Skiet van bobbejaan
Moderator: Global Moderator
- tripodmvr
- Administrator
- Posts: 20827
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
- Location: Vereeniging
Skiet van bobbejaan
Kry die onderstaande nuusberig. Daar is onsekerheid oor wat met die dier gebeur het, maar hulle kan bytmerke van honde identifiseer. Wie sê dit is nie sy eie trop wat hom karnuffel het nie? Pasop dus maar met die skiet van bobbies. Lyk asof hulle belangriker as mense is.
https://www.msn.com/en-za/news/other/an ... np1taskbar
https://www.msn.com/en-za/news/other/an ... np1taskbar
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
- Hero Member
- Posts: 1815
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
- Location: Noord-Transvaalse Bosveld
Re: Skiet van bobbejaan
Party mense glo hulle stam van die bobbejane af (hulle mag dalk reg wees), daarom dat hulle hierdie "voorvaders" as hoogheilig ag.
Myne het hulle spesiale status verbeur toe hulle my boorde en landerye geplunder het...
Myne het hulle spesiale status verbeur toe hulle my boorde en landerye geplunder het...
-
- Sr. Member
- Posts: 269
- Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm
- Location: Durbanville,Wes Kaap
Re: Skiet van bobbejaan
Die groenes wat hierdie goed wil beskerm het geen kennis van hulle gedrag nie. As so trop in 'n vrugteboord in vaar lyk dit soos die looting wat ons laasjaar gehad het.
Hulle gryp enigiets wat aan 'n boom hang, of dit groen is of ryp is. Saam met die breek hulle die bome se takke ook af.
Dis feitlik onmoontlik om hulle uit te roei ook. Hulle gedrag verander sodra jy hulle begin uitdun
Sent from my SM-A750F using Tapatalk

'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
- tripodmvr
- Administrator
- Posts: 20827
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
- Location: Vereeniging
Re: Skiet van bobbejaan
Sprake is nou dat na al die tyd en geld uitgegee om hom uit die berg te kry, hulle besluit het om hom uit te sit.
Hulle gaan hulle aandag nou toespits om die skieter op te spoor.
Hulle gaan hulle aandag nou toespits om die skieter op te spoor.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Ratel
- Hero Member
- Posts: 1626
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
- Location: Rustenburg
Re: Skiet van bobbejaan
As hulle maar net soveel moeite wil doen om plaasaanvallers op te spoor.
Maak 'n verskil
-
- Jr. Member
- Posts: 80
- Joined: Thu Mar 17, 2016 9:52 am
- Location: Wellington
Re: Skiet van bobbejaan
Dit is vir my baie duidelik dat die Groenes nie 'n idee het watter klas skade die bobbejane aanrig nie, presies wat Knewel hierbo noem. Ja, Kees lyk ougat as hy so langs die pad sit met sy voorkloue op sy knieëe, maar gaan kyk bietjie hoe lyk 'n druiwe boord, waatlemoen land en vrugteboorde as Kees en sy tjomma's daar deur gewandel het. Solank my skiet/jag instansie aandui die uitskiet van bobbejane (beheer van skadeveroorsakende diere) is toelaatbaar, sal dit maar my uitgangspunt wees. Ek doen dit wel eties en op 'n veilige manier bygesê en loop skiet nie sommer net blindelings nie.
.300 Weatherby Win Mag
.243 BB HOWA 1500
.22 BRNO Mod 2
9mm CZ PO9
.243 BB HOWA 1500
.22 BRNO Mod 2
9mm CZ PO9
- ruaanb
- Hero Member
- Posts: 5492
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
- Location: Durbanville, WesKaap
Re: Skiet van bobbejaan
By Bettiesbaai is die knape n oorlas so erg dat hulle jou waarsku waar jy ook al gaan.
Ek dink die skieter het net verby gatvol geraak.
Ek dink die skieter het net verby gatvol geraak.
- airhunter
- Hero Member
- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
- Location: Queenstown EC
Re: Skiet van bobbejaan
Hier by my vang hulle klein bokkies en vreet die pens uit wyl dit lewe.
All animals are equal but some animals are more equal than others.
Proper vuilgoed wat lood kry as ek hom gewaar.
All animals are equal but some animals are more equal than others.
Proper vuilgoed wat lood kry as ek hom gewaar.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
-
- Hero Member
- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Skiet van bobbejaan
Nie geweet die subspesie van hierdie primate is ook in Queenstown nie. Kry seker taamlik koud in die winter?
- airhunter
- Hero Member
- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
- Location: Queenstown EC
Re: Skiet van bobbejaan
Nognie my blyplek verander nie.
Nie meer in Qtn.
