Check die kalant

Post Reply
User avatar
Wiehan111
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Sun Sep 12, 2010 6:26 pm

Check die kalant

Post by Wiehan111 »

[img width=360 height=480]http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... CN0288.jpg[/img]

Laas Sondag toe hoor ons die skape is onrustig , gaan kyk toe wat gaan aan en vang die wetter toe by hul.

Groete
25-06 Savage Tactical
User avatar
Wiehan111
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Sun Sep 12, 2010 6:26 pm

Re: Check die kalant

Post by Wiehan111 »

Weet nie of het hy gedink hy gaan met 'n lam weg stap nie ;)
25-06 Savage Tactical
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Check die kalant

Post by Kalahari »

Wiehan111

Help bietjie vir my. Muishond op steriods of wat se ding is die ???
Watter wereld kom hy voor?

Kalahari
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Check die kalant

Post by Lamtjop »

Wiehan.
Volgens my boek is daai n witstertmuishond en hul kan tot 4,5kg swaar word. Weet nie vanwaar jy is nie ,maar boek s? hul kom in die noord ooste van die rsa voor. By my is n lam gevang naby standhoudende water wat soos n kat se vang gelyk het. Stel toe kamera en neem toe n watermuishond( kommetjiegatmuishond) af wat daar kom eet. Of hy hom gevang het of net geaas het weet ek nie, maar ek het al sy skedel gesien en sy tande is net so groot soos my jack russels sin. Die witstertmuishond is groter as die watermuishond so hy behoort heel maklik n lam te kan vang.
Groete Tjops
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Check die kalant

Post by 222 »

Lam tjoppie

Dis hy daai Witstertmuishond. Hy sal hulle vang as hulle nog klein is, hier noem die boere hulle vleimuishond. Hy stink so snaakse stank partykeer maar ek dink dit hang maar af waar hy bly.

Hulle is nogal vollop hier in sekere gedeeltes
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Wiehan111
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Sun Sep 12, 2010 6:26 pm

Re: Check die kalant

Post by Wiehan111 »

Volgens my boek beskrywing se hy dat hulle donker grys van kleur is, met 'n donkerder maag en 'n wit stertpunt. So dis definitied hy daai.

Groete
25-06 Savage Tactical
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Check die kalant

Post by Kalahari »

Dankie manne

Nou weet ek ok dat mens sulke groot muishonne kry. By my in die Nam kalahari is net die klein gewone stink muishond.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Check die kalant

Post by James Wilson »

Lamtjop wrote: Wiehan.
Volgens my boek is daai n witstertmuishond en hul kan tot 4,5kg swaar word. Weet nie vanwaar jy is nie ,maar boek s? hul kom in die noord ooste van die rsa voor. By my is n lam gevang naby standhoudende water wat soos n kat se vang gelyk het. Stel toe kamera en neem toe n watermuishond( kommetjiegatmuishond) af wat daar kom eet.
my oorlede pa het my altyd vertel van kommetjiesgatmuishond,  hy het altyd vertel van hoe groot hulle kan word.  ek het al van sy stories vergeet.

wiehan dankie dat jy die foto geplaas het.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Check die kalant

Post by Gerhard »

ek sien hulle redelik gereeld in Bronkies se area en ook een in Ermelo omgewing gekry...

Dat hy n lam sal vang wonder ek...

Rotte muise en voels beslus.

Glo ook hy sal aas op n karkas.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Check die kalant

Post by 222 »

Gerhard

Hy sal nie uit sy pad gaan om n lam of skaap te vang nie.  Ek en my buurman het hulle al gekry waar hulle naby skaap is weet net nie wat hy gaan maak as hy pasgebore lammers kry nie. Draai-jakkals selfde as hy eers bederf is, is dit n ander storie.

Ek dink hy sal ook eerder gaan vir kuiken/eier tipe van kos. Sal hulle ook nou op my checklys sit van goete wat ek sien in die aand. Gedog dit gaan n stil week wees maar daar is paar manne wat se skaap nou lam en hulle het bietjie pyne. Sal deurgee as ek hulle in die week sien. 
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Check die kalant

Post by PITSMIT »

aaklige kalant :o ek sien hom

en kyk daai muishond ding by hom ;D ;D ;D
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Check die kalant

Post by foxripper »

Ek ken dit ook glad nie maar ek moet se, ek sal my vrek geskrik het as ek op daai ding moes afloop.
Soos Kalahari se, n muishond op steriods..  ;D
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
Hunter xxx

Re: Check die kalant

Post by Hunter xxx »

Dit lyk soos jou jag hond  ;D ;D
Slaap hy of is hy net moeg.
Ek sal hom seker ook maar siek as hy by skaap loop.
Hunterxxx
Post Reply