Goeiemôre Wouter,
Baie dankie vir jou uiters sinvolle terugvoering oor jou ervarings met jou groot sonkrag omskakelingsproses by jou besigheid en ook jou huis.
Jy noem 'n paar interessante aspekte wat mense nie bewus van is nie, nl.:
1.
Ek het vinnig agter gekom dat die banke nie gerat was vir die groter projekte van die aard nie.
Om die waarheid te sê, hulle is glad nie eers gerat om gewone residensiële sonkrag stelsels te finansier nie.
Hoop werklik hulle kom spoedig by daarmee.
2.
Nodeloos om te se is hierdie n ontsaglike ingewikkelde proses op sy heel beste.
Dit is beslis 'n feit, spesifiek in jou besigheidsopset, maar ook so in doodgewone alledaagse gevalle.
Ons het byvoorbeeld ervaar met kompleks hekmotors, dat die installeerders hulle heeltemal misgis met die hoeveelheid krag wat opgegaar moet word in batterye om te verseker dat hekke 24/7 sonder sukkel glad moet funksioneer.
3.
Ek het op my rug geval toe ek sien wat my elektisitets verbruik nou werklik was.
Hierdie is 'n voldonge feit en meeste mense besef nie hoe groot die impak daarvan kan wees op hulle benodigde kraglewering uit hulle sonkrag stelsel nie.
4.
Die uiteinde was dat ek nou vir n maand nie geweet het van loadshedding nie en dit weer op sy beurt my R18 000 rand gespaar het net op diesel van my kragopwekker.
Die uieinde is dat ek onsaglik gelukkig is met die besluit en dat ek ook nie kan wag vir die een by die werk om ook volledig op sy been te kom nie.
Dan hierdie mooi positiewe dinge wat na alles uit die oorskakeling na vore kom - dit maak alles die moeite werd, veral as jou besigheidsdeel ook ten volle in bedryf gestel is.
Dat daar, net soos met enige ander stelsels, heelwat uitdagings vir mens wag is nie te betwyfel nie, maar dat dit oor die kort- tot mediumtermyn vinnig reultate wys en dan ook veral oor die langertermyn 'n uiters goeie belegging is, maak dit in ons wêreld amper 'n noodsaaklikheid om waar moontlik, oor te skakel na sonkrag.
Groete en sterkte vorentoe met die res,
Koos.