Nuwe Bande

Enige iets pas hier/ discuss anything here
pietskiet
Full Member
Full Member
Posts: 143
Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am

Re: Nuwe Bande

Post by pietskiet »

Carl wrote: Thu Jun 25, 2020 8:39 am Dit is interessant want die SA 4x4 toets het hulle hoog aangeskryf. Ongelukkig het ek dit nou op, na aanbeveling van 'n paar vriende en die Tydskrif. Maar my toepassing is wel 80% teer nou.
Ek het ook op aanbeveling van daai einste artikel hulle gekoop!! Flip ek is so teleurgesteld en bitter kwaad. Ergste is dat ek net een spare tyre op die stadium het, so wanneer jy so n ongelukkie vroeg in jou jagnaweek oorkom, moet jy so flippen versigtig ry die res van die naweek.

Almal het gese BFs maar ek het altyd gedink BF is bietjie van n image ding... na dese moet ek my woorde sluk en gaan ook maar oe toeknyp en van hulle opsit. Buy once, cry once.

Ek moet se dat die wranglers wel baie lekker op die teerpad loop.
pietskiet
Full Member
Full Member
Posts: 143
Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am

Re: Nuwe Bande

Post by pietskiet »

Foto van die laaste stokkie wat n einde aan die Wrangler gemaak het
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Nuwe Bande

Post by figjam »

Wranglers.... nooit weer nie. Al sit hulle carbon fiber in, hy sal steeds in die middel afloop! Ek is 4 jaar terug na Hankook Dynapro toe op my plaasbakkie. Ry meestal sand en teerpad, nie rerig klip nie so ek sal nie kan sê hoe hulle daar presteer nie. Staan nou op 88 000km. Het so 4x roteer in die tydperk. Twee skroewe gehad wat gate gesteek het (sou waarskynlik met enige ander band gebeur het).

Sal in die volgende maand of 2 weer dieselfde band opsit.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Nuwe Bande

Post by Apie »

Carl wrote:Dit is interessant want die SA 4x4 toets het hulle hoog aangeskryf. Ongelukkig het ek dit nou op, na aanbeveling van 'n paar vriende en die Tydskrif. Maar my toepassing is wel 80% teer nou.
Ek ook daai toets gevolg en gekoop.

Die bande toetse is ongelukkig net vir ‘n paar honderd kilos maksimum.

Dinge begin gewoonlik eers skeefloop van 30000km af


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Nuwe Bande

Post by tau »

figjam wrote: Thu Jun 25, 2020 9:39 am Wranglers.... nooit weer nie. Al sit hulle carbon fiber in, hy sal steeds in die middel afloop! Ek is 4 jaar terug na Hankook Dynapro toe op my plaasbakkie. Ry meestal sand en teerpad, nie rerig klip nie so ek sal nie kan sê hoe hulle daar presteer nie. Staan nou op 88 000km. Het so 4x roteer in die tydperk. Twee skroewe gehad wat gate gesteek het (sou waarskynlik met enige ander band gebeur het).

Sal in die volgende maand of 2 weer dieselfde band opsit.
Het dieselfde moeilikheid met hulle op my ou Cruiser gehad. Moet darem noem die Good Year Wrangler MTR Kevlar is 'n yster.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Matewis28
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Sun Oct 12, 2014 5:47 am

Re: Nuwe Bande

Post by Matewis28 »

General Grabber X3 is my volgende band. Bietjie padgeraas maar nog net goeie goed van hulle gehoor.
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Nuwe Bande

Post by Ockert1992 »

Môre julle,

Ek moet nou 4 nuwe bande vir my opsit vir my Ford Ranger. Ek ry so 36000km per jaar waarvan plus minus 12000km grondpad is.

Die bakkie het uitgekom met 'n stel continental cross contacts wat nou amper 60000km gedoen het, maar hulle is nou amper klaar.

Ek kyk na die volgende opsies in 265/70R16:

Dunlop Grandtrek AT3G
Dunlop Grandtrek AT3M weet iemand wat die verskil is tussen die 2?
Michelin LTX Force
Yokohoma Geolander g015 AT
General Grabber AT3

Ek hoor graag julle opinie. Is daar enige ander wat julle sal voorstel?

