Uit die oog van n grootwild Jagter, Simbas n Plathond en die Skuldeiser
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2318
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

So het ons avontuur begin!!
Oktober 2020 het ek n gesprek met n klient rakende groot kalibers (een van my vele liefdes) en die gesprek gaan oor verskillende opsies in die mark en wat daarmee gejag kan word. Die klient (Symmo) noem dat hy nog een dag n dubbel sal wou he….. en so begin die gesprek oor watter kaliber!! Op daardie stadium was daar nie veel opsies nie maar weet toe van n 450/400 Merkel wat beskikbaar gekom het. So deur die gesprek vra Symmo maar wat gaan hy met die dubbel jag? My antwoord was maklik enige bosveld wild!! En noem toe ook in dieselfde sin dat ek n plan sal sien dat ons erens die groot 5 begin aanvat, Een twee drie en die dubbel staan in die kluis en die aansoek is in by Saps. So begin die storie en die dubbels vir bosveld wild.
Die groot jag en die reelings
Die eerste lisensie word goedgekeur en daar kom n gulde geleentheid vir die dubbels om te werk in die bosveld, daar word n lekker pakket saamgetrek, n intree mannetjie en n wyfie wat toe later van tyd omgeswaai word na n volwasse maanhaar en n wyfie. Voorbereidings word getref van ammunisie tot vleispakkies vir die 5 dag ekskursie. Aansoeke word gedoen vir die nodige permitte en roere word getoets en skouers geoefen. Die tyd wil net nie loop nie!!! Daagliks word daar gesels oor skootplasings en raai raai word gespeel in watter area die katte sal wees, die bosveld is nou nie die maklikste plek om n kat te soek nie en veral nie na die laaste goeie reenseisoen nie. So het ek April die jaar my beurt gehad en die veld was bitter bitter ruig om die minste te se. Terug na Symmo se jag……so maak ons n datum vas vir einde September (so by maandeinde) en die druk is aan om alle werk op datum te kry en hou voor die jag.
Met elke gesprek below eek plegtig date k die katte sal jag as hulle dit te maklik maak (wat ek weet dit nie gaan wees nie maar dra by tot die opbou van die jag). Die lekkerste is mos maar die voorbereiding en jou kop reg te kry vir wat voorle.
Die dag breuk aan
Die dag is uiteindelik op ons en voertuie word gepak, gewere ammunisie, stapskoene (want ons gaan mos werk) en al die nodige kos en voggies. Ons trek 04h00 die oggend weg en moet se die Hilux is eweskielik redelik haastig opad NOORD. Net oor 07h00 slaan ons die stowwerige grondpad en die opgewondenheid is amper amper net te veel. Min wetend vir wat voorle.
Op die plaas aangekom by n luukse lodge word elke dingetjie op sy plek gepak sodat daar nie n gesukkel is nie. Elke ding kry sy plek en ons is dadelik op ons pos om die katte te begin soek. Die gesleep van die take en die soeke na spore is deel van elke katjag en dank an mergelend raak die hele op en af en focus op die grond.
Kat nommer 1 (Wilde Wyfie)
Dis n hewige gesoek en die katte is nerens te vinde nie, soos ons opad deur die rivierbedding is gewaar die eienaar n sleepsel en oombliklik wee tons een van die katte het iets gevang. Die opgewondenheid en vrees spring amper gelyk op ons maar hierdie is n goeie ding? Die spoor word agtervolg op die wal van die rivier (ongeveer 2 meter hoog) maar dit is vrek ruig en die soek gaan stadig. Eienaar is nommer 1 in die ry, nommer twee is Symmo en derde ek en die twee gidse volg. Met die vorige jagte het ek vele kere gehoor van die katte wat n liefde het vir miershope. So gebikkend beweeg ons deur die doring bos en eweskielik spring/hop/val die eienaar, voor hom is daar n miershoop en n boom wat so op die kant groei. Kan sien die man het n redelike skrik gevang, uit die aard van die saak het ons nie dieselfde prenkie gesien nie. Ons vat so n oomblik dat ons kan verstaan. Die vangs van die kat le agter die boom en die maanhare so in die wind het die vark kompleet laat lyk soos n kat. Almal het so effe van n glimlag en glo elkeen het empatie vir die samevloei van die situasie. Die vangs is vars en on sweet die kat sal terugkom vir die prooi en daar word vining gespring om n sitplek te maak en die kat voor te sit. Minute later is ons lokval in plek!. So paar goeitjie pla my so bietjie, onderandere die feit dat daar geen skuiling is van die wind en die 180 grade wat agter ons le nie. Die vrae spring op in my kop, gaan sy van agter of van voor kom? hoe reageer ons indien dit gebeur? gaan sy ons onverwags vang?
