Dam se blad wat lek

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....

Moderator: Global Moderator

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1815
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Dam se blad wat lek

Post by Alwin »

tau wrote: Thu May 05, 2022 10:46 am
Alwin wrote: Wed May 04, 2022 10:10 pm Tau, jy moet ook die oorsaak van die krakies bepaal. Is dit die spanning wat veroorsaak word deur die waterdruk wat die dam wil "oop druk" of is dit uitsetting en inkrimping in die sement en stene wat die krakies veroorsaak?
Gewoonlik is eersgenoemde se simptoom groot vertikale krake, en dit gebeur net as daar nie genoeg staal in die wal ingebou is nie. Onthou dat die waterdruk onder die meeste is, dus moet jy daar meer versterkings aanbring as bo.
Laasgenoemde is weens blootstelling aan groot temperatuurskommelings. Dit help om grond teen die wal op te hoop, sodat die son nie sy buitekant kan bykom nie. As jy nie grond kan ophoop nie, verf die wal ten minste net wit, dan reflekteer dit darem meeste van die son se hitte.

Damvoerings is goed, maar daar is 2 goed om na op te let:
Die uitlaatkonneksie kan probleme gee, as dit nie korrek gedoen is nie.
Ek hou van HDPE voerings, want dit is gewoonlik meer sonbestand as PVC. Goedkoop is gewoonlik duur koop.

Daar is ook 'n ander opsie. Iemand verkoop die produk "Dam-it". Dis 'n Australiese produk wat jy sommer oor die water strooi, dan sak dit af en gaan in enige lekplekke in. Vir sementdamme gooi jy dit ook teen die wal af. Na bewering hou dit 5 jaar. Ek het dit nog nie self gebruik nie, en kan nie getuig of dit werk soos geadverteer of nie. Dit is 'n opsie as jy nie die dam kan leegmaak nie en kan ook in gronddamme gebruik word.
Die dam was redelik waterdig, maar die pomp het gegroet en hy het amper 12 maande in die Namib son leeg gestaan. Met die nuwe pomp se insit het hy nou baie lek plekke en ontwikkel meer en meer.

EK het gister die pyp konneksie sit kyk wat die manne saam gee met die liner en gedink dit kan moeilikheid maak.
Dit is dus fyn krakies weens uitsetting en inkrimping. Waarskynlik is dit dan nie nodig om staal om die dam te span nie.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1269
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Location: Laingsburg/Somerset-Wes

Re: Dam se blad wat lek

Post by Dawie »

Die boukalk werk nie altyd net van eenkeer se strooi nie, soos die dam voller word moet jy weer strooi en roer sodat dit in suspensie is. Vat partykeer weke.

Dis maar my ondervinding van veesuip damme wat leeggestaan het in die Karoo
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3782
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Location: Grunau, Namibië

Re: Dam se blad wat lek

Post by tau »

Dankie weereens vir almal se insette. Om so vêr van die plaas te wees maak dinge vrek moeilik. EK het die pomp afgesit sodat die dam kon leeg loop die Maandag. Die gedagte was dat ek teen Vrydag die leë dam sou kon herstel van binne en dan teen Sondag dei pomp weer kon aanskakel.

Ek het eers 'n 10 000l tenk geskuif vanaf dei anderkant van die plaas. Die staan by 'n droë gat.....wel die windpomp het die tenk seker so 200liter se rooi klei in geskep. So tenk laat hom nie net skuif nie!!!!! Ek het toe die tenk geskuif (10km deur die veld) en toe moes my 12jarige seun inklim en skrop. Ek het die tenk volgepomp en langs die dam laat staan sodat ek indien nodig hom kon gebruik as die dam nie sou klaarkom nie.

Groot was my verbasing toe ek 5 dae later by dei dam opdaag en hy is nog vêr bo half vol. Die lek plekke is net bo die halfpad merk van die dam. Ek het geen manier om doie dam leeg te kry sonder om 'n geroeste kraan te vernietig nie.

My tyd op die plaas was ook amper verby so ek het maar die pomp weer na dam verskuif en stadiger gestel dat hy nie oormatig vol is nie.

So die dam lek minder as wat ek dink, maar steeds teveel na my smaak. Ek dink die toekoms sien 'n groot plastiek 200liter bees krip en die 10 000 liter tenk wat reeds daar staan.

Nou is daar darem sement en sout op die plaas genoeg :)
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply

Return to “Boere Raad”