Kamer polish? krap op dop

Post Reply
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Kamer polish? krap op dop

Post by Eight »

Ek het n nuwe howa 243 na ackley laat sny. Gevuurde doppe kom uit met n krap soos gesien in die foto. Moet ek die geweer na n geweersmit neem om die kamer te polish, kan ek dit self doen met n mop en iosso op n boor of moet ek ne worrie daaroor nie? Die geweer is akkuraat en doppe sit nie vas nie.
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Kamer polish? krap op dop

Post by Eight »

Foto
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Kamer polish? krap op dop

Post by Jaktrap »

Naandse.
Ek het nou nie n Howa nie maar ek dink jy moet dalk kyk of die nie jou exstacter is wat die dop erens teen n skerp rand uittrek nie. My Savage het so gemaak.
Dit lyk vir my meer na n skuur merk as n slaan merk.
Hoop jy kom reg.
Mooiloop
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Kamer polish? krap op dop

Post by Andre308 »

Eight,

Daardie krap lyk of dit die raceway van die slot is wat hom krap en nie die kamer nie.

Probeer n dop sonder n krap keer met jou vinger om nie aan die kant van die aksie te raak met extraction. As hy dan nie die krap kry nie dan is dit n skerp rand op die raceway.

Jy behoort ook die randjie te kan voel met jou pinkie daar binne. N stukkie water papier geplak met superglue op n hout dowel werk om hom glad te skuur. Maar net seker jy hou daai skuur papier uit jou kamer uit.

Andre
J.A.N
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Wed Apr 15, 2020 8:38 pm

Re: Kamer polish? krap op dop

Post by J.A.N »

Net soos Andre308 sê.
My Howa 308 maak presies diesefde, veral as ek die slot stadig oopmaak. Sodra ek die slot met bietjie spoed oopmaak gooi hy die dop uit sonder merke.
Beretta 9mm
BRNO .22
Lee Enfield .303 Brit
Howa 308 Win
User avatar
vbd
Full Member
Full Member
Posts: 207
Joined: Wed Mar 06, 2013 9:16 am

Re: Kamer polish? krap op dop

Post by vbd »

Daai merk kan van die feeding ramp af ook kom wanneer die rondte uit die magasyn opgetel word. Probeer n rondte in d keel sit en skiet en kyk of die merk nog steeds daar is.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Kamer polish? krap op dop

Post by Arnold »

As jou aksie mooi geblueprint was en die sluitnokke is haaks gesny krap hy moontlik teen n skerp hoekie. Is dit waarna julle manne verwys?

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Post Reply