Elandjag in KLein-karoo met GS Customs
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Elandjag in KLein-karoo met GS Customs
Dagsê
Ek het onlangs die geleentheid gehad om twee elande te gaan jag naby Ladismith in die Wes-Kaap. Dit het ’n baie interessante en lekker jag geraak en ek vertel kortliks.
Die plaas is 7200ha groot en daar is elande, koedoes, gemsbokke en sebras. Die eienaars kon hierdie jaar nie hul volle kwota elande geskiet kry nie en een van hulle het my gevra of ek belangstel om die orige vier te probeer skiet wat hulle nog verwyder wou hê.
Die plaas lê noord van Riversdale in die Klein-karoo en die terrein bestaan uit oop vlaktes golwende heuwels en berge. Vir my was dit ’n goeie geleentheid om te gaan kampeer en om die GS Custom-koeëls op groot bokke te gebruik. Ek het my .30-06 gebruik en 150gr GS-koeëls gelaai teen 2650vps. Dis baie stadig vir hierdie ligte koeël maar die lae trompsnelheid sou wys of die koeëls betroubaar oopmaak. Die gedagte was om bladskote te skiet.
Ek was nog net twee keer tevore op die plaas en is ’n gedeelte op die plaaskaart gewys waar die elande gereeld gesien word. Daar is ’n kolletjie ghwarriebome in dié omgewing en ek het besluit om sommer daar tent op te slaan. Die paaie, gronddamme, ensovoorts is baie goed gemerk op die kaart so dit was maklik om by die ghwarriebome uit te kom. Toe ek na die bome toe ry, het ek die elande daar naby, by ’n gronddam, aangetref (ongeveer 600m van die bome af). Hulle het dadelik die pad gevat toe hulle die bakkie sien. Ek het toe eers gaan kamp opslaan en het daarna in die algemene rigting gestap waarin die elande gehardloop het.
Net oor die 3km van my kamp af het ek hulle toe weer gewaar maar die hele trop (daar was 47 bokke) was in ’n groot vlakte en daar was geen manier om ongesiens naby genoeg te kom vir ’n skoot nie. Die naaste wat ek ongesiens aan hulle kon kom, was 583m. Dus het ek hulle ’n tyd lank dopgehou en toe teen sononder teruggestap kamp toe.
Die volgende oggend is ek net na 7-uur te voet uit die kamp weg en het besluit om weer te gaan soek waar ek die elande die vorige namiddag gelos het. Op pad soontoe kon ek drie koedoebulle in ’n kloof bekruip tot op 145m en ek het mooi foto’s van hulle geneem.
Naby die plek waar ek die elande die vorige middag gesien het, het ek twee bokke se vars spore en vars mis oor ’n rantjie sien gaan en ek het dit toe gevolg. Toe ek oor die rant loer, het ek die elande in ’n laagte skuins onder my sien staan. Die helfte van die trop, waaronder die tropbul, was 258m reg voor my en die res was links van my so ’n bietjie oor die 300m weg (ek moes die jonder bulle skiet). Voor ek egter enige planne kon maak, het ’n bobbejaanmannetjie wat aan die voet van die rant onder my was, my gesien en met ’n groot spoed weggehardloop. Die elande is natuurlik agter hom aan in een groot stofwolk. As ek ’n bobbejaan kon doodwens, het ek dit gedoen!
Die elande het op 717m van my af gestop en toe daar rustig geraak. Na meer as ’n uur het ek besluit om buite sig van die elande na die punt van die rant te beweeg maar dit het my net tot op 439m van die trop af gebring. Daar het ek toe maar weer gesit en wag en na seker ’n halfuur het dit begin lyk asof die elande weer in die laagte op, in my rigting begin beweeg. Ek is toe weer terug na my oorspronklike plek op die rant in die hoop om een te skiet as hulle naby genoeg kom.
Die elande het net ’n klein bietjie nader beweeg en toe weer weereens vasgesteek. Al wat ek kon doen was om te wag. En toe draai my geluk. Na seker so 20 minute het ek skuins regs van my aan die anderkant van die laagte waar daar ook ’n rant was, beweging gesien… twee gemsbokke! Hulle was seker so 800m weg en een bok het die ander een gejaag. Toe begin die voorste bok brul terwyl hy hardloop. Hy het so effens draai-draai gehardloop en die hele tyd gebrul terwyl die ander een kort op sy hakke volg.