Dit is vrek ruig en die bosse kan n kat maklik verskuil. Elke nou en dan loer ek 360grade om my en so 20 minute voor sononder sien ek die kwas van die stert op twee uur en eweskielik is sy weg. Die kanse dat sy ons geruik het glo ek is bitter skraal aangesien die wind stoot van haar na ons. Daar daal stilte neer in die bos en die fisante begin skree in die verte maar eweskielik raak die beeld duidelik…..hier kom sy skiet haar…. Die leeuwyfie vlieg in die lig op en n diep brul volg die oefening en daar gaan sy reguit na die rivierbedding toe. Die vraag is nou of sy stil le en of sy le en wag?
Spring op die radio en versterking word ingeroep. Ons loop so draai om te sien of ons iets gewaar van die pad se kant in die rivierbedding af maar ongelukkig niks behalwe sand en bosse. So met die aankoms van die eienaar en gidse beplan ons die opvolg bitter mooi sodat ons kan verseker dat die hoogste veiligheids maatreels gevolg word. Dit gaan stadig en stappie sak die son al hoe meer. Ons kry n spoor en bevestig dat sy in die bedding in is, twee tree verder sien ons haar le. Die laaste doodsnikke het sy besluit om die 2 meter te spring in die rivierbedding in maar voor sy die grond getref het was sy dood. Die ou 450/400 het perfek gewerk en dit nogals met oop vizier (baie onderskatte kaliber).
Blad word geskut en almal is heel verbaas dat elke liewe oomblik so perfek uitgewerk het, jagters weet dat planne nie elke dag so presies bymekaar kom nie. Daar word n foto sessie gehou en aanstoot gemaak terug kamp toe. Die adrenalien bedaar en n rustige aand word langs n hardekool spandeur. Die vuurtjie knerts die Haenas en Leeus roep en ons besef hoe bevoorreg ons is om so tyd te spandeur in god se skildery.
Kat nommer 2 ( Die ou maanhaar)
Die ou grote hou vir ons besig en dis n hewige gesoek na spore en enige teken van die monster van n kat maar elke poging is tevergeefs. Die bosveld kry reen en die donker wolke kom kompleet aan soos golwe van die see. Die bos is donker pik donker, in die omstandighede is dit werklik moeilikheid soek indien die kat ons n kans gee en ons moet agtervolg. Die tamboeties is donker deur die dag en met die onweer gaan iemand seerkry. Ons besluit soos een man dat dit beter sal wees om vir so uur of twee kans te gee en n koffie te gaan geniet. So besluit en so gemaak. Die donderweer slaan en die waters val uit die hemel, alles ruik skoon en elke blaartjie en gras polletjie lyk of hulle sopas geverf is.
Met nuwe moet benader ons die jagtrok en maak stelselmatig ons pad na die gedeelte op die plaas waar die katte loop. Ons ry by die hek in en soos die gewoonte is word die takke agter die bakkie gehak, so trek ons weg met die hoop om n gelukkie te kry. Ons vorder stadig maar daar voor ons le die spore duidelik in die hoofpad. Dit is n enorme spoor in vergelyking met die wyfie en weet sommer dadelik dat die jag aan is vir die maanhaar.
