GoPro videos - Bosvarke met Honde

Moderator: Global Moderator

Post Reply
Jacques1988
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Mon Jul 09, 2018 8:16 pm

GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by Jacques1988 »

Hier is n kort video van paar varke wat ek die laaste seisoen saam ons groep geskiet het. Het nou onlangs eers GoPro begin dra, altyd moeilik om lekker te onthou en te beskruif hoe jou laaste vark geval het, dit het my maar laat besluit om moeite in te sit met die GoPro.
Daar is darem n vark of twee in die mielies, digte natuurlike bos ens. Gee n goeie idee van die scenarios. Paar keer sit jy die vark bietjie voor ander kere moet jy vinnig deur die mielies beweeg tot waar die honde die vark bay. Laaste vark het my n les geleer, sy was so 90kg en is so 30min later geskiet. Ek het n paar varke op die punt van my loop geskiet maar nog nooit is ek so aan die slaap gevang nie…

Veiligheid is altyd ons top prioriteit en daar is al baie varke verby gelaat want ek is onseker oor n backstop.

https://youtu.be/583P9vDQdQI
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6667
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by DWB »

Lekker, saam met watter pak en watse area jag jy?
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
Jacques1988
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Mon Jul 09, 2018 8:16 pm

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by Jacques1988 »

Hi Deon. Ek is in Suidnatal. Jag saam n pak hier van die kus. Jag saam van 2012/13 af. Grassmere
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6667
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by DWB »

Lekker! Ons jag Saterdag ook weer!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2086
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Location: Welgelegen

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by JohanvB »

Sjoe!!!
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1799
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Location: Boksburg

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by sako 30-06 »

Ek het nou lekker saam met jou gejag, moet erken ek het een of tweekeer my alie afgeskrik as daai vark so hier naby uitkom.
Dis seker n ongelooflike ervaring?

Baie geluk, jy mag maar skiet.
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 11438
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by Capt. Oblivious »

Ek wil net laat weet ek jag nie Saterdag nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Thunderhead
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 444
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Location: Louis Trichardt Limpopo

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by Thunderhead »

Baie waar ek is baie versigtig met wie ek gaan jag mense se koppe verlaat hulle as die honde naby blaf.Baie dankie vir die deel. Watse geweer gebruik jy?[quote=Jacques1988 post_id=875116

Veiligheid is altyd ons top prioriteit en daar is al baie varke verby gelaat want ek is onseker oor n backstop.
[/quote]
Jacques1988
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Mon Jul 09, 2018 8:16 pm

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by Jacques1988 »

Dankie Sako. Ek is bly jy het dit geniet. Daar is baie kere niks deur my geskiet nie, vir 2 of 3 jagte. So vir my is dit ook lekker om te sien hoe dit uit gespeel het, gebeur baie vinning en dan sit en sukkel n ou om mooi te vertel. Ek moet bysê ek kan baie meer sien gedurende die jag as wat die video wys, die wide view/lens beperk maar wat ons op video kan sien. Min dinge so lekker as om n vark reg te lees wat sirkels hardloop met die honde. Baie kere is die varke 150 - 200m voor die Honde en dan wag jy hom maar in. Ander kere trek die vark sy hardloop skoene aan en trap n reguit lyn en jy vang eers 12 - 14km later op.
Die honde lewe vir die game! Verbaas my hoe getune hulle raak en is vir n bosvark se reuk.
Jacques1988
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Mon Jul 09, 2018 8:16 pm

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by Jacques1988 »

Hi Thunder. Dis my Tikka in .308win met n 3.25moa RMR. Ek gebruik ook my 9.3 nou en dan. Die stainless van die tikkatjie is meer geskik in die nattigheid en darem lekker lig om te dra/kruip..


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by Gawie(13mm) »

Capt. Oblivious wrote: Wed Oct 26, 2022 1:25 pm Ek wil net laat weet ek jag nie Saterdag nie
...ek ook nie. Al my onderbroeke is in die was na die video.😂
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5267
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by ruaanb »

Joh joh
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by Lategan1 »

Sjoe Jacques, lekker!

Dra jy Kevlar of shin gaurds?

Ander gevoel as daai vark met sy woelige kop hier teen jou is.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by Methos »

Lekker man! Dit lyk baie soos die varkjag hier by ons! Jy sal wees wat ons noem die Tracker of die Steker en die ander manne om die jag area die Posmanne. Daar is niks so opwindend soos varkjag met honde nie! As jy daai honde hoor begin blaf en tekere gaan dan pomp die adrenalien!
Jacques1988
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Mon Jul 09, 2018 8:16 pm

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by Jacques1988 »

Lategan1 wrote:Sjoe Jacques, lekker!

Dra jy Kevlar of shin gaurds?

Ander gevoel as daai vark met sy woelige kop hier teen jou is.

Beste.
Nee wat dis darem nie so erg nie. Jy moet maar net wakker wees, meeste van die tyd het jy genoeg tyd om uit die vark se pad te kom, en 9/10 keer is die vark se aandag op n hond wanneer hy so storm. So nee geen extra beskerming nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Jacques1988
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Mon Jul 09, 2018 8:16 pm

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by Jacques1988 »

Methos wrote:Lekker man! Dit lyk baie soos die varkjag hier by ons! Jy sal wees wat ons noem die Tracker of die Steker en die ander manne om die jag area die Posmanne. Daar is niks so opwindend soos varkjag met honde nie! As jy daai honde hoor begin blaf en tekere gaan dan pomp die adrenalien!
Die Honde is die sterre! Ons is maar daar om die job klaar te maak na hulle harde werk. Niks so lekker soos daardie klank van die honde wat spoor vat nie. Die sog wat my om gebowl het aan die einde het so 3 keer gebay en begin die honde pakslae gee, ek was te haastig en is heeltemal onverwags gevang. Ek het haar toe ook nog mis geskiet nie lank daar na nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Location: Pietermaritzburg

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by Malan123 »

Neewat Jacques. Joune is die langste...
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 752
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Location: Slurry

Re: GoPro videos - Bosvarke met Honde

Post by JJV »

Yoh!! hierdie lyk hectic! Jy mag maar skiet! Sal nogals graag wil sien wat doen my 30-30 Marlin met so vark…


Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply

Return to “Bosvarke/Bushpigs”