Band seel produkte

Moderator: Global Moderator

Post Reply
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1271
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Band seel produkte

Post by Eduard Venter »

Is hier enige iemand wat al bogenoemde produkte gebruik het, bv wonderseal of fuggit. Werk dit of nie? Ek sukkel baie met pap wiele maar dit klink vir my te goed om waar te wees.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Alberts
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Fri Jul 13, 2018 8:17 am
Location: Tom Burke, Limpopo

Re: Band seel produkte

Post by Alberts »

Ek het fuggit al baie gebruik in moterfiets en trapfiets wiele. En dit fuggin werk


Sent from my iPhone using Tapatalk
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 742
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Band seel produkte

Post by OosKaapJagter »

Ek glo nog altyd dat jy nie die mense moet vra wat dit smous nie. Hulle sal altyd vir jou vertel hoe goed die produk kwansuis werk. Een keer het ek egter self gesien tydens 'n demonstrasie hoe die man 'n staalpen van so 10mm deursnee in 'n bakkieband inkap en weer uittrek. Dit het bykans oombliklik geseël.

Ek het daarna by ons plaaslike Tiger Wheel agentskap daaroor navraag gedoen, juis omdat ek weet hulle hou dit nie aan nie. Die bestuurder praat toe met lof van die produk en sê dat dit ook nie jou balansering affekteer nie. Al rede waarom hulle dit nie aanhou nie, is omdat daar reeds ander besighede hier plaaslik is wat dit aanhou. Dit is nie die moeite werd vir hulle nie, in die lig van hoe min van hulle kliënte daarvoor vra.

Indien ek ry waar daar baie pendorings is, sal ek dit beslis gebruik. Dit sal ook sin maak as jou vrou of kinders dikwels langpad ry en jy wil hulle nie gestrand langs die pad laat staan om 'n wiel om te ruil nie.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2086
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Re: Band seel produkte

Post by JohanvB »

Ek het by my jagplaas se mense in die Oos Kaap geleer van OKO Tire Sealant…hulle het al baie skoolgelde betaal…

Ek gebruk dit ook in my quad, nog nooit probleme gehad nie.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2086
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Re: Band seel produkte

Post by JohanvB »

E4B77DFC-1D27-4F26-BBC0-FA49E1D3C8AB.png
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1271
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Band seel produkte

Post by Eduard Venter »

Baie dankie julle, dit klink goed. Ek het van die goete in die hande gekry en in my wiele gegooi. Hopelik gaan dit nou bietjie beter met my bande!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

gho
Full Member
Full Member
Posts: 128
Joined: Sun Jul 28, 2013 8:41 pm
Location: Citrusdal

Re: Band seel produkte

Post by gho »

Eduard .Miskien moet jy die laaste ent na jou voorsit plek stap en nie ry nie.:)
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4512
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Location: Calvinia

Re: Band seel produkte

Post by cassie_calvinia »

oko werk baie goed. maar nie seker op hoe spoed balansering. kannie sien hoe dit nie balansering kan beinvloed
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1271
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Band seel produkte

Post by Eduard Venter »

Dagsê manne. Ek het toe 1l wonderseal in elke wiel gegooi kort na ek die vraag gevra het. Sover niks pap wiele nie wat vir my 'n rekord moet wees die jaar. So dit lyk of dit dalk werk. Dit affekteer beslis my balansering.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4512
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Location: Calvinia

Re: Band seel produkte

Post by cassie_calvinia »

watse tures ry jy? klip of dorings?
daai goed bly in vloeistof vorm, so sal moeilik balanseer. is eintelik maar vir implement toediening. of motorfiets.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1271
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Band seel produkte

Post by Eduard Venter »

Grandtrek AT1 in erge doring veld (sekelbos)

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Post Reply

Return to “Algemeen/General”