Het nou seker so 200 skote deur en die Fastfire werk nog perfekswc-tr wrote:Rudi, hoe hanteer die Burris Fastfire die .44 se recoil tot dusver?
Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Rollie vir jag?
Moderator: Global Moderator
- Rudi Fischer
- Hero Member
- Posts: 1568
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
- Location: Randburg
Re: Rollie vir jag?
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- swc-tr
- Hero Member
- Posts: 1468
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
- Location: Middelburg, Mp
Re: Rollie vir jag?
Baie dankie vir die terugvoer.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
- Hero Member
- Posts: 545
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Rollie vir jag?
Wat is die grootste wild wat mens kan jag met n .357mag en n 6" loop?
- swc-tr
- Hero Member
- Posts: 1468
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
- Location: Middelburg, Mp
Re: Rollie vir jag?
Ek reken die .357 met swaar koeels is geskik vir varke, rooibok en blesbok grootte wild.
Skoot plasing is van kardinale belang, probeer afstande beperk nader as 60m.
Nieteenstaande die bg. het menige manne al groter wild met die .357 platgetrek, dit is egter om, soos byvoorbeeld eland met .223 te jag, dit kan gedoen word, maar word nie aanbeveel nie.
Skoot plasing is van kardinale belang, probeer afstande beperk nader as 60m.
Nieteenstaande die bg. het menige manne al groter wild met die .357 platgetrek, dit is egter om, soos byvoorbeeld eland met .223 te jag, dit kan gedoen word, maar word nie aanbeveel nie.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
- Hero Member
- Posts: 1042
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
- Location: Kaapstad
Re: Rollie vir jag?
Ek sal in die toekoms baie graag in hierdie afdeling van ons sport wil deelneem...Die 460 S&W beindruk my soos die S&W MV460 XVR
sy ballistiek beindruk my maar hy is nie goedkoop nie.
Enige eienaars van die haasboud hier?
sy ballistiek beindruk my maar hy is nie goedkoop nie.
Enige eienaars van die haasboud hier?
- Rudi Fischer
- Hero Member
- Posts: 1568
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
- Location: Randburg
Re: Rollie vir jag?
Ek is baie lief vir my 44Mag met 260gr Bonded koeels wat ek maak.
Maar my neef in Texas het vir my n 480 Ruger Super Blackhawk gekry …. Nou moet Ek net n manier uitwerk om hom hier te kry.

Maar my neef in Texas het vir my n 480 Ruger Super Blackhawk gekry …. Nou moet Ek net n manier uitwerk om hom hier te kry.

Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
- Sr. Member
- Posts: 367
- Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am
- Location: Pretoria
Re: Rollie vir jag?
Jisss, dit is n mooi pint. So wanneer sal hulle beskikbaar wees in .452 ?
- jacojrdn
- Sr. Member
- Posts: 275
- Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm
- Location: Mosselbay
Re: Rollie vir jag?
Ek jag met n S&W XVR 460. Die rewolwer het n 12" loop 20 to 1 "progressive" twist en skiet 200Gr Hornady FTX koeel teen 2400FPS.
Ek het al n paar diere met hom gejag. Die verste skoot was op n Gemsbok op 168 m en die naaste was n Eland koei op 120 m. Hierdie spesifieke rewolwer is n S&W performance edition en het dus n langer loop en ligter sneller. Ek het ook n Leupold VX3 3-8x36 long eye relief op hom. Ek gebruik ook n Harris bipod.
Omdat die rewolwer so lank en swaar is kan ek hom nie akuraat uit die vuis uit skiet soos my .44mag SBH nie, maar gebruik die bipod of n rus.
Die scope se field of view is ook baie klein op die groter vergrotings en jy neem meer tyd om op tykens oor langer afstande te kom.
Myne is op 150M ge-zero en ek kompenseer nie van 50 tot 200m nie. Op 200m skiet ek n 2' groepering oor die bipod.
As jy die XVR vir meer normale handwapen jag wil gebruik stel ek voor kry die standaard 8 3/8".
Die doppe is makliker om te kry, maar die koeels is meer van n probleem, en jy kan nie alternatiewe .45 koeels gebruik nie agv die spoed.
Die doppe hou so drie skote agv die reguit doppe en hoee kamer druk.
Jy kan patrone koop, maar hulle kos jou bykans die selfde as .375 H&H per pakkie van 25.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
S410 Air arms,.22 Anchutz,.22 Remington,.243 Win Musgrave,.303 Brit,Blaser R8 .223 Rem,R8 .300 Win Mag,
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
- Ferdi Bam
- Sr. Member
- Posts: 319
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
- Location: Steynsrus, Vrystaat
Re: Rollie vir jag?
Hi Almal,
Ek is ookal vir n ruk op die rewolwer jagdroom en het darem al n bok geskiet met n "rollie". Naby.
Ek kom agter dat ek deesdae bewerig raak en is opsoek na n toepaslike rus vir my New Model Ruger in .45 Colt. Op 20 m is ek nog ok maar hoe verder hoe moeiliker. Ek sal nie graag n bok verder as 40m wil skiet nie en dit bied ook maar sy uitdagings omdat ek seker maar ouer word. My eerste opsie is vryhand met n rus voor maar hoe lyk een vir rewolwer en hoe gebruik jy hom. Ek ken die gevoel van n bok kwes en sal nie graag daardie rigting wil gaan uit onkunde nie. Enige iets kan egter gebeur in die hitte vd stryd. Ek sal wel eendag n Aimpoint of soortgelyk opsit maar vir nou is dit nie n opsie nie. Moet maar werk met dit wat ek het.
Ek skiet n 274gr loodkoeël(RCBS Keith mould) teen 875vps met 8,5gr MP200. Looplengte 5,3/4". Goed of sleg kan ek nie sê nie maar n dassie en waaierstert meerkat sukkel nie om te vrek as sodanige koeël hom tref op so 10-15m nie. Ek kan seker hoër ladings laai maar vir nou is hierdie voldoende glo ek.
Enige advies sal welkom wees.
Dankie en groete.
Ferdi Bam.

Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
-
- Hero Member
- Posts: 1784
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
- Location: Noord-Transvaalse Bosveld
Re: Rollie vir jag?
Ferdie, ek deel jou pyn en frustrasie. Dis seker maar so, as jy aanhou verjaarsdagkoek eet...Ferdi Bam wrote: ↑Mon Jun 19, 2023 3:39 pm Hi Almal,
Ek is ookal vir n ruk op die rewolwer jagdroom en het darem al n bok geskiet met n "rollie". Naby.
Ek kom agter dat ek deesdae bewerig raak en is opsoek na n toepaslike rus vir my New Model Ruger in .45 Colt. Op 20 m is ek nog ok maar hoe verder hoe moeiliker. Ek sal nie graag n bok verder as 40m wil skiet nie en dit bied ook maar sy uitdagings omdat ek seker maar ouer word. My eerste opsie is vryhand met n rus voor maar hoe lyk een vir rewolwer en hoe gebruik jy hom. Ek ken die gevoel van n bok kwes en sal nie graag daardie rigting wil gaan uit onkunde nie. Enige iets kan egter gebeur in die hitte vd stryd. Ek sal wel eendag n Aimpoint of soortgelyk opsit maar vir nou is dit nie n opsie nie. Moet maar werk met dit wat ek het.
Ek skiet n 274gr loodkoeël(RCBS Keith mould) teen 875vps met 8,5gr MP200. Looplengte 5,3/4". Goed of sleg kan ek nie sê nie maar n dassie en waaierstert meerkat sukkel nie om te vrek as sodanige koeël hom tref op so 10-15m nie. Ek kan seker hoër ladings laai maar vir nou is hierdie voldoende glo ek.
Enige advies sal welkom wees.
Dankie en groete.
Ferdi Bam.
Deel van die lekker van handwapenjag, is juis om nader aan die bok te kom. Vir die ver skote het ons mos gewere.
Die grootste probleem met handwapen skiet is nie noodwendig die bewerasies nie, want daarmee kan plan gemaak word. Skiet oor 'n rus soos 'n rugsak of selfs een van die fênsie 3-poot stokke soos 'n "trigger stick". As jy oor 'n sak skiet, gebruik 'n stuk seemsleer om die brandmerke van die sak af te hou.
Die groter probleem is dat die visiere begin "blurr". Vir die visiere wat begin definisie verloor, is die oplossing een van die elektroniese visiere met 'n rooi kol. Of dit nou die toe tipe of oop refleks tipe is, maak nie saak nie. Die rooi kol is altyd mooi in fokus op die teiken. Daardie rooi kol beklemtoon ook jou bewerasies...
My advies is om jou taktiek aan te pas. Skiet so naby as wat jy kan.
Groete
Alwin
- Ferdi Bam
- Sr. Member
- Posts: 319
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
- Location: Steynsrus, Vrystaat