Nuwe loop

Post Reply
User avatar
le-grange
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Mon Apr 02, 2018 3:22 pm

Nuwe loop

Post by le-grange »

More kerels

Wil graag custom loop op my geweer sit, my vraag is wat is prosedure en hoe lank vat dit?

Groete
Ben

Sent from my SM-G532F using Tapatalk
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Nuwe loop

Post by Gian_dP »

Jy moet verslag van geweersmit kry en aansoek doen om loop te vervang by DFO. SAPS gee dan toestemming vir die werk om gedoen te word.

As werk klaar is, doen jy aansoek vir verandering van jou lisensie. Jy kry dan nuwr kaartjie met vustom loop se besonderhede op.

Daar is blykbaar verbod tans op loopvervangings met 'n hofsaak op pad, selfs sonder dit kan die proses enige iets van 6 maande tot paar jaar neem.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
le-grange
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Mon Apr 02, 2018 3:22 pm

Re: Nuwe loop

Post by le-grange »

Sjoe,dis n proses.dalk makliker om nuwe geweer te koop!

Dankie Gian.

Groete
Ben

Sent from my SM-G532F using Tapatalk
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Nuwe loop

Post by Gian_dP »

le-grange wrote:Sjoe,dis n proses.dalk makliker om nuwe geweer te koop!

Dankie Gian.

Groete
Ben

Sent from my SM-G532F using Tapatalk
Hang maar af waarna jy op soek is. Jy kan nie altyd alles in n rak geweer kry wat jy wil hê nie.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
le-grange
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Mon Apr 02, 2018 3:22 pm

Re: Nuwe loop

Post by le-grange »

Ja dis waar,ek wil so graag n krieger 6mm loop 1/8 twist 26 duim op my 243 sit.
Hy sal darm lekker gooi.

Miskien is dit die moeite werd om dit te doen en bietjie te wag.

Sal net hartseer wees as ek geld spandeer en jy kry nie lisensie.

Sent from my SM-G532F using Tapatalk
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Nuwe loop

Post by OosKaapJagter »

Ek sien dat Martin Hood prokureurs op pad is met 'n hofaansoek teen die gesloer en gesukkel met loopvervangings. Daar is 'n versoek van SA Jagters dat hulle lede inligting verskaf wat kan dien as skietgoed in die hofsaak. SA Jagters lede kan dit deurstuur na petrus@sahunt.co.za

Hulle vra:
Volle naam en van.
Id nommer.
Kontak telefoonnommer.
Vuurwapen wat jy wou verander: Fabrikaat, tipe (pistool, geweer, ens.), vuurwapen reeksnommer, kaliber, veranderings waarvoor aansoek gedoen is.
Datum van aansoek vir veranderings.
Polisiestasie waar aansoek ingedien is.
Kort beskrywing van die aard van die probleme wat ondervind is.

SA Jagters gaan dit glo aan Martin Hood deurstuur. Diegene wat nie lede is van SA Jagters is nie en sukkel met soortgelyke probleme kan dalk oorweeg om self vir Martin Hood te kontak met die inligting. Kry sommer die inligting op google en doen dit dalk in Engels, want hofstukke word deesdae in Engels opgestel.

Ek ken nie vir Martin Hood nie en stel nie belang om 'n loop of kaliber te verander nie. Ek sien egter die frustrasie van forumlede wat met die proses sukkel.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nuwe loop

Post by tripodmvr »

Ek dink selfs al is jy nie 'n SA Jagterslid nie, sal 'n groot volume inligting die saak al hoe sterker maak. Stuur dit aan Petrus en kom ons kyk of daar nie 'n bietjie aandag aan die saak verleen kan word nie. Op 'n motorkar is bande dele wat vervang moet word weens slytasie. Netso is dit logies dat 'n loop uitgeskiet word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Nuwe loop

Post by Toxxyc »

tripodmvr wrote: Fri Dec 11, 2020 5:51 amNetso is dit logies dat 'n loop uitgeskiet word.
Ek dink Oom maak die fout om aan te neem SAPS en CFR dink logies oor enigiets in die wet.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Nuwe loop

Post by Andre308 »

Die loop vervang ding is nou al n tyd lank n probleem. Ek is binne die volgende 6 maande in die selfde boot met my 6.5.

Die ander manier wat nog werk is om n loop te koop wat klaar met n gesnyde kamer kom. Ons het meer as 3 loop vervaardigers in SA. Dit is die roete wat ek gaan volg. Gaan die loop vervaardiger vra om n loop vir my te maak wat klaar 100% pas en headspace op my aksie en dan doen ek aansoek vir n barrel rifle en dan het ek n "switch barrel" geweer se lisensies. My 300 winmag en 338 RUM loop klaar so.

En voor julle sê...ja, ek wil ook n Krieger, Brux of daai lekker lope he, maar tans gaan ek vir die opsies wat oop is.

Groete
Andre
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 994
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Nuwe loop

Post by Kallie Fernhout »

Net vir interessantheid, wat se kaliber gaan jy sny?
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Nuwe loop

Post by Andre308 »

Kallie Fernhout wrote: Fri Dec 11, 2020 4:56 pm Net vir interessantheid, wat se kaliber gaan jy sny?
Ek kyk maar nog rond. Miskien gaan my oe oop vir n lekker 6.5x55 AI....
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Nuwe loop

Post by Lategan1 »

André, sien die loop twyfel hou jou wakker! Nagskof :police:

Ek is nie vertroud met die proses nie, maar steek ook kers op by die benchrest manne. Hulle het verskeie lope wat hul gebruik. Miskien is dit in lyn met jou gedagte hier.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Post Reply