Groete
Ockert
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Nuwe Bande

Post by JohanvB »

Firestone Destinations AT...
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Nuwe Bande

Post by Kaalvoetthysie »

Jy kan dalk Grenlander se all terrains ook in die goed gooi. Ek het nou 30k met hulle gedoen op my Ranger en is redelik beindruk vir die prys. Ry redelik grond pad en het, “touch wood” nog nie n pad wiel gehad nie. Loop vlak lyk nog goed en ek glo hulle het nog 30k in hulle.


Sent from my iPhone using Tapatalk
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Nuwe Bande

Post by KalahariKlong »

Van daai klomp sou ek vir die Grabber gegaan het.
Nog n band wat nou naam maak is die Radar Renegade RT.
Ek het tans Radial Triangle op in die selfde groote as jou bande en moet se hulle doen goed.
Was genoodsaak om hulle te vat en vriend van my by die bande winkel het hulle bo Appolo en Wranglers verkies.

Groete
KK
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Nuwe Bande

Post by Supacow »

LTX op die lys
Maar kan ook getuig dat n Destination sy kant bring met n waarborg en goeie prys. Seker die beter waarde opsie
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Nuwe Bande

Post by Toyrsi »

Wat van die Apollo Apterra At2. Kry n 2 ply en 3 ply.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nuwe Bande

Post by Eugene »

Ek het ook 'n vraag oor bande. Ons gaan bietjie deur Botswana toer en uit die aard van die saak is dit maar hoofsaaklik sandry en effens grond- en teer paaie. Ek het genoeg kennis van sandry om te weet die band is nie die allerbelangrikste faktor nie, eerder banddruk. Ek is egter op soek na bande met sterk "side walls" vir die stokke wat onder die sand wegkruip... Ek het tans Cooper se Dicovery a/t3's op en het 7000km deur Namibie gedoen sonder enige probleme. Hierdie bande is egter bekend vir hulle sagter side walls en siende dat ek moet vervang, wil ek graag iets kry met sterker side walls.

Voor almal egter "BF's" skree, soos die EDC manne, "Glock" skree, wil ek noem dat dit my eerste keuse was. Ek hoor egter van heelwat ouens wat groot BF ondersteuners is, dat die nuwe bande nie dieselfde kwaliteit as die voriges is nie en dit stem my effens tot kommer. Die prys van die bande is nie my grootste bekommernis nie, maar ek wil ook nie graag R30k spandeer op 5 bande, as ek met minder kan wegkom vir dieselfde of beter kwaliteit nie...

Normaalweg ry ek maar 50% teer, 40% grondpad en 10% offroad/veld. Wat sou julle aanbevelings wees?

My voertuig is 'n 2011 KB300 DC 4x4 met 16" rims.
Aim small, miss small
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Nuwe Bande

Post by Apie »

Kyk na enige band met ‘n LT(Light Truck) casing.

Hulle is die manne met sterker sidewalls


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Nuwe Bande

Post by cassie_calvinia »

die ply rating, of load range is hoe sterk 'n band is.
of hy nou comercial of light truck is, maak nie saak.
die ply of load rating vertel sy storie.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Nuwe Bande

Post by JJV »

Hallo ek is self in die mark vir 4 nuwe bande, het Hankooks op en is baie tevrede, hulle het ongelukkig nou aan die duur kan geraak en ek kyk na goedkoper opsies, Dunlop Grand Trek AT5 kan ek vir ‘n meer bekostigbare prys kry, het enige iemand ondervinding, goed/sleg om te deel??
Lekker aand
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Nuwe Bande

Post by KalahariKlong »

Beste bande wat ek nog gery het met baie sterk side walls wat cooper se st max bande.
Ongelukkig glo ek maar dat jy kry waarvoor jy betaal.
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Nuwe Bande

Post by JJV »

