Savage Axis II 30-06 probleme
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
Savage Axis II 30-06 probleme
Middag almal.
Ek het advies nodig. My pa het ‘n Savage Axis II 30-06 gekoop sowat 2 jaar gelede. Die geweer se akkuraatheid was redelik (nie 1MOA nie), maar ons het dit toegeskryf aan die swak plastiek kolf en die feit dat die 30-06 wat so lig is redelik skop. As eerste stap het ons die kolf gevul met epoxy. Dit het die recoil verlaag, maar niks aan die akkuraatheid gedoen nie. Volgende het my pa ‘n Warrior GEN 4 chassis gekoop en ‘n knaldemper laat opsit. Die geweer skiet nou bont. Die Savage se sneller sit onder die aksie, wat dit baie moeilik maak vir die aksie om mooi te le op die bedding ( ek dink nou maar itv ‘n Howa), sine foto. Dit wil voorkom asof die aluminium chassis nie flex soos die plastiek nie, en nou oneweredig druk op die aksie plaas. Ons was vanoggend by die geweersmit en toe hy die voorste bout los maak kon jy sien die loop beweeg bietjie (amper soos wipplank). Hy was ook verdag hieroor en sal verder na dit kyk en terugkom na ons.
Volgens die geweersmit lyk die loop nog nuut.
Ek wil graag weet of enige iemand anders al so iets gesien het. Verder sal ek ook wil weet of iemand al bv ‘n ander kolf op hul Savage gesit het of dit moontlik ge bed het.
Ek het toetse gedoen met en sonder knaldemper, geen verskil.
Ek het my Creedmoor se teleskoop opgesit om seker te maak dis nie sy scope nie ( sy geweer het 'n 10 MOA picatinny rail op). Geen verskil.
Ons het nuwe Winchester doppe gekoop. Ek het gelaai, en die klaar gelaaide ammunisie geweeg, dit was goed. Geen verskil.
Ons het N550 en H4350 probeer. Kannie 'n verskil sien nie.
Ek, my pa en my broer se seun het geskied. Ons al drie sien dieselfde
Dankie

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8005
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage Axis II 30-06 probleme
Sien julle nou dat julle eerder 'n Howa moes koopgerrie_CPT wrote: Mon Jul 26, 2021 2:03 pm Ek, my pa en my broer se seun het geskied. Ons al drie sien dieselfde
Skuus, sterkte en ek is seker hier is iemand wat beter advies kan gee
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2128
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Savage Axis II 30-06 probleme
Gerrie, hoe het julle die lading uitgewerk? Het jy die kroon gecheck en was die aksie skroewe getorque? Wanneer laas het julle koper uit die loop gehaal? Kom ons begin by die maklike goed dan skakel ons uit
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3529
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Savage Axis II 30-06 probleme
Dit is n savage....... So my advies gaan nie wees wat jy wil hoor nie.
Sterkte
Sterkte
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
Re: Savage Axis II 30-06 probleme
Die lading is gedoen met QL. Ons het nog 'n 30-06 wat 100% skiet. Ek is nie naby maks druk nie, en dit is beslis nie die lading of die laaiproses wat die probleem is nie. Om dit verder te bevestig het ek ook spoed toetse gedoen en die verskil is aanvaarbaar.
Loop is skoon, het self bore paste daar deurgesit . Dit is in elk geval moeilik om te glo 'n wapen wat 2 jaar oud is, en nie so baie geskied het nie, kan so vuil wees dat jy sukkel om 'n tyke te tref op 100m (ons praat van 5 duim groepering op 25m).

OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 958
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Savage Axis II 30-06 probleme
In die verlede was 'n 1 MOA geweer beskou as besonder akkuraat. Deesdae is daar baie fabrieksgewere wat sulke akkuraatheid bied, maar dit is nie 'n gegewe met intreevlak massaproduksie gewere nie.
Jy praat nou van 'n 5 duim groepering op 25m! So geweer is tans nutteloos.
Daarteenoor sê jy "die geweer se akkuraatheid was redelik" met die "swak plastiek kolf". Ek wil my verstout om te sê daardie plastiek kolf was dalk nie so sleg nie.
