Jag Planne 2023

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Jag Planne 2023

Post by Frederik »

More Almal,

Wat is julle jag planne vir die jaar.

Eerste jag geboek vir 27 April - 1 Mei Limpopo Waterberge Opsoek na trofee waterbook en vleis vir yskas.
Junie 7-11 Buffel koei Hluluwe
Julie skool vakansie wil nog datums vasmaak weer Limpopo Waterberge as ek nog nie reggekom het met my waterbok nie of nog vleis nodig het.

Dan sal ons sien wat my begroting doen en wat nog opspring.

My nuwe 7x57 gaan defintief tyd kry in die veld en dan 375 H&H en die Lott.
Koele gaan Safari Bullet Compny sin wees vir 375 en 458 en dan 7x57 moet ek nog lading ontwikkel op 175gr Claw bonded koeels.

Image

Image
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Jag Planne 2023

Post by Stephan86 »

Ek gaan self ook weer kyk vir 'n waterbok die jaar in die Waterberge, het die een 3 jaar terug daar geskiet en tot vandag toe nog het ek nie al beter vleis gehad nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Jag Planne 2023

Post by Frederik »

Stephan, mooi bul wat het hy gemeet 28" ?
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Jag Planne 2023

Post by Glocked »

Die man saam wie ek buffelkoei sou gaan jag, hakkel so bietjie, lyk of dit nou eers in November gaan gebeur dalk, so ek soek nou bietjie rond vir ander koeie ook intussen.

Ter voorbereiding vir die buffel storie, het ek 'n kameelperd geleentheid gekry nou middel Februarie, om die nuwe kombinasie geweer/scope/ammo te toets, sien nogal uit na dit.

Eerste vaste vleis jag is 6-10 Jul, daar naby Estcourt. Eerste jag in daai area, hoop om iets anders en spesiaal te wees, goeie pryse op waterbokke, tsessebe's en so aan, sal maar sien hoe loop hy daar !

Ons 1ste kleintjie, 'n dogtertjie, kom nou vroeg in Maart, so sal maar eers moet sien hoe pas ons aan met die nuweling voor daar nog te veel jag planne gemaak word, sien baie uit na pa word !!
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Jag Planne 2023

Post by JAGTERSREG-JRM »

My planne tot dusver en glo daar sal in twedehelfde nog paar bykom, tot Junie is daar eers skool sport fokus maar het darm so sessie of drie al vas

Einde Maart- n gevaarlike dingetjie met 470
Julie vakansie n week naby Groblersbrug- grotendeels handwapen jag of dit is die idee
Einde Augustus bosbok jag langs die limpopo

Wil die jaar my laaste tick afhaal op boksoorte en werk om stelselmatig deur al die soorte te draf met boog en handwapen
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Jag Planne 2023

Post by Stephan86 »

Frederik wrote: Mon Feb 06, 2023 10:57 am Stephan, mooi bul wat het hy gemeet 28" ?
Hy het so aan 27" geraak

Ek wil beslis ook soek vir 'n bosbok as ek daar is.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: Jag Planne 2023

Post by Zane de Beer »

Ons planne vir die jaar is tans 'n 5 dag uitstappie na Alldays se kant toe in Junie... het 'n paket daar gekoop vir my en die vrou wat Rooibokke, Koedoes en Eland insluit.

Soos gewoonte sal ek met die .375 loop en my vrou met haar .308.

Ek wil bitter graag 'n Zebra as 'n ekstra raakloop die jaar.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Jag Planne 2023

Post by Pappabeer »

Ek het die jaar sovêr reggekom met n buffelbul in Magudu in Januarie, toe n rooibok en jong koedoebul vir vleis by Nico, en nou einde januarie n mooi ou koedoebul vir die muur by Marc. Al die bokke was met die .375 Ruger geskiet en die buffel met die .416 Ruger.

Later die jaar is daar nog twee jagte in Zululand waar ek die twee 7x57s en die .250 Savage wil uitvat.

Image
Image
Image
Image


Sent from my iPhone using Tapatalk
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Jag Planne 2023

Post by Frederik »

Dewald, dog jy maak ons klaar jaloers met die buffel bul toe bly jy maar aan jag en ons meer jaloers maak.
Prag Koedoebul.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Jag Planne 2023

Post by Pappabeer »

Bie bankie Frederik. Ek probeer maar groot gaan. Waar in Hluhluwe gaan jy jag. Ek sal n bier kom dring en blad skud
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1491
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Jag Planne 2023

Post by Eduard Venter »

Lekker Dewald! Pragtige diere.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Jag Planne 2023

Post by Pappabeer »

Dankie Eduard!
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Jag Planne 2023

Post by Mellies »

Suid VS vir SWB, Blesbok en Spb.
Oos-Kaap vir Kudu en Rooiribbok.
Oos-Kaap se hoogtes vir iets klein met n vaaljas.
Bosveld vir Waterbok en Rooibok.

