Manne soos enige ander jag/skiet tipe is daar dinge om in gedagte te hou en ek het Saterdag besef duiwe skiet by 'n spinner is geen uitsondering nie.
Wie hier gebruik gereeld 'n spinner en decoys vir duiwe? Ek het so paar goed wat ek wil uitvind of eerder bevestig asb?
Hoe effektief is die spinner/decoys werklik? Ons het tot die slotsom gekom dat die spinner glad nie magic properties besit nie en dat hy nie veel duiwe van hul vlugbaan af trêk as hulle eers êrens heen oppad is nie. Maar op die regte plek glo ek dit gaan anders wees.
Ook lok hy nie duiwe om eerder langs 'n sonneblom land te gaan sit eerdes as om in die land te gaan sit nie.
Vir my lyk dit soos 'n tool wat dalk na die oes seisoen beter tot sy reg sal kom? Dalk daai 1ste 2 weke na die lande gestroop is?
Ek het tot die slotsom gekom dat jy eers jou huiswerk moet doen en kyk vir oop lande waar hulle reeds op die grond vreet, dan jou setup naby aan dit opstel. Die doel van die spinner is nie om duiwe totaal en al van rigting en eindpunt te laat verander nie maar eerder om duiwe wat reeds besluit het om in die lande te kom sit net te oortuig om eerder nader aan jou te kom sit as aan die ander kant van die lande.
Sal 'n hoë spinner wat bo die sonneblom uitstaan die duiwe lok om in daai area te kom sit?
Hoe gebruik julle jul spinners en decoys?
Duiwe met spinner raad asb?
Moderator: Global Moderator
- Pvdw
- Hero Member
- Posts: 5042
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
- Location: Pretoria
-
- Hero Member
- Posts: 546
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
- Location: Kathu
Re: Duiwe met spinner raad asb?
Goeie more oom.
Ons het laas jaar gaan duiwe skiet op sonneblom lande.
Die boer het regtig mooi gehelp en het spinners en decoys in die een land gesit....
In die 2 dae se tyd het ons baie meer duiwe geskiet in die land waar nie decoys en spinners was nie.
Ek kan nie presies die getalle onthou nie maar daar was verseker n groot verskil tussen die 2 lande se getalle
Groete KH

- Newbie
- Posts: 25
- Joined: Thu Mar 23, 2023 8:48 am
- Location: Bloemfontein
Re: Duiwe met spinner raad asb?
As ek iets kan byvoeg. Ek stel ook 'n geruime tyd belang om spinners en decoys aan te koop maar die prys regverdig dit nie.
Ek het wel 'n stel of twee decoys vir eende wat 100% effektief is saam met 'n roeper. Die klanke werk wonders saam met die decoys.
Wat ek gewoonlik doen is om die duiwe wat geskiet is op die sonneblomme te pak. Ek kan regtig getuig dat dit in 'n mate help
as daar baie is. Gewoonlik is dit ook 'n slep as die dooie duiwe op die sonneblomme buite die vliegroete is want dan moet alles skuif.
Ek luister graag verder
Ek het wel 'n stel of twee decoys vir eende wat 100% effektief is saam met 'n roeper. Die klanke werk wonders saam met die decoys.
Wat ek gewoonlik doen is om die duiwe wat geskiet is op die sonneblomme te pak. Ek kan regtig getuig dat dit in 'n mate help
as daar baie is. Gewoonlik is dit ook 'n slep as die dooie duiwe op die sonneblomme buite die vliegroete is want dan moet alles skuif.
Ek luister graag verder
- Pvdw
- Hero Member
- Posts: 5042
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
- Location: Pretoria
Re: Duiwe met spinner raad asb?
Die help nou nie veel nie, lyk my dan julle spinner het hulle eerder weg gejaag. Ek kom agter die spinner is nie net vir neersit en skiet nieKolhasie wrote: ↑Tue Jul 11, 2023 7:54 am Goeie more oom.
