Wie het al buffel gejag?
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Wie het al buffel gejag?
Die taai buffel draad het nou weer lekker spanning en gespreke aangehuts met menings, feite en aanvallende kommentaar oor mede lede.
Maar kom ons kyk wie het al buffel suksevol gejag en in watter land of area in RSA?
Wie het buffel jag suksevol gegids in watter land of area in RSA .
My eie buffel (koei) Phalaborwa
Gegids: Malelane RSA, Hoedspruit RSA, Mosambiek Swamps, Tanzanie - Selous

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Wie het al buffel gejag?
Ek wil nou nie windgat wees nie, maar sal maar tot toevoeging van die gesprek hier inval:
My eie: 1 bul en 2 koeie - ek alleen en spoorsnyer
Saam met vriende 3 ander waar ek skouer aan skouer was.
En dan op 'n hele paar ander jagte waar mens nie altyd skiet kans gekry het nie.
Hoedspruit
Pongola
SuidKaap

Last edited by DWB on Sat May 23, 2020 6:07 pm, edited 1 time in total.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wie het al buffel gejag?
Hier waar ons nou meer tyd tot beskikking het, hoe lyk dit met jul jag in letters en hier geplaas?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Wie het al buffel gejag?
Dagsê
Ek het een buffelkoei geskiet en het die voorreg gehad hom haar alleen te kon bekruip en te skiet sonder enige back-up. Ek het my .375H&H Mauser gebruik, gelaai met 380gr Rhinos teen amper 1900vps. Die koei is skuins van voor op 19 treë geskiet en sy het seker so 20m gehardloop en toe gevrek. Verder was ek saam as toeskouer met Bismarck du Plessis toe hy sy buffel geskiet het. Dan het ek oor die jare heen op verskeie plekke by baie geleenthede buffels "gejag" en met dry firing "geskiet". Dit was in die Pongola-area (5000+ ha sonder binnedrade) op Otterskloof (14 000ha sonder binnedrade) en Wintershoek (op twee van hul eiendomme). Soms was die