So volg ons die spoor onmiddelik en kan duidelik sien dat elke man himself nou gereed maak vir wat kan gebeur. Dit is snaaks hoe n man so met jou binneste begin werk en dat elke sintuig eweskielik oortyd werk, moet seker die jagters instink wees wat so diep in ons are vloei. Die spore loop in die rigting van die rivier en weet dadelik da tons in is vir n ding, Die diep donga le voor ons en daar gewaar ons die meneer op die oorkantste wal in die ruigtes, hy roep roep en met elke roep voel dit kompleet of die aarde bewe en die haartjies in my nek begin elke nou en dan reggop staan. Hoe nou gemaak? Kan nie van hier skiet nie en daar is net een manier, ons moet deur die donga en n oop skoot kry.
Soo sons afloop is die eienaar eerste dan Symo dan ek en die twee gidse. Voor/bo osn maak die rivier n Kinkel en daar staan n punt in die rigting van ons, gaan die kat nou links of regs afkom dit is meilik om te se! Ek hoor hom roep en sien elke nou en dan sy maanhare in die wind, gelukkig kan hy ons nog nie sien nie maar is dood seker dat hy weet ons is daar. Dit is n links en regs en wil nie he dat die man in die rivierbedding kom en ons verras nie, dit kan ons in n gevaarlike posisie plaas.
En daar kom hy roep roep na die regterkant …Symmo is gereed vir hom en hy kry n skoot van voor met die 470 met die RMR red dot wat vining skiet vergemaklik, alle hel breek los en dis n gebrul en hy hardloop teen die wal parallel met ons, die twede skoot blaf en kompleet soos n “scene” uit Ghost and the Darkness sien ons hom beweeg so dan en van deur die takke op die wal. Daar word spoedig herlaai en nou is dit die opvolg teen die helling op. Daar is net een opgaan plek n small sloot wat vroeer die jaar verspoel het en daar is op die een na die ander. Dis versigtig kyk links en regs en voor, soos ek met my kop onder deur die takke kom sien ek die ou grote le. Sy maanhar waai in die wind en hy is baie baie donker van kleur. Werklik n merkwaardige dier en verseker een van die grootste maanhare waar ek nog my oe op gele het. Daar is n sug van verligting en die gelukwense word soos die oudertyd gedoen…..met die blad. Die glimlag op Symmo se gesig se alles, dit was n ervaring wat min jagters in hulle lewens ervaar en soos met die wyfie het alles net in plek geval.
Die aand langs die vuur word daar diep gesels en hoe elke dingetjie in plek geval het maar die jag is nog nie oor nie. Daar is een spesie wat nog op die jaglysie is, daai man wat vir jou kyk of hy jou geld skuld….
Die skuldeiser
Die vorige dag het ons so geloer loer na die buffels wat op dieselfde plaas as die katte loop en bespiegel watter een nou die regte een was maar ongelukkig was daar nie n ou man tussen hulle nie en het die gedagte laat vaar. So begin ons toe op n ander gedeelte loop en soek na die regte kandidaat en voor on sons oe uitvee staan daar n trop in die pad voor ons. Ons kan duidelik sien dat die grootmeneer deel van die trop is en die skietstokke word dadelik opgestel, die RMR kry sy merk net onder die ken van die groot bul en die 470 blaf…. Kan duidelik sien dat die skoot raak is en met n gestorm is die hele trop daar weg
Nou is dit in die ruigtes in met ons kortbroeke, soos ons op die spoor klim glo ons almal die bul gaan net om die draai dood le maar min het ons geweet wat voorle. Die lang gesoek begin en ons vind onsself elke nou en dan in die middle van die trop maar gewaar nie die bul nie, later die dag kry ons die idee dat iets erens moet fout wees want die bloed het verdwyn kompleet soos mis voor die son. Dit is laat en hier moet ons n plan sien, die spoorsny honed word ingeroep en binne minute is hulle op die spoor en trek n ding seker so 900m voor ons vas. Die honed gaan tekere en ek weet hier gaan gehardloop word soda teen van die honed of beide nie doodgemaak word nie.