Ons het laas jaar gaan duiwe skiet op sonneblom lande.
Die boer het regtig mooi gehelp en het spinners en decoys in die een land gesit....
In die 2 dae se tyd het ons baie meer duiwe geskiet in die land waar nie decoys en spinners was nie.
Ek kan nie presies die getalle onthou nie maar daar was verseker n groot verskil tussen die 2 lande se getalle
Groete KH
- Pvdw
- Hero Member
- Posts: 5042
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
- Location: Pretoria
Re: Duiwe met spinner raad asb?
Ja met die eende en gaanse is die klanke baie handig, met duiwe glo ek nie daar is enige effek nie. Die shell decoys pas nogal lekker bo op die sonneblom koppe. Ek is nog nuut in die decoy ding en gaan volgende seisoen virseker beter beplan.Braveheart wrote: ↑Tue Jul 11, 2023 3:04 pm As ek iets kan byvoeg. Ek stel ook 'n geruime tyd belang om spinners en decoys aan te koop maar die prys regverdig dit nie.
Ek het wel 'n stel of twee decoys vir eende wat 100% effektief is saam met 'n roeper. Die klanke werk wonders saam met die decoys.
Wat ek gewoonlik doen is om die duiwe wat geskiet is op die sonneblomme te pak. Ek kan regtig getuig dat dit in 'n mate help
as daar baie is. Gewoonlik is dit ook 'n slep as die dooie duiwe op die sonneblomme buite die vliegroete is want dan moet alles skuif.
Ek luister graag verder
- tripodmvr
- Administrator
- Posts: 20799
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
- Location: Vereeniging
Re: Duiwe met spinner raad asb?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- prohunt
- Hero Member
- Posts: 807
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
- Location: Mosselbaai
Re: Duiwe met spinner raad asb?
Naand Peet,
Dit hang ook af watter spesie duiwe jy van praat. Decoys is baie effektief vir kransduiwe. Ek skiet gereeld honderde kransduiwe deur net 'n klompie lokkers op die grond te sit. Hoe meer jy dan skiet hoe meer lokkers het jy. Hulle hou net nie daarvan as 'n duif onderstebo (op sy rug) lê nie. Dis ook baie belangrik dat jy net eers mooi kyk uit watter rigting hulle inkom (vlugbaan) en dan die lokkers daar te plaas. Jy trek 'n kransduif van baie hoog af grond toe met lokkers op die regte plek. Persoonlik hou ek nie baie van "spinners" nie en gebruik ek net lokkers, veral omdat ek deesdae net met die PCP's duiwe skiet. As lokkers nie vir 'n kransduif werk nie moet jy weet hulle is of verkeerd geplaas of op die verkeerde plek geplaas.
Hierdie foto is 'n voorbeeld. Daar is geen kos waar die duiwe geskiet is nie, ek het die lokkers op die vlugbaan duskant die land waarheen hulle oppad was geplaas en dit het hulle van hoog uit die lug laat afdaal en land by die lokkers.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Pvdw
- Hero Member
- Posts: 5042
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
- Location: Pretoria
Re: Duiwe met spinner raad asb?
Oom Marius ek het hulle al oor en oor gekyk maar daai eiland se wood pigeons lyk my is nie 'n match vir ons rockeys nie. Die Afrika duiwe kort ander planne as daai eiland bewoners.tripodmvr wrote: ↑Tue Jul 11, 2023 6:12 pm https://www.youtube.com/watch?v=pJ-zNXf2WKQ
Peet, kyk hoe maak hulle in Engeland.
- Pvdw
- Hero Member
- Posts: 5042
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
- Location: Pretoria
Re: Duiwe met spinner raad asb?
Dankie, hier kom nou goeie raad deur. Ek hou al die info in gedagte met my volgende skiet.prohunt wrote: ↑Tue Jul 11, 2023 7:52 pm Naand Peet,