Raad oor n “off road waentjie”

adventures, tips, equipment
Post Reply
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 659
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm
Location: Schweizer reneke

Raad oor n “off road waentjie”

Post by Jaco v Zyl »

Ek is opsoek na n stewige waentjie wat oons paaie en grondpaaie kan vat.
Net n gewone wa nie kampwa nie.
Ek kyk na eco se roadster off road en jurgens se xt65.
Sal enige raad en ander opinies hoog op prys stel.
Dankie
Jaco
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Location: Somerset West

Re: Raad oor n “off road waentjie”

Post by Jaco vdW »

More Jaco

Ek het n XT140, en is baie gelukkig met hom. Dis n sterk geboude waentjie, en het al die grondpaaie wat ons al gery het goed hanteer.
Die XT120 en 140 is gerem, terwyl die XT65 en 75 nie gerem is nie. Ek het nie spesifiek ervaring met hulle nie.
Wat ek van die XT140 gehou het, was dat jy n "leë" waentjie kry, en hom kan opbou en inrig soos jy wil, en waarvoor jy die wa wil gebruik.
Een stukkie kritiek wat soms teen die Jurgens waens uitgespreek word, is dat hulle swaar is. Wat wel n feit is, is dat hulle die wa se gewig akkuraat weergee, en nie wegsteek deur ekstras se gewig buite rekening te laat nie. Sommige ander vervaardiggers doen dit wel, so die kritiek is nie eintelik geldig nie.
Wat ek wel sal sê is besin mooi oor die rem vs ongerem. Maksimum gewig vir n ongeremde wa is 750kg. Die wa se gewig met vrag oorskei dit baie maklik.

Groete
Post Reply

Return to “4x4 adventures/avonture”