Hulle het reguit in my rigting gehardloop en toe ek weer sien, het die elande op ’n stywe draffie nader gekom. Hulle was duidelik nuuskierig oor die gemsbokke se lawaai. Dit was gou duidelik dat die gemsbokke reguit op my afpyl en ek het my reggemaak daarvoor dat hulle my sou sien en weer die elande die skrik op die lyf jaag. Maar gelukkig het hulle dadelik oorgeslaan na ’n stappie toe hulle die rant bereik waarop ek sit. Die voorste bok is skaars 20 treë voor my verby. Sy bek het oopgehang en hy het gehyg na asem.
Toe hy verby my is, was die elande reg onder die rant op 230m en ek het ’n bul geskiet wat aan die voorpunt van die trop vasgesteek het. Toe die koeël tref, het die bul gebokspring en weggedraf maar skaars 30 treë verder neergeslaan. Die res van die trop het na my linkerkant gehardloop en weer vasgesteek. Ek het sowat 10m na regs beweeg en weer gaan sit. Die bokke het gemaal en toe ’n bul effens weg van die trop beweeg het ek hom laag agter die blad geskiet. Hy het so 10m gedraf, toe vasgesteek en begin wieg vir ’n paar sekondes. Toe het hy neergeslaan, probeer opstaan, maar bly lê. Sy kop het gesak tot sy neus die grond raak en toe jaag ek sommer ’n koeël deur sy kop. Die afstand was 210m.
Toe ek by die tweede bok kom het ek weereens gesien dat jy versigtig moet wees met monometaalkoeëls en kopskote. Die koeël was tussen die oog en oor geplaas maar die uitgangswond was net baie effens groter as kalibergrootte.
Die bokke is by JC Slaghuis se slagpale op Riversdale geslag en Eddie ten Hoope het vir my die koeëls herwin aangesien ek op die plaas agtergebly het. Die koeëls is by beide bokke in die verste blad herwin en het onderskeidelik 149.8 en 149.9gr geweeg en hulle het mooi geblom. Soos julle op die foto’s kan sien was die vleisskade gering.
Hierdie plaas sal ’n langafstandjagter se droom wees want die terrein leen hom daartoe om lekker lang skote te kan neem. Die plek is egter glad nie oop vir kommersiële jag nie.
Mooi loop

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Elandjag in KLein-karoo met GS Customs
Hier is nog foto's van die karkasse
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Elandjag in KLein-karoo met GS Customs
En so lyk die koeëls en my kamp
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Elandjag in KLein-karoo met GS Customs
Daai koeëls lyk mooi. Dankie vir die deel!
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Elandjag in KLein-karoo met GS Customs
Dankie vir die deel Koos. Klink na 'n baie lekker jag! Watse rus het jy daar in die veld gebruik? Net nuuskierig...
Mooi aand daar!
Mooi aand daar!
-
Ranger
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am
Re: Elandjag in KLein-karoo met GS Customs
I’m shooting the same 150’s out of my 30-06 (at around 2900fps) and I’ve never recovered a bullet. Nice to see how much they do mushroom.
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Elandjag in KLein-karoo met GS Customs
Hein ek het sommer so 'n los tweepootstokkie wat ek saamdra en uit die sitposisie gebruik.
Mooi loop
Mooi loop
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Elandjag in KLein-karoo met GS Customs
Koos, dankie vir die fotos en storie. Is dit die nuwe GS koeëls wat jy vroeër oor geskryf het?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Elandjag in KLein-karoo met GS Customs
Ja Marius dis die nuwes
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Elandjag in KLein-karoo met GS Customs
Daardie koeëls het effens anders geblom as wat ek van die ou GS onthou. Miskien is die koper sagter en dit lyk nou baie soos 'n Barnes met hul skerp snykante.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Elandjag in KLein-karoo met GS Customs
Koos, is dit nodig om sulke stories te plaas? Ek dink die mods moet 'n draad oopmaak waar slegs 75-jariges en jonger dit mag lees!!
(Grappie)
Baie geluk, Koos. Mag daar vir jou nog vele ondervindings van hierdie aard wees. Ek glo egter jy jag nie meer kaalvoet nie.

Maroelas
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Re: Elandjag in KLein-karoo met GS Customs
Dankie vir die lekker storie Oom Koos!