Sajwbv. Relevant of nie

Moderator: Global Moderator

Post Reply
ettiene.xtremetr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Sat Sep 10, 2016 7:41 am

Sajwbv. Relevant of nie

Post by ettiene.xtremetr »

More. Ek gaan dalk op tone trap met die post maar glo dis nodig

My vraag is hoe relevant is SAJWBV in 2023. Nie alleenlik aangaande die kern waarvoor die vereeniging gestig is nie maar ook in terme van sportskiet.

Is skiet dae te veel of te min?

Is die tabelle al tot vervelens geskiet of nie?

Is daar variasies wat aangebring kan word?

Is koste te duur om n tabel te skiet (9skote)

Daar is in my opinie ook n baie groot kommunikasie probleem tussen takke en hoofkantoor. Sal graag opinies wil hoor oor die uitdagings.

Ek verstaan verder dat nie almal wil betrokke raak by die kommitees nie maar hoekom nie? Word kommitees gesien as n selektiewe geslote groep mense of is daar wel diskriminasie?

Sal graag opinies en voorstelle wil hoor asb. As jy n opinie het kan dit net die vereeniging bevoordeel

Praat dus gerus saam

Sent from my SM-S908E using Tapatalk

Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2076
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Sajwbv. Relevant of nie

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Ek is van mening dat die SAJWV vandag steeds uiters relevant is. Die vereniging doen uitstekende werk op vele gebiede en bied genoeg aktiwiteite om baie mense tevrede te stel. Vir my kan daar nooit te veel skietdae wees nie. Om egter meer skietdae in te pas in die huidige programme van takke gaan lol. Miskien is die tabelle al tot vervelens toe geskiet maar dit geld vir enige sport. Rugbyspelers probeer tot vervelens toe drieë druk en tennisspelers probeer tot vervelens toe om die bal oor 'n net te slaan op 'n standaardbaan... en so kan ek aangaan. Om variasies aan te bring aan die bestaande tabelle is ook moeilik want daar word reeds 'n groot verskeidenheid tipes skietoefeninge/kompetisies gedek. As jy dink nege skote is te duur, hoeveel wil jy dan skiet? Oor die huidige kommunikasie tussen takke en hoofkantoor kan ek my nie uitlaat nie want ek dien nie tans op 'n komitee nie maar ek kan nie sien hoekom dit 'n probleem moet wees nie. Ek was vir baie jare aktief betrokke by jagtersverenigingskomitees en kommunikasie is so maklik soos tel die telefoon op en praat met iemand. Mense wil nie by komitees betrokke raak nie want dit beteken werk. Ons mense het 'n geneigdheid om net te wil ontvang sonder om te gee. As jy 'n komitee sien as 'n geslote groep mense wat diskrimineer dan moet jy jouself beskikbaar stel en die opset verander. Ek herhaal, te veel van ons mense wil net ontvang sonder om self skouer aan die wiel te sit. Ek is steeds 'n aktiewe lid van die SAJWV en het in amper 20 jaar nog net uiters goeie diens ontvang.
Mooi loop
ettiene.xtremetr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Sat Sep 10, 2016 7:41 am

Re: Sajwbv. Relevant of nie

Post by ettiene.xtremetr »

Baie dankie oom Koos. Waardeur die opregte antwoord.

Sent from my SM-S908E using Tapatalk

BarendD
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Thu May 12, 2016 4:07 pm

Re: Sajwbv. Relevant of nie

Post by BarendD »

Ek voel SAJWBV is nog baie van pas en dien n goeie diens. My tak bied baie informasie en daar word gereeld gaste genooi om toesprake te maak oor n wye verskeindenheid van goed.

Ek voel wel daar word te veel geskiet. Die naam se Jagters maar daar word nou meer papier geskiet as enige iets anders. Met prys uitdeeling is daar 10 keer meer pryse vir mense wat net papier skiet as vir jagters. Ek sal daarvan hou om meer te fokus op jag as papier.

Oor die tak/hoofkantoor ding se ek eerder niks nie want ek het baie min goeie goed om te se. My grootste issue is dat hoofkantoor trofees net aanvaar waneer dit hulle pas. Jou 50" Sable word nie anvaar nie want hy was op n plaas gejag waar daar geteel word. Alle plaase teel!!! Dis wat diere doen, hulle teel. Ek stem as dit n 10ha kamp is maar n 500ha plaas waar hulle die hele plaas vol loop? Daar moet besluit word en daar moet duidlikheid kom oor die ding.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 914
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Sajwbv. Relevant of nie

Post by OosKaapJagter »

Ek geniet my lidmaatskap en voel daar is voldoende aktiwiteite vir diegene wat net hulle bestaande toegewyde status wil behou, maar ook vir die wat meer wil bereik.

Daar is aanhoudend aanslae op vuurwapen eienaarskap. Ek glo 'n groot gerespekteerde an konserwatiewe vereniging met 'n veeltal lede sal meer bereik met 'n berekende aanslag as kleiner groepies wat radikale uitsprake maak.

