Dagse maters, ek was bietjie stil afgelope 3 maande - 'tranesport' broers...tranesport het my besig gehou.
Manne hier is n ou oom wat vreeslik swartrugjakke op die plaas het en hy het my gevra om te kom kyk of ek bietjie kan uitdun onder hulle.
Ek was gister na-middag gou daar en toe gaan ry ons so vinnig n draai dat die ouman my wys waar hy reken die beste voorsit plekke is. Die jakke loop sommer helder oordag in die grondpaadjies en voorbrande. Nog glad nie 'skelm' nie.
Ek wil more uitry en gaan voorsit en ek het gedink om n paar klanke saam te neem en sommer oor die bakkie se speakers te speel - net om te kyk wat gaan gebeur.
Is hier n plek op die werf, of ander 'link' waar ek so paar klanke wat vir Swartrugjakke bedoel is, kan aflaai op n USB ?
Swartrug Jakkals - roep klanke - waar op forum?
Moderator: Global Moderator
- FHM
- Hero Member
- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
- Location: Tsumeb, Namibia
Swartrug Jakkals - roep klanke - waar op forum?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Heinz Petersen
- Hero Member
- Posts: 1578
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
- Location: Kuilsrivier
Re: Swartrug Jakkals - roep klanke - waar op forum?
Kontak vir Albie "Jaktrap" hier op Jaracal. Hy en Taffie sit baie ure in om klanke op te neem en koop by hom n CD.
Ondersteun die manne wat baie tyd insit om dit moontlik te maak.
Ondersteun die manne wat baie tyd insit om dit moontlik te maak.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- FHM
- Hero Member
- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
- Location: Tsumeb, Namibia
Re: Swartrug Jakkals - roep klanke - waar op forum?
Dankie Heinz
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- prohunt
- Hero Member
- Posts: 818
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
- Location: Mosselbaai
Re: Swartrug Jakkals - roep klanke - waar op forum?
Hi FHM. Miskien moet jy net weer heroorweeg. Plekke waar jakkalse nog "dom" is, is baie skaars. Ek sou dus eerder baie goed voorberei het en nie iets doen wat sommer reg aan die begin die potensiaal het om 'n klomp skelm en slim te maak nie.FHM wrote: ↑Thu Aug 13, 2020 7:33 am Dagse maters, ek was bietjie stil afgelope 3 maande - 'tranesport' broers...tranesport het my besig gehou.
Manne hier is n ou oom wat vreeslik swartrugjakke op die plaas het en hy het my gevra om te kom kyk of ek bietjie kan uitdun onder hulle.
Ek was gister na-middag gou daar en toe gaan ry ons so vinnig n draai dat die ouman my wys waar hy reken die beste voorsit plekke is. Die jakke loop sommer helder oordag in die grondpaadjies en voorbrande. Nog glad nie 'skelm' nie.
Ek wil more uitry en gaan voorsit en ek het gedink om n paar klanke saam te neem en sommer oor die bakkie se speakers te speel - net om te kyk wat gaan gebeur.
Is hier n plek op die werf, of ander 'link' waar ek so paar klanke wat vir Swartrugjakke bedoel is, kan aflaai op n USB ?
Groetnis en seën
Johan
- Armand Steenkamp
- Hero Member
- Posts: 3480
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
- Location: Boesmanland, Tussen Kliprand en pofadder
Re: Swartrug Jakkals - roep klanke - waar op forum?
Ek stem 100% saam met Johan... As n jakkals eers loop slim raak het kos dit jou ongelooflik baoe om hom vrek te kry. Meeste van die tyd moet jy vir vader tyd wag! Waar is die plaas gelee? Daar is heelpaar manne wat die jakkals jag storie goed verstaan in nam. Kontak dalk vir Francois Marais.
Groetnis
Groetnis
- Eduard Venter
- Hero Member
- Posts: 1396
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
- Location: Pretoria
Re: Swartrug Jakkals - roep klanke - waar op forum?
Goeie raad hier bo. Ek het nie na daai raad geluister toe ek jonger was nie en dit het my baie duisende rande gekos om eventueel die skelm jakkalse dood te kry. Die laaste een lewe nou nog.
Nietemin klanke kan gekoop word op die Jaracal aanlyn winkel. Oom Hein het regtig goeie klanke wat al hordes jakkalse uitoorlê het:
https://www.jaracal.net/6-roepklanke-calls
Sent from my SM-A520F using Tapatalk