Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post Reply
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by jdpretorius »

Oom Driepoot, ek sit sommer my voorlopige gemete data hier, indien dit vir ander tot nut kan wees, met kruit keuse...
(Die dop volume en lengte rond ek eers bietjie af want doppe is nog nie op lengte gesny nie.)

Die vraag is dan: wat is die beste kruit opsies vir n 30-06 met 20" loop ?

Howa 30-06
Loop lengte = 506mm
Federal doppe
H2O = 69gr
Dop lengte = 63mm
Koeël = 165 gr Accubond
TPL = 84,30 mm (1mm jump)

Die mikpunt op spoed is so 2700 fps.
Druk van so +/- 58k Psi werk gewoonlik mooi vir my.
Ns. 105% fill is waarna ek gewoonlik mik

Die geskiete Federal doppe se H2O was verbasend konstant, met n ES van so 0.5 gr, oor 6 doppe.

Dankie baie.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Last edited by jdpretorius on Mon Jun 12, 2023 7:05 pm, edited 1 time in total.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by Arnold »

Ek het data met W-W doppe wat so bietjie groter is met 'n kapasiteit van 71.7gr. My TPL met 165gr Interbond was egter so 1mm korter as wat jy het.

In my 512mm loop, met S365 lot 91, druk ek die koeëls teen 'n gemiddelde spoed van 2840 fps. Ek glo hierdie is aan die warem kant en as ek na GRT kyk is die node effe laer by omtrent 2800fps. Hierdie het ek nognie getoets nie en die spoed sal seker verander afhangende van die weighting factor wat gebruik word :police:
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by tripodmvr »

Lyk na 2 nodes - 2700vps en 2820vps (druk 56K psi en 105% vulling)
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by jdpretorius »


Arnold wrote:Ek het data met W-W doppe wat so bietjie groter is met 'n kapasiteit van 71.7gr. My TPL met 165gr Interbond was egter so 1mm korter as wat jy het.

In my 512mm loop, met S365 lot 91, druk ek die koeëls teen 'n gemiddelde spoed van 2840 fps. Ek glo hierdie is aan die warem kant en as ek na GRT kyk is die node effe laer by omtrent 2800fps. Hierdie het ek nognie getoets nie en die spoed sal seker verander afhangende van die weighting factor wat gebruik word :police:
Dankie baie Arnold.
Daai spoed lyk nogal mooi, veral as n ou bietjie verder wil gooi.
Met n MV van 2705fps en n koeël met BC van 0.45 G1 val hy al heelwat, teen omtrent 19" (zero op 160m) by 350m....so n beter BC en bietjie ekstra spoed sal sekerlik n lekker verskil maak.
Dit is nou net daai S365 gedeelte waar ek nog sukkel om verby te kom, soos n slegte acid flash back....het nou gehoop jy was dalk eerder onder die invloed van Hodgdon of Vv se kruite Image

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by jdpretorius »

tripodmvr wrote:Lyk na 2 nodes - 2700vps en 2820vps (druk 56K psi en 105% vulling)
Ek neem aan die is met S365 oom Marius ?
Daai druk lyk nog baie skaflik

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by tripodmvr »

Korrek ja, en ek het toevallig my vinniger Lot 81 se kalibrasiewaarde van 0,45 gebruik (verstekwaarde is 0,44)
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by jdpretorius »

Oom Marius, kan jy dalk ook seg wat se ander kruite moontlik goed kan presteer.


Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by tripodmvr »

Hier is dalk 'n goeie riglyn.
TempDryf.png
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by jdpretorius »

Dankie oom Marius.

Van die kruit wat ek al hier by ons gesien het, lyk dit dan na die volgende opsies wat uit staan, of mis ek dalk iets....
RL16, S365, Norma 204

Dit is interessant dat hy well Accurate 4350 gee maar nie IMR of H 4350. Ek't geding dit is maar hoenders van die selde kamp.

Ek't ook verwag om N160 te sien, maar toe nou nie.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by jdpretorius »

Kan die gurus/slim manne asseblief hul opinie gee oor Hodgdon Hybrid 100v, in die geval.
As ek my data vir QL voer lyk dit taamlik goed.
Die enigste ding wat moontlik n bietjie op die 'edge' is, is fill% van 106.5%...maar het al oor 107% op ander kruite gelaai sonder moeilikheid. Druk lyk of dit mooi by 57k psi kan wees met 99.9% verbranding by node5 teen, 2754fps.
Ek is al bietjie geroes met QL.

RL-16 sou dalk eerste keuse wees maar sien nie iewers rond om my area tekoop nie...103.8% fill, 55.5k psi, 98.7% verbranding, teen 2790 fps.

Norma URP lyk ook nie sleg nie, al brand hy bietjie warm, 103.9% fill, verbranding lyk by 98.6% te wees teen 57.5k psi en 2785 fps...maar lyk of dit ook nou n skaars kruit is.

Vv N550 lyk 'ok', hy sit al op 58.2k psi, 101.2% fill teen 98.5 verbranding, 2792 fps, vir node5....so wel dalk n versigtige opsie.

RL-17 kan seker n opsie wees, maar fill% is net 98.7% en brand ook al aan die warm kant. Dit lyk of hy hardloop by 55.7k psi, 99.65% verbranding teen 2815 fps.