Dit is tussen die takke deur en hier en daar deur n bos en so halfpad in trap ek in n gat en val myself semi des moers. My wind is uit en daai gat het ek verseker nie eers gewaar nie, met n gestoei is ek op en hol maar verder (die asem moet ma later terugkom). Soos ons met die volgende blok se pad af kom sien ons n koei van kant tot kant hol en sy is redelik befok. Die honed het die verkeerde een vas!! Dit is n gespook om hulle van haar af te kry en sien as ons hier nie wegbeweeg nie gaan ons die koei moet skiet. Later kom ons agter dat die bul saam twee koeie geloop het en die koei het heel moontlik gedraai en die honed aangevat. Die honed verstaan glad nie heokom ons nie die dier wil skiet nie en hou aan baklei. Later die dag kry ons hulle af en gaan moedeloos huis toe. Die bul is gekwes!!!
Die aand word daar gebraai en daar is net een manier hoe ons die man gaan opspoor en dit is om die volgende dag vroeg weer op die spoor te klim en hoop ons kry hom. Dit is dag twee agter die bul bul aan en die son is warm, ons het die spoor opgetel en die ou black-sam bly die hele tyd voor ons. Dis n gestoei deur die ruigtes en ons bene is rou, selfs n grassie wat skuur maak dit baie sensitief en ek raak nogals half huilerig.
Die son brand en die ure loop maar dis asof daai bul die hele tyd van ons weet en bly draai draai oor twee bloke. Elke nou en dan loop ons oor ons eie sporie en die die bul begin al hoe weier en weier draaie maak, dit is n saak van onmoontlikheid en ons roep dit tot n halt n hele 67km verder. Ons kom bymekaar en kan nie nuwe planne sien om die man op die voete te betrap nie. On sweet plus minus in watter area hy bly beweeg en roep hulp in van bo.
Meeste manne het bier geniet met die springbokke wat speel maar ons het gewerk om n ou grote op te volg. Uiteindelik kry ons n helicopter in die lug maar om met n dubbel daaruit te skiet gaan nie werk nie. Ek maak die voorstel dat die eienaar se goeverment uitheaal moet word. Dit is n ou 45/70 met n Aimpoint wat ek aan die begin van die jaar bietjie lewe gegee het en weet die oudjies werk mooi uit n voeltjie uit. So genoem en so gemaak. Symmo klim die hellie en kort na lank klap die skote, die goeverment doen sy ding met die 400gr hardcast en die bul val neer.
Almal is pootuit maar weereens is dit n voorreg om die groot dier te aanskou en weereens besef ons hoe bevoorreg ons is. Die aand om die vuur was baie vroliker selfs met vellose bene, ruggies wat ag is en die uitputting van die kilos agter die bul aan. Wat het verkeerd gegaan met die skoot? Die koeel het die bul onder die ken getref soos dit moet maar die koeel het nie sy deel bygedra nie. Om een of ander rede het die koeel nie reguit penetreer nie maar deur die nek spier gegaan en gedraai ban die blad toe, voor die blad en en agter die blad gaan sit……absoluut geen “vitals” getref nie. Ek gaan nie name noem nie maar hierdie was fabrieks ammunisie en was geskok in die resultaat. Met verdure ondersoek op die leeumannetjie het ons agtergekom dat die borsskoot se koeel onder die vel gesit het by die maag, skies my frans maar hoe de hel gaan n opwaartse skoot onder toe?
Goeie les vir die toekoms!! Ek het baie vertroue in my ladings en kombinasie vir my 470 NE en my 450/400 NE die peregrine platneuse gaan reguit en doen hulled eel.
Laaste dag
On sweet maar hoe gaan dit as dit jag, da is altyd nog so ou jikkie wat gekrap moet word en Symmo het nie baie oorreding nodig om n plathond aan te vat nie. Ons maak n ou dealtjie vas en so gebeur dit da tons weer op die voet is tussen Leeus, Buffels, Seekoeie en klomp ander wilds bokke. Ons gaan loer in elke dam en gat en soek na die regte een, n meneer. Die eerste stopplek is daar nie veel nie en vermoed hulle het deur die aand geskuif.