Met n vleisie...
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Jag Planne 2023

Post by NicoSmit »

Einde April begin Mei Blesbokke en jakkalse in Vrede
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
kudu375
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm

Re: Jag Planne 2023

Post by kudu375 »

26-30April Cumberland
3-7 Mei,14-18 Junie Dwaalboom Maricostroom
12-16 Julie Alldays
op die lys vir die jaar is :
Eland koei,vlakvark en rooibok ooi vir die huis.
Bwb vir winkelwors(ons braai elke 2de Vrydag by die winkel)
Bosbok met die 7x64 en as ek so gelukkig en geseend sal wees n mooi Koedoe of Eland op die voete(besig met lading ontwikkeling 300gr SBC-dankie Rudi..)
Court Schilbach
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1491
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Jag Planne 2023

Post by Eduard Venter »

Ek is maar heel seisoen besig om te jag, maar ongelukkig net vir werk. Kon darem die seisoen oopmaak met 'n mooi kameelperd boogjag Maandag, 'n eerste vir my. Sien ook uit na 'n paar Jaracal manne wat by my kom jag, altyd lekker.

Vir persoonlike jagte het ek miskien een in Askham in Julie. Dit sal my eerste kalahari jag wees. Nou hoop ons net my skedule werk so uit. Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Jag Planne 2023

Post by Pappabeer »

Jis Eduard,

Dis presies hoekom ek nou aan my eie jagte gewerk het. Daar is darem nog n paar, maar niks gewaarborg as klieënte eers kom nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
ivanlotter
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Wed Feb 03, 2016 8:21 pm

Re: Jag Planne 2023

Post by ivanlotter »

Mei - gaan ons ‘n Buffelkoei, en ‘n Zebra jag met jaggewere en Rooibokke, en Vlakvarke met ‘n boog in die Laeveld naby Gravelotte, en
September - gaan ek ‘n Blouwildebees en Springbokke jag naby Jacobsdal.
.177, .22, 270WIN, 38SPCx2
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Jag Planne 2023

Post by Glocked »

Kameelperd jag van laas naweek
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
pwdejager
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm

Re: Jag Planne 2023

Post by pwdejager »

Mei gaan ons (Kerk Manne Jag) Merweville toe vir Gemsbok en Blesbok, en in Julie (Familie Jag) by De Aar vir Springbokke.
Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Jag Planne 2023

Post by jdpretorius »

Ons probeer iets reel vir middel Mei, maar dit lyk of ons gewone plek by Vaalwater dalk dood geloop het (kry nie die boer in die hande nie, en hoop hy is ok), so ek's opsoek na n nuwe plek so binne 3 ure se ry van Pretoors dorp af, waar n paar pelle ietsie kan gaan skiet vir die pot en bietjie bosveld tv kyk.

As julle van iets weet skree asseblief.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Jag Planne 2023

Post by Frederik »

Kon darem die jaar my rekening oopmaak met mooi njala bul in Hluluwe saam met 'n krok jag wat ek gereel en vergesel het.

Image

Nou volgende week weer Ellisras toe diep in die waterberge vir my waterbok en dan vleis vir die vrieskas. 27 April tot 1 Mei
Ons is 3 Pa en seuns wat saam gaan jag almal in Matriek nogal spesiaal.

Image
Gaan weer baie ruig wees maar ek dink die koeler weer wat eweskielik gekom het gaan die rooibok ramme aan die gang sit.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Jag Planne 2023

Post by jdpretorius »

Baie geluk Frederik, daai is n pragtige njala bul. Verseker ook nog bo aan my bucket list

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1491
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Jag Planne 2023

Post by Eduard Venter »


Frederik wrote: Gaan weer baie ruig wees maar ek dink die koeler weer wat eweskielik gekom het gaan die rooibok ramme aan die gang sit.
Hier by my het die ramme nou begin. Jaag mekaar lekker rond en roggel mooi. Julle moet geniet!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
pwdejager
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm

Re: Jag Planne 2023

Post by pwdejager »

pwdejager wrote: Sun Feb 26, 2023 3:52 pm Mei gaan ons (Kerk Manne Jag) Merweville toe vir Gemsbok en Blesbok, en in Julie (Familie Jag) by De Aar vir Springbokke.
Jag het toe nie so mooi uitgedraai as wat ons gedink het nie. Ons sou 12 Gemsbokke en klomp Blesbokke gaan skiet, bokke bevestig lank voor ons gegaan het, met ons aankoms is daar vermoed dat daar GEEN Gemsbokke op die plaas meer is nie >:(

Ons het maar 'n goeie ding van 'n slegte saak gemaak en op die einde huis toe met 6 Blesbokke, 2 Springbokke, 1 Swart Springbok, 6 Blouwildebeeste en 2 Zebra's.

My vrou is 'n baie groot diere liefhebber en moes noodgedwonge aanvaar dat ek elke jaar jag, sy is nou al op die punt om my jag te betaal as dit beteken ek kom rustiger terug huis toe ;D

Sy se elke jaar klokslag voor die jag: "Liefie, jy kan enige iets skiet, moet asseblief net nie 'n Zebra skiet nie" :):
3837.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
Post Reply