Dit het my van vooraf verbaas hoe n drastiese invloed dop volume het.


Sent from my SM-A536E using Tapatalk


338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by jdpretorius »

Het toe maar N550 eerste probeer, agter die 165 gr AB.

Edit: My QL reken node-5 nou by 2778 fps teen 58.5k Psi, Fill 97.5%, Prop Burn 99.6%, met n BRF van 0.4985

Dit lyk darem belowend met die eerste toets lading se ES/SD van 22/8 fps, saam die Fiocchi primers.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Last edited by jdpretorius on Mon Apr 01, 2024 8:44 am, edited 2 times in total.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by tripodmvr »

Wat was die TPL, lading en spoed van jou toets patrone
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by jdpretorius »

tripodmvr wrote:Wat was die TPL, lading en spoed van jou toets patrone
Naand oom Marius my TPL is 84.30 (1mm jump), spoed was 2729 met 54 gr poeier.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by tripodmvr »

Dit is wat my QL berekening aantoon. Miskien wys om af te sak na die halfnode.

JDJ 3006 N550.png
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by jdpretorius »

tripodmvr wrote:Dit is wat my QL berekening aantoon. Miskien wys om af te sak na die halfnode.
Ek sien onder andere oom se dop lengte is effe anders.
(Ns. ek het h20 reg gemaak by my, wat n klein verskil maak)

Hier is wat my QL seg, as oom dalk kan kyk hoe lyk die nommers....my BRF is taamlik laër.
20240331_193013.jpg
Sent from my SM-A536E using Tapatalk





You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by tripodmvr »

Die maksimum doplengte vir die 30-06 is 63,35mm. My 62,99mm is dus naby vir 'n dop wat teruggesny is. Kyk wat se verskil dit maak aan die berekening.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
J P
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Tue Jun 12, 2012 11:10 am

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by J P »

Julle "Weighting factor" verskil.

Sent from my SM-G985F using Tapatalk

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by jdpretorius »

tripodmvr wrote: Sun Mar 31, 2024 8:52 pm Die maksimum doplengte vir die 30-06 is 63,35mm. My 62,99mm is dus naby vir 'n dop wat teruggesny is. Kyk wat se verskil dit maak aan die berekening.
More oom Marius, baie dankie.
Die vout le aan my kant. My dop lengte was verkeerd ingelees, en moet wees 63.22mm/2.489" (ek sal my data bo ook reg maak)

Wat JP noem is nogal opmerklik.
My QL gee die stanaard waarde vir die "Weight Factor" as 0.55.......dit lyk my dalk 'n verskil te maak aan QL se beraaming.
Hier is hoe hy nou lyk aan my kant, met die Weight Factor op 0.55

Moet ek my "Weight Factor" verander na 0.51 ?
Indien wel, hoekom is hy by my 0.55 en nie 0.51 nie ?

Ja, die druk is al effe aan die hoe kant t.o.v. die SAAMI spec.
Wat sou die half node spoed dalk wees ? (Ns. dit lyk soos 2702 fps teen 53k Psi ?)

Dit was vir my interesant hoekom die 30-06 Sprg se SAAMI spec nie 65k Psi is nie......en het toe so bietjie gaan krap op Google.
Dit wou klink dat hulle dit op 60k Psi gestel het oor die wapens/aksies wat gedurende die wereld oorlog (moontlik soms) uit swakker staal vervaardig is, toe daar 'n tekort aan goeie staal was.
Ek dink nie die is nou 'n geldige rede vir manne om die SAAMI spec te oorskry, met moderne vervaardigde wapens nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by tripodmvr »

Ek het ook toe 'n glipsie met die WF en het dit na 0,55 verander. Ek stel nooit daaraan nie en het nie 'n verklaring vir die 0,51 nie.

Die maks druk word nie net deur die geweer se kamer en slotaksie bepaal nie en die dopvorm en konstruksie speel ook 'n rol.

Die halfnode is by 53,8gr en spoed van 2720vps. Druk is dan by 'n veiliger 55K psi.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kort loop 30-06, beste kruit opsies

Post by jdpretorius »


tripodmvr wrote:Ek het ook toe 'n glipsie met die WF en het dit na 0,55 verander. Ek stel nooit daaraan nie en het nie 'n verklaring vir die 0,51 nie.

Die maks druk word nie net deur die geweer se kamer en slotaksie bepaal nie en die dopvorm en konstruksie speel ook 'n rol.

Die halfnode is by 53,8gr en spoed van 2720vps. Druk is dan by 'n veiliger 55K psi.
Baie dankie oom Marius....jy maak darem bitter min n glipsie Image....en die een maak maar min verskil.

Ek moes dan bitter naaby aan die half node gewees het met die eerste toets spoed van 2729 fps.
Die groepie was seker 'ok' vir jag teen so raps onder 1.5" op 100m (horisontale verspreiding).....maar kan dalk nog die "barel tuner" in span om dit te verbeter. Hy is tans gestel vir Federal Fusions.

Ek gan tog node 5 probeer om te sien wat hy maak. In die geval soek ek so raps meer spoed om te kompenseer vir die korter loop.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Post Reply