In die volgende artikel word presies hierdie geweer beskou as 'n akkurate geweer en tog wys die resultate ongeveer so gemiddeld van 2 MOA:https://rangehot.com/savage-axis-30-06- ... -reliable/
Dalk moet julle hou by die plastiek kolf en maar aanvaar dit is 'n jaggeweer vir gebruik tot op so 200m. Ek glo baie mense het onrealistiese verwagtinge van nuwe fabrieksgewere. Daar is egter goeie redes waarom manne wat kompetisie skiet spesiaal gewere laat bou of ten minste duur gewere aanskaf wat spesifiek vir daardie doel ontwikkel is.
Jy praat nou van 'n 5 duim groepering op 25m! So geweer is tans nutteloos.
Daarteenoor sê jy "die geweer se akkuraatheid was redelik" met die "swak plastiek kolf". Ek wil my verstout om te sê daardie plastiek kolf was dalk nie so sleg nie.
In die volgende artikel word presies hierdie geweer beskou as 'n akkurate geweer en tog wys die resultate ongeveer so gemiddeld van 2 MOA:https://rangehot.com/savage-axis-30-06- ... -reliable/
Dalk moet julle hou by die plastiek kolf en maar aanvaar dit is 'n jaggeweer vir gebruik tot op so 200m. Ek glo baie mense het onrealistiese verwagtinge van nuwe fabrieksgewere. Daar is egter goeie redes waarom manne wat kompetisie skiet spesiaal gewere laat bou of ten minste duur gewere aanskaf wat spesifiek vir daardie doel ontwikkel is.
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2128
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Savage Axis II 30-06 probleme
Ai jai jai. Het julle hom al weer probeer in die ou kolf skiet?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2148
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Savage Axis II 30-06 probleme
My pa se Sauer 80 i(308) het skielik so bont begin skiet.
Die geweersmid het n klippie tussen die loop en die kolf gekry.
Daar moet iets wees wat n ongewone druk uitoefen: óf op die loop (onwaarskynlik omdat n ander kolf dit vererger), óf op die aksie, of dalk is daar iets fout met die slot, of die kamer is dalk skeef gesny.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13574
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Savage Axis II 30-06 probleme
Kyk na die tang agter hoe hy in die kolf sit, Savage gewere hou nie daar van as die tang vas gedruk word nie en dan kan jy met jou skroewe se torque speel. 5" groepe op 25m is n drastiese probleem maar as daai tang stuif vas getrek word kan dit wees dat die aksie amper skeef trek
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Savage Axis II 30-06 probleme
Kan dalk wees dat die aksie nou onder stress is soos cappie séCapt. Oblivious wrote: Wed Jul 28, 2021 8:53 am Kyk na die tang agter hoe hy in die kolf sit, Savage gewere hou nie daar van as die tang vas gedruk word nie en dan kan jy met jou skroewe se torque speel. 5" groepe op 25m is n drastiese probleem maar as daai tang stuif vas getrek word kan dit wees dat die aksie amper skeef trek
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1369
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Savage Axis II 30-06 probleme
Kyk ek wil nou nie snaaks wees nie maar as 'n geweer van 1" groepies op 100m gaan na 5" groepe op 100m is daar iewers iets drasties fout. Ek dink Cap is reg - die nuwe kolf trek die aksie so krom dat daardie ding hoegenaamd nie gemaklik in die kolf lê nie - met ander woorde die slot en aksie en die loop kyk nie almal in dieselfde rigting nie. So jy mik A maar die loop kyk B - en B verander soos wat gewere maak as jy skiet.
Die raad is hierbo al gegee, en dit klink dalk snaaks, maar sit die ding terug in die ou vrot kolf en kyk wat maak hy dan. Ek het baie dieselfde gehad met my Rem 700 SPS. In die SPS kolf (absolute gemors kolf) het die ding so rondom 3" groepe met fabrieksammo geskiet. Toe ruil ek die kolf vir 'n ander een (ingevoerde een wat ek nou nog het) maar tot my verbasing verander niks. Toe laat pak ek die kolf en nogsteeds niks verander nie.
Toe laai ek my eie ammunisie en nou skiet die ding 1/2" groepe redelik gemaklik. Ek is 99% seker hy sou amper net so goed geskiet het met die SPS kolf.