JJV wrote:Hallo ek is self in die mark vir 4 nuwe bande, het Hankooks op en is baie tevrede, hulle het ongelukkig nou aan die duur kan geraak en ek kyk na goedkoper opsies, Dunlop Grand Trek AT5 kan ek vir ‘n meer bekostigbare prys kry, het enige iemand ondervinding, goed/sleg om te deel??
Lekker aand
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ok Lyk nie of iemand Dunlop ry nie, ek sal maar grond breek en vertel hoe hul gevaar het.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Albertdwk
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm

Re: Nuwe Bande

Post by Albertdwk »

JJV wrote:
JJV wrote:Hallo ek is self in die mark vir 4 nuwe bande, het Hankooks op en is baie tevrede, hulle het ongelukkig nou aan die duur kan geraak en ek kyk na goedkoper opsies, Dunlop Grand Trek AT5 kan ek vir ‘n meer bekostigbare prys kry, het enige iemand ondervinding, goed/sleg om te deel??
Lekker aand
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ok Lyk nie of iemand Dunlop ry nie, ek sal maar grond breek en vertel hoe hul gevaar het.


Sent from my iPhone using Tapatalk
JJV, gaan jou nie nou presies kan sê watse Dunlops op my bakkie is nie maar dis waarmee hy van Toyota af gekom het. 2 van hul het darem al so 25000km op die ander twee het ek vroeg al verloor. Volgens my is die goed bietjie sag, hulle plain ook baie maklik as jy in die reen ry. Beste ding gaan wees as ek ander kan opsit.

Sent from my SM-A307FN using Tapatalk

User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Nuwe Bande

Post by Hein (Haan) »

Julle kan gerus ook na die Pirelli scorpion AT plus ook kyk.
Ek het einde laas jaar van hulle op my bakkie gesit en is nog baie tevrede met hulle, loop baie stil en lyk sover of hulle goeie km’s gaan lewer.



Sent from my iPhone using Tapatalk
pietskiet
Full Member
Full Member
Posts: 143
Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am

Re: Nuwe Bande

Post by pietskiet »

More manne

Ek het nou my laaste Wrangler afgeskryf - bly aan die een kant dat dit uit my lewe is. As ek nooit weer n Wrangler op my bakkie sit nie, is dit te gou.

Ek het n nuwe Grabber op al vir so 18 maande wat my geen probleme gee nie, en sommer n paar retreads. Moet nou 4 nuwe tekkies opsit dus. Dis baie geld, so ek double check net met die Jaracal crowd voor ek weer n voetfoutjie begaan.

Is die konsensus steeds dat BF Goodrich die beste offroad (MT) tyres maak of is daar ander brands wat ouens met gemak kan aanbeveel?

thanks!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Nuwe Bande

Post by DWB »

Ek was bitter tevrede met my Gripmax Mudrage XT, het 75000km met hulle op my vorige Hilux gekry.

Kon nie nou kry nie en het met Maxxis Mud Terrains gegaan op die nuwe wa.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Nuwe Bande

Post by Apie »

pietskiet wrote:More manne

Ek het nou my laaste Wrangler afgeskryf - bly aan die een kant dat dit uit my lewe is. As ek nooit weer n Wrangler op my bakkie sit nie, is dit te gou.

Ek het n nuwe Grabber op al vir so 18 maande wat my geen probleme gee nie, en sommer n paar retreads. Moet nou 4 nuwe tekkies opsit dus. Dis baie geld, so ek double check net met die Jaracal crowd voor ek weer n voetfoutjie begaan.

Is die konsensus steeds dat BF Goodrich die beste offroad (MT) tyres maak of is daar ander brands wat ouens met gemak kan aanbeveel?

thanks!
Moet jy MT koop of kan AT werk?


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: Nuwe Bande

Post by Hano243 »

Ek het Grabbers op my voertuie, sover geen probleme nie en kry goeie kilos.
Hano
pietskiet
Full Member
Full Member
Posts: 143
Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am

Re: Nuwe Bande

Post by pietskiet »

[/quote]
Moet jy MT koop of kan AT werk?


Sent from my iPhone using Tapatalk
[/quote]

Dis n plaasbakkie - skat sy gebruik is 60% offroad, 30% grondpad en 10% teerpad, so die MTs maak meer sin.
Post Reply