Solar Druk pomp

Post Reply
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Solar Druk pomp

Post by Apie »

Dag Manne

Het iemand al so iets teegekom en enige ervaring?

My huiswater kom uit ‘n gewone 5000l JOJo tenk en word met ‘n 220v 1.1kw pomp gevoer.

Ek wil egter die ding van Eskom probeer afkry.

Enige voorstelle?


Sent from my iPhone using Tapatalk
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Solar Druk pomp

Post by J le Roux »

Ek het 'n hele paar jare terug met Terry Moss van Allpower in Port Elizabeth gewerk. Hul toerusting is van hoogstaande gehalte en ek verstaan hylle gaan van krag tor krag.

014 4513936
solar@allpower.co.za
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
marthinus100
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am

Re: Solar Druk pomp

Post by marthinus100 »

Hello Apie,
Ek en jy het dieselfde probleem. Ek wil vir my eers n groter pressure accumulator insit in die lyn van so 200liter. Ek behoort darm so die helfte as bruikbare kapasiteit tot beskiking kan he.
Hierdie ouens het sover die goedkoopste kwotasie gegee https://www.afripumps.co.za/accessories ... cal-10-bar
Die pomp behoort dan darm heelwat minder te stop start en krag te spaar. Ek sal daarna solar gaan sodat jy in die aande nie die pomp nodig het nie. Ek glo nie jy gaan veel spaar om direk solar te gaan met n pomp wat elke keer as jy n kraan oopdraai start in die aand van n battery af nie.
Glock 17 Gen4
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro
Brno Mod 2e
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Solar Druk pomp

Post by Apie »

Probleem van ‘n drukpomp deur die dag

Toilet spoel en neem 5 minute om vol te tap - 1.1kw pomp loop 5minute om 15-20liter water te pomp.
Wasmasjien vat 10min per siklus om in te tap - weereens loop die drukpomp
Skottelgoed was ens..

Deur die aand is dit nie so groot faktor nie so as hy direk met son kan werk is dit ideaal


Sent from my iPhone using Tapatalk
marthinus100
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am

Re: Solar Druk pomp

Post by marthinus100 »

Dis my selfde probleem, dis waarom ek eerder n groter accumulator wil opsit om meer water te berg. Pomp start op en loop 10minute en kan ek 5 keer die toilet spoel en hande was sonder dat hy hoef aan te skakel.
Elke keer wat n motor aan skakel trek hy baie "inrush current" wat die munisipaliteit hulle lippe voor lek. Ek wil eers die gereelde skakel tye illimineer . As die pomp eers loop is hy nie so swaar op die krag as met skakel tye nie.
Daar is wel nadele met een groot accumulator volgens party mense wat se jy kry "water hamer" en moet eintlik twee kleiner tanks opsit, een by die pomp en een by die verste punt, maar dis n ander gesprek.
Glock 17 Gen4
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro
Brno Mod 2e
Post Reply