Gerhardu wrote: ↑Wed Nov 16, 2022 12:03 pm
Dankie Dirk. Ek kan nie besluit tussen n 14,16 of 18 duim nie.
Gerhardu ek is nou nie 'n our Reccie of Navy seal nie so vat my raad vir wat dit is.
My AR is opgestel vir plaasaanval, self verdediging en CQB opgestel. Ek skiet net met hom ander 100m vir pret as ek op die skietbaan is, maar 90% van die tyd gebruik ek hom met drills in en uit huise en om geboue.
Myne is 16" loop met die inskuif kolf soos die meeste maar is. As ons 2- 3 manne in 'n gang af beweeg en sy maak vertrekke skoon voel hy klaar lank. So die 16 duim is net beheerbaar vir my. 10 of 14" sal verseker beter huis skoonmaak. Met 16" stoot jy wel daai 55gr koeel nog so rapsie vinniger. Nou op kort afstande gaan die skelm nog wil terug baklei en is my kans om raakgeskiet te word seker hoër so ek wil die vyand so effektief moontlik tref.
Ek kan wel gonge op 400m raak bewe met die 1 MOA Aimpoint na so paar skote so hy kan as dit moet. Op 100-200m kap ek die gonge nog redelik gereeld. Ek glo nie daar is bekende self verdedigings scenario's waar 'n persoon jouself met skote anderkant 50meter gaan verdedig nie.