Goeiemôre mede-jagters,
Covid-19 het vanjaar die wêreld behoorlik op sy kop gekeer en ons is nog ver nie oor die storie nie, so natuurlik ook in baie ander lande. Huntex 2020 was maar een van die geleenthede wat ook moes les opsê deurdat dit eers net uitgestel is en toe later afgestel is. Dit lyk my een of ander "online" geleentheid is toe gereël waartydens verskaffers hulle produkte aangebied het. Ek't nie self daarby ingeskakel nie en dus het ek nie veel besonderhede daaroor en hoe suksesvol dit was in terme van aantal "online" besoekers en uiteindelike verkope nie. Almal hou in elk geval hulle beursies nadese stywer toe agv al die onsekerheid en verliese wat Covid-19 reeds veroorsaak het.
Wat reken julle gaan in die toekoms gebeur in terme van die formaat vam Huntex? Hier in Gauteng was dit elke jaar 'n groot geleentheid en besoekersgetalle het fluks gegroei, ook maar afhanklik hoe die ekonomie se stand lyk op daardie stadium. Sekere uitstallers het op 'n stadium onttrek van Huntex en begin om hul eie ding te doen en teen spesiale pryse te verkoop op hul eie persele in dieselfde tyd. Dit het natuurlik te doen met die baie hoë koste van vloerspasie huur en personeel ekstra betaal en verblyf, ens wat gepaardgaan met Huntex by 'n plek soos Gallagher Konferensiesentrum in Midrand.
Hierdie is sommer net 'n geselsie daaroor . . . wat gaan in 2021 en vorentoe gebeur met Huntex in Gauteng, ook natuurlik die kleiner geleenthede wat destyds in die Oos-Kaap en ook in die Wes-Kaap gehou is? Gaan Huntex terugkeer na die "sentrale perseel" formaat of liewers in ander gedaante sy weg vind vorentoe?
Huntex - Gauteng - hoe lyk die toekoms?
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Huntex - Gauteng - hoe lyk die toekoms?
Ek was maar teleurgestel in die online probeerslag. Dit kan verseker baie lekker werk om n virtual expo te hou. As die uistallers dan net die groot geld wat hul aan vloer spasie sou spandeer het in afslag gee sal dit werk.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Huntex - Gauteng - hoe lyk die toekoms?
Goeie voorstel, Plaashaas. Huidige verliese agv Covid-19 maak egter dat daar nie veel voordeel na die verbruiker se kant deurgegee word nie, al wil hulle ook.