Nie meer in Qtn.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
- tripodmvr
- Administrator
- Posts: 20827
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
- Location: Vereeniging
Re: Skiet van bobbejaan
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
- Sr. Member
- Posts: 440
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
- Location: Tulbagh
Re: Skiet van bobbejaan
Moenie skiet nie. Vang 'n paar in 'n vanghok, verf hulle wit en laat vry. Hulle verjaag die trop tot in 'n ander provinsie.
-
- Hero Member
- Posts: 885
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Skiet van bobbejaan
Dit is eintlik heel eenvoudig. As 'n reël mag jy een bobbejaan per dag skiet in die Wes-Kaap. Dit is nou ongeag die feit dat sekere groenes die bobbejaan 'n naam gegee en gedoop het. As jy 9 vriende saamvat kan julle 10 skiet, maar die goed is heeltemal te skelm vir so resultaat.
https://www.sahunters.co.za/images/atta ... 202022.pdf
Sorg net dat dit nie in 'n woongebied is nie.
https://www.sahunters.co.za/images/atta ... 202022.pdf
Sorg net dat dit nie in 'n woongebied is nie.
- Ratel
- Hero Member
- Posts: 1626
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
- Location: Rustenburg
Re: Skiet van bobbejaan
Ek stem saam met die stelling dat hulle baie skelm is. Ek het van Februarie af 19 groot mannetjies uitgeskiet (wettig). En ja kees se kind is ongelooflik slim en het baie goeie sig. Hulle leer vinnig om 'n geweer oor die skouer te herken. Self die kleur van jou kar ens leer hulle gou ken. Een ding wat hulle ook vinnig leer ken het is om nie op 300 meter in 'n boom te sit en my te vloek nadat ek 'n groot mannetjie reeds geskiet het nie.OosKaapJagter wrote: ↑Fri Jul 29, 2022 2:34 pm Dit is eintlik heel eenvoudig. As 'n reël mag jy een bobbejaan per dag skiet in die Wes-Kaap. Dit is nou ongeag die feit dat sekere groenes die bobbejaan 'n naam gegee en gedoop het. As jy 9 vriende saamvat kan julle 10 skiet, maar die goed is heeltemal te skelm vir so resultaat.
https://www.sahunters.co.za/images/atta ... 202022.pdf
Sorg net dat dit nie in 'n woongebied is nie.
Maak 'n verskil
-
- Hero Member
- Posts: 1805
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
- Location: Stella
Re: Skiet van bobbejaan
Ek het eendag n outydse jeugverhaal gelees waar die oumense die bobbejane deur die nag bekruip het, en die volgende oggend teen ligdag met n hele paar gewere losgetrek het.
Sal dit kan werk?
Of kan n mens hulle dalk in die nag bekruip en met subsoniese ammunisie uitdun?
Sal dit kan werk?
Of kan n mens hulle dalk in die nag bekruip en met subsoniese ammunisie uitdun?
- tripodmvr
- Administrator
- Posts: 20827
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
- Location: Vereeniging
Re: Skiet van bobbejaan
So omsingel aksie in die nag kan werk, maar vir veiligheid is haelgewere die beste. Moet net nie onder die trop staan as daar geskiet word nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Ratel
- Hero Member
- Posts: 1626
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
- Location: Rustenburg
Re: Skiet van bobbejaan
Jip want hulle skyt op jou as jy onder die boom staan. Hulle sig in die nag is nie goed nie. Ek dink n thermal teleskoop en so 100 meter weg kan nogal mooi werk.
Maak 'n verskil
-
- Hero Member
- Posts: 1805
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
- Location: Stella
Re: Skiet van bobbejaan
Wat ek gelees het, is dat die oumense ongeveer in n lang lyn gelê het en toe op n bevel begin skiet het. As ek reg onthou was daar n kalerige stuk aarde agter die bobbejane se boom waaroor die bobbejane gevlug het. Dit het kans gegee om hulle in die hardloop te skiet sonder dat die skuts mekaar in gevaar gestel het.
- Geno
- Administrator
- Posts: 13439
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- Location: Bloemfontein, Vrystaat.
- Contact:
Re: Skiet van bobbejaan
Hul spring uit die boom uit en hol weg as jy begin skiet onder hulle. Selfs met thermal teleskoop. Ek praat uit ondervinding...
Maar, van hul klim weer in ander bome in dan kan jy wel nog skiet.
Goed, beter, 6millimeter!
- Ratel
- Hero Member
- Posts: 1626
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
- Location: Rustenburg
Re: Skiet van bobbejaan
Ja ek het nogal gedink hulle sal nie lank stil sit nie. Hulle doen dieselfde as mens met ligte in die bome skyn waar hulle slaap. Hier by ons slaap hulle meestal hoog teen die kranse waar 'n mens in elk geval nie naby hulle kom in die nag nie.
Maak 'n verskil