Pcp en CO2 gewere seëls

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1321
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Location: Centurion

Pcp en CO2 gewere seëls

Post by Giepie »

Ek het 'n QB 79 CO2 geweertjie, maar wanneer ek die silinder opdraai lek daar lug uit, maar nie by die silinder nie, dieper in. Vinnig oop gemaak en ek sien daar 2 seëls, O-rings, wat te maklik in en uit trek. Dit is nie swart soos ander nie, maar so half deursigtig. Hier in Centurion was lug geweer plekke, maar lyk my hulle het almal toe gemaak. Hier is 'n plek wat o-ringe verkoop vir hidroliese sisteme, maar dit is almal swart ringetjies. Sal dit kan werk? Is daar 'n spesifieke soort ghries wat ek saam met dit kan gebruik om dit goed te laat seël?

Behalwe vir Paint Ball Village, waar in Centurion omgewing kan ek CO2 silinders volmaak? Omdat ek so sukkel om CO2 te kry dink ek daaraan om die geweer dalk na pcp te verander, maar het 'n kit ens nodig, of iemand wat dit veilig kan doen. Enige idee?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1665
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Pcp en CO2 gewere seëls

Post by Ds J »

SANSSU se mense behoort te kan help, of hulle sal sekerlik n verwysing te kan gee.


https://sanssu.co.za/
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 559
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Location: PTA - Sinoville

Re: Pcp en CO2 gewere seëls

Post by Klein Chris »

Probeer blades en triggers. Dink daar is takke in Pretoria Oos en die vlooi mark in Montana langs die Kolonade sentrum
Skiet bly maar lekker
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1506
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Pcp en CO2 gewere seëls

Post by Ratel »

Daar is vir my beduie jy benodig hoë druk seels. Probeer SA Air rifles in Bloemfontein. Hulle diens en pryse is goed en hulle kan koerier. Toe ek my geweer laat diens het in Centurion het hulle silikon ghries gebruik
Maak 'n verskil
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1321
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Location: Centurion

Re: Pcp en CO2 gewere seëls

Post by Giepie »

Baie dankie. Ek sal die verskillende mense kontak. Ek sien Xtreme Airguns wat net om die draai van my was in Centurion het nou Northcliff in Johannesburg toe getrek.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 12298
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Pcp en CO2 gewere seëls

Post by Capt. Yoda »

Hoor by Nicholas Yale ook
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1506
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Pcp en CO2 gewere seëls

Post by Ratel »

Giepie wrote: Fri Jun 30, 2023 12:19 pm Baie dankie. Ek sal die verskillende mense kontak. Ek sien Xtreme Airguns wat net om die draai van my was in Centurion het nou Northcliff in Johannesburg toe getrek.
Ja hulle het my .177 gediens en seels vervang en ek was tevrede met hulle diens.
Maak 'n verskil
Post Reply

Return to “Airguns/Windbukse”