Wil bietjie uitvind...ek is besig om navorsing te doen oor annealing, planne was reg om een te bou en toe begin ek bietjie in die induksie in te kyk....
Voorlopig dink ek dalk een te kan bou onder R2500 (R1500-R2000 om eerlik te se) kos prys. Basiese konsep met spacers vir dop lengte sodat net die nek warm word, induksie coil, krag toevoer, waaier om krag en induksie componente koel te hou besluit of ek hom op n timer en of ek thermostat gaan gebruik (koste dalk die ding)... gaan nie nou huil oor hoe hy lyk nie

Wil net bietjie opinies kry.
Wat ek kan aflei lyk die gemiddelde temoratuur na 400 grade Celcius, iemand dalk ander informasie hieroor?
2. Wie sal belangstel aan so iets? My idee is nie om ryk te word uit dit uit nie, maar net krapperig om dat alles met n Hordany logo 20 keer die prys is...vat bv tuimel media...stainless pins R1000/kg maar vir die juweel maker is dit R360/kg.
So plan is om 1 te maak....lekker self te toets en dan dalk n 2de een te maak sodat iemand kan help toets en opinie kan lewer, aard van die saak as ek n ding teen kosprys verkoop is waarborge taai...maar wie weet wat gebeur in die toekoms as die outjie nader is aan ordentlik werk en toets.
Enige iemand wat dalk insette het sa ek hulp waardeer.
Groete
Clemens