9mmP primer pocket skoonmaak

Post Reply
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

9mmP primer pocket skoonmaak

Post by HeinM »

Hallo mede herlaaiers!

Ek verkies om die 9mil doppies se primer pockets mooi skoon te maak en te sny voor ek dit herlaai. Is daar iemand wat 'n vinnige en effektiewe manier het om dit te doen? Ek doen nie wet tumble nie...

Hoor graag!
Last edited by HeinM on Tue Jul 13, 2021 1:16 pm, edited 1 time in total.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: PmmP primer pocket skoonmaak

Post by alecjohnson »

Beste manier waaraan ek kan dink is koperdraad bundel wat in primer pocket pas, knyp vas in batteryboor, en probeer.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: PmmP primer pocket skoonmaak

Post by Arnold »

Klink of jy regtig baie tyd op jou hande het. Sny en skoonmaak is daar net een tool voor en in 'n prepstasie of handboor is seker die vinnigste.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: PmmP primer pocket skoonmaak

Post by tripodmvr »

Vir pistoolskiet sal ek nie met dit bodder as die slagdoppe ingaan en onder die dopvlak is nie. Daardie bietjie koolstof het geen effek op die ontsteking nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2162
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: PmmP primer pocket skoonmaak

Post by Ds J »

Middag Hein, die enigste rede om die slagdopkamer te sny is wanneer jy militêre (berdan) doppies vir boxer slagdoppe wil oopsny.

Vir die res kan jy hulle elke derde of vierde keer met n borsel skoonvee.

n BAIE ervare skut het n goeie, goue reël vir 9mmP waarvan ek regtig hou: "Moenie sukkel nie, skiet hulle tot hulle kraak."
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: PmmP primer pocket skoonmaak

Post by Alwin »

Ek hou ook daarvan om die slagdopholte skoon te maak. Nat tuimel is seker die maklikste en veiligste metode.

My alternatiewe metode is om 'n stukkie staal kabel te gebruik. Die stukkie kabel is 4mm diameter en omtrent 50mm lank. Draai eers isoleerband om die stuk, voordat jy dit afsny, anders val alles uitmekaar. ("Heat shrink" sal ook goed werk.) Die punte word dan mooi plat geskuur met 'n amarilwielslyper. Ek knyp die stukkie kabel in 'n hand-boormasjien se kloukop sodat dit effens uitsteek en klamp die boormasjien in 'n horisontale staander. Stel die spoed dat hy stadig draai. Nou druk ek die dop se kopkant baie kort oor die stuk kabel. Moenie te lank of te hard druk nie, daai kabel vreet geelkoper. Indien die slagdopholte enige uitsteeksels rondom die vlamgat het, druk bietjie en kyk kort-kort, todat dit weggevreet is. Laat val doppie en gryp die volgende ene. Sodra jy in 'n ritme begin werk gaan dit baie vinnig.

Die nadeel van hierdie metode is dat dit heelwat van die swart slagdopresidu uithaal. Hierdie residu is hoogs giftig, want dit bevat lood-verbindings. Maak seker dat jy dit veilig verwyder en nie inasem nie. Moenie aan jou gesig vat nie en was hande ens. Probeer ook om nie jou vingers in die draaiende kabel te druk nie...
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: PmmP primer pocket skoonmaak

Post by HeinM »

Baie dankie vir die terugvoer. Ek waardeer!

Ek moes seker genoem het dat ek dowwerds gekry het met S&B slagdoppies wat nie afgegaan het nie. Ek vermoed dit is deels te wyte aan die feit dat die slagdoppie in 'n vuil "primer pocket" nie diep genoeg geseat is nie. Die swart neerslag verhoed dit. As ek nie die "primer pocket" sny nie, kry ek soms slagdoppies wat skeef seat met die priming proses... Weereens sommige fabrikate... Daarom die moeite wat ek doen. Dit is werklikwaar 'n pyn in die g*t om dit alles te doen. Dit is egter nog slegte om tydens 'n opleiding / kompetisie dowwerds te kry. Dit het my onlangs - tot my verleentheid oorgekom.

Dankie Alwyn vir daardie heads up! Ek het so 'n kabeltjie iewers en sal dit beslis probeer!