Krokodil jag is maar bietjie anders as bokke en katte en vibrasie op die grond speel n rol. Dis letterlik n bekruip om in posisie te kom en die krok lee lekker en bak in die son. Gelukkig het my 375 Ruger saam gekom met sy teleskoop en dit sou die regte resep wees selfs al is dit bietjie verder skote. Symmo kom in posisie en die 375 Ruger praat en vind sy merk, die stert swaai ek bek gaan oop en n ou twede skootjie maak hom rustig.
Witvleisbok
So deur die loop van die jaar het ek paar geleenthede gekry onder andere n Swart Rooibok en toe voel ek ek moet seker maar dan die ander kleure ook skiet aangesien ek reeds al twee van hulle het. Die Whiteflank het ek die eerste keer in Steenbokpan langs die pad gesien en was onmiddelik reggop in die voertuig. Min het ek geweet ek sal die jaar die geleentheid ook kry.
So soek ons toe n mooi ram maar die Nyalas wil die heeltyd bakkie ry en stap elke nou en dan agter n gepaste ram deur. Geduld is die sleutel en die volgende oomblik kom daar n mooi ram tevoorskuin. Die 375 Ruger praat en die skoot slaan hom net bo die kuiltjie en hy wil roerloos neer. N Pragtige bok en n prag trofee en hopenlik sal hy in my kantoor hang middle Januarie 2022.
Ter afsluiting
Ek is deesdae baie sentimenteel en die bos en natuur is dieper in my are as ooit. Hierdie jag het ek net my Whiteflank geskiet maar elke oomblik sal ek die res van my lewe onthou en glo Symmo sal dieselfde se!!
Soos ek hierdie storie skryf het ek paar dae terug nog n leeuwyfie gejag en dit was die moeilikste en mees lonende jag wat ek ooit gedoen het. Hopenlik deel ek homo ok binnekort.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2318
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Uit die oog van n grootwild Jagter, Simbas n Plathond en die Skuldeiser
Nog so paar fotos

Nog paar en moet bylas. Die TACTACAM wat ons beide gedra het het mooi gewerk en verseker iets om te dra as jy die gevaarlike goed aanvat.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Uit die oog van n grootwild Jagter, Simbas n Plathond en die Skuldeiser
Lekker Kobus!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

-
Maroelas
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Re: Uit die oog van n grootwild Jagter, Simbas n Plathond en die Skuldeiser
Dit was nou lekker lees! Dankie vir die deel!
N besonderse jag!
N besonderse jag!
- toelie
- Hero Member

- Posts: 926
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: Uit die oog van n grootwild Jagter, Simbas n Plathond en die Skuldeiser
Mooi storie Kobus, met daai kamera foto leef mens jouself in eintlik hoe naby daai kat aan julle was, benoude oomblikke
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2318
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Uit die oog van n grootwild Jagter, Simbas n Plathond en die Skuldeiser
Daar was verseker n paar benoude boude op daardie stadium!!Wat vir my altyd interesant is…..dat n man so rustig en gefokus kan word in so n situasie. As ek so kon fokus op skool was ek sekerlik een of ander professor in n rigting 
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- toelie
- Hero Member

- Posts: 926
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: Uit die oog van n grootwild Jagter, Simbas n Plathond en die Skuldeiser
Haha nee wat, n ware jagter se hart bly altyd in die bos. Al is jy n prokerower en of of
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: Uit die oog van n grootwild Jagter, Simbas n Plathond en die Skuldeiser
Dankie Kobus,
Lekker vertel en gejag!
Lekker vertel en gejag!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Uit die oog van n grootwild Jagter, Simbas n Plathond en die Skuldeiser
Dit klink soos propperse jag!!!
Baie geluk aan jou vriend.
Hornady
Baie geluk aan jou vriend.
Hornady
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Uit die oog van n grootwild Jagter, Simbas n Plathond en die Skuldeiser
Baie mooi vertel en tipies Afrika!! Baie geluk, dis herinneringe vir meer as 'n leeftyd.