Tapatalk

User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Location: Riversdal

Re: Vrygewige Vrystaat Vlaktes

Post by Nico de Jager »

Mooi man.
Post Reply

Return to “Trofee Kamer/Trophy Room”