Veilig wees almal. Waar julle ookal is! ;)
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: PmmP primer pocket skoonmaak

Post by HeinM »

Arnold wrote: Mon Jul 12, 2021 4:48 pm Klink of jy regtig baie tyd op jou hande het. Sny en skoonmaak is daar net een tool voor en in 'n prepstasie of handboor is seker die vinnigste.
;D Ja-nee, ek maak nogal tyd. Ek gebruik daardie sny-tooltjie en 'n klein platbek skroewedraaiwer en die vat URE... Ek sny seker vir myself 'n lat... Ek dink dat 'n wet tumbler met stainless steel media heel moontlik die oplossing gaan wees...

Groetnis!
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: PmmP primer pocket skoonmaak

Post by Louis Kriel »

Ds J wrote: Mon Jul 12, 2021 5:32 pm Middag Hein, die enigste rede om die slagdopkamer te sny is wanneer jy militêre (berdan) doppies vir boxer slagdoppe wil oopsny.

Vir die res kan jy hulle elke derde of vierde keer met n borsel skoonvee.

n BAIE ervare skut het n goeie, goue reël vir 9mmP waarvan ek regtig hou: "Moenie sukkel nie, skiet hulle tot hulle kraak."
Presies. In 1992 met my Gen2 Glock, het ek doppe net so vuil gelaai, Toe het ek later ge-tumble wet en dry, nou's ek weer terug by net was in water met seep nadat ek ge-resize/deprime het. NIKS anders nie.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 9mmP primer pocket skoonmaak

Post by Alwin »

Ek vind dat rewolwers meer geneig is om 'n slagdoppie nie af te sit nie, as 'n pistool. Dis nou veral in dubbelaksie-modus, omdat die hamer nie heeltemal so ver agtertoe gespan word as in enkelaksie modus nie. As mens die slagdopholte skoonmaak en seker maak die slagdoppies sit perfek, dan verdwyn die probleem.

Sekere pistole, veral Glocks en CZ75's, se slagpen tref ook nie die slagdoppies verskriklik hard nie. (Die Beretta 92 en Browning HP slaat hulle weer baie harder.) Dit maak dat slagdopkeuse en perfekte passing belangriker is om betroubare ontsteking te bewerkstellig. Perfekte passing kan nie gedoen word as daar 'n klomp harde residu in die slagdop se pad sit nie. Ek spandeer eerder 'n ekstra uur in die herlaaikamer as 'n ekstra sekonde terwyl die tydhouer loop.

Die tydsame proses is seker nie nodig vir almal nie, maar my OCD vereis dit absoluut. ++>:
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2162
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 9mmP primer pocket skoonmaak

Post by Ds J »

Ek het n tyd gelede gelees dat slagdoppe met n "veiligheidsfaktor" gemaak word. Dit beteken hulle moet redelik deeglik ingepers word, dan skuif die aambeeldjie tot teen die lading, en dan ontsteek hulle met groter sekerheid.

Terug na die OP: druk die slagdoppe uit, en dan was jy die doppe in sitroensuur en skottelgoedseep. Dit maak alreeds n deel van die aanpaksel los. As jy hom dan deeglik tuimel is n groot deel van die werk gedoen.
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: 9mmP primer pocket skoonmaak

Post by Forester »

Ds J wrote: Tue Jul 13, 2021 9:45 pm Ek het n tyd gelede gelees dat slagdoppe met n "veiligheidsfaktor" gemaak word. Dit beteken hulle moet redelik deeglik ingepers word, dan skuif die aambeeldjie tot teen die lading, en dan ontsteek hulle met groter sekerheid.

Terug na die OP: druk die slagdoppe uit, en dan was jy die doppe in sitroensuur en skottelgoedseep. Dit maak alreeds n deel van die aanpaksel los. As jy hom dan deeglik tuimel is n groot deel van die werk gedoen.
+1

Dit is presies wat ek doen, deprime met universal deprimer, sonic clean en tumble om droog te maak. Die gewone sizing die maak seker dat daar niks in die vlamgat is nie. Ek het nog nooit 'n probleem gehad met 'n primer wat nie wil ontsteek nie.
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
Post Reply