Daar is baie lede wat ook ingeskakel is by ander organisasies en verenigings. Ekself is nie net by SAJWBV ingeskakel nie. Soos oom Koos sê, raak eerder betrokke en kom met sinvolle voorstelle, eerder as om te kla oor die bestaande opset. My indruk was nog nooit van 'n geslote groepie wat hulle eie komitees beskerm nie. Inteendeel, daar word altyd gevra dat meer lede betrokke raak want elke bietjie hulp word waardeer. En nee, ek is nie iemand wat in 'n komitee betrokke is en my posisie probeer beskerm nie. Ek is eerder een van die luigatte wat lekker gaan saamskiet en die samesyn geniet. Dit is daarom dat ek die bereidwilligheid van diegene wat bereid is om te dien op komitees en as baanbeamptes op te tree waardeer.
ettiene.xtremetr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Sat Sep 10, 2016 7:41 am

Re: Sajwbv. Relevant of nie

Post by ettiene.xtremetr »

OosKaapJagter wrote:Ek geniet my lidmaatskap en voel daar is voldoende aktiwiteite vir diegene wat net hulle bestaande toegewyde status wil behou, maar ook vir die wat meer wil bereik.

Daar is aanhoudend aanslae op vuurwapen eienaarskap. Ek glo 'n groot gerespekteerde an konserwatiewe vereniging met 'n veeltal lede sal meer bereik met 'n berekende aanslag as kleiner groepies wat radikale uitsprake maak.

Daar is baie lede wat ook ingeskakel is by ander organisasies en verenigings. Ekself is nie net by SAJWBV ingeskakel nie. Soos oom Koos sê, raak eerder betrokke en kom met sinvolle voorstelle, eerder as om te kla oor die bestaande opset. My indruk was nog nooit van 'n geslote groepie wat hulle eie komitees beskerm nie. Inteendeel, daar word altyd gevra dat meer lede betrokke raak want elke bietjie hulp word waardeer. En nee, ek is nie iemand wat in 'n komitee betrokke is en my posisie probeer beskerm nie. Ek is eerder een van die luigatte wat lekker gaan saamskiet en die samesyn geniet. Dit is daarom dat ek die bereidwilligheid van diegene wat bereid is om te dien op komitees en as baanbeamptes op te tree waardeer.
Dankie. Dog ek sou my posisie ook duidelik stel. My stelling is gevonde uit huidige frustrasies aangesien ek juis op n komitee dien. Ek kom net agter dat ons volk al hoe meer terug trek al kos dit wat kan ons steeds nie noodsaaklike vergaderings bywoon of selfs bereidwilligheid toon wanneer nodig nie. Dis altyd net selfde mense wat help.

Die was nie n mondspoel nie eerder om informasie te kry om die situasie te beredder. Probleme ens sal nooit direk aangespreek word nie. Ons mense bly net eerder weg en dit is wat sad is. Politiek het ingedring in die vereniging en tensy ek (en ander jonger as 40) nie betrokke raak nie dan gaan die vereniging n groepe van ou lede( skuus ek se met regtig baie respek) wees.

Ek wonder altyd watse hoeveelheid lede is hier net om status vol te hou. Natuurlik is kostes n probleem maar wys belangstelling ten minste met vergaderings

Ons tak beoog tenminste 2 tot 3 geleenthede maandeliks. So enige voorstelle ens word waardeur om die situasie te beredder op takvlak. Ek glo vas ons is nie n geisoleerde tak in gauteng nie.

Praat graag saam

Sent from my SM-S908E using Tapatalk


OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 914
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Sajwbv. Relevant of nie

Post by OosKaapJagter »

Ek kry nie die indruk dat jy noodwendig negatief is oor SAJWBV nie, maar eerder sinvolle insette soek om die deelname situasie te verbeter.

Die tabelle is soos ek dit sien noodsaaklik om eenvormigheid standaarde landswyd te kry. So is die gebruik van driepoot skietstokke vir my persoonlik 'n bron van frustrasie en ek sal nie vir my van die doelgemaakte skietstokke aanskaf wat bykans almal gebruik wat ernstig aan tak- en streekkompetisies deelneem nie. Die rede is dat daardie kompetisie skietstokke vir my onprakties en onbruikbaar in die veld is. My gunsteling skietstokke is die "quad stick" tipe, wat buite die riglyne val. Dit beteken nie dat ek daarom nie op takvlak die tabelle sal skiet nie. Daar is 'n noodsaaklikheid vir standaardisering as manne op tak-, streek- of nasionale vlak wil meeding.

Om betrokkenheid te verbeter sou ek dalk addisionele aktiwiteite benewens die gewone tabelskiet aanbeveel. Dink aan iets soos gesinsdae, 'n braai na die tabelskiet, ens. Hou dalk informele kompetisies op takvlak, maar doen iets wat nie net aanklank by die topskuts sal vind nie. Betreffende die koste faktor, kan baie prettige aktiwiteite met .22's gehou word. Iets prettig en goedkoop kan byvoorbeeld 'n gholfdag op die skietbaan wees. Sit 4 gekleurde gholfballe op 50 meter neer en laat elke skut na sy gholfbal skiet. Die eerste een wie se gholfbal die 100 meter punt bereik wen die rondte, of enige ander idee van so aard.
ettiene.xtremetr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Sat Sep 10, 2016 7:41 am

Re: Sajwbv. Relevant of nie

Post by ettiene.xtremetr »

Jou indruk is korrek

Ons gaan verskeidenheid nie-skiet aktiwiteite ook aanbied sodra warmer.

Bv. Visvang kompitisie op takvlak, golfdae vir manne wat kan balle slaan ens ens. N braai dag of eerder fimilie braaidag kan altyd werk.

Sent from my SM-S908E using Tapatalk

Post Reply

Return to “SA Jagters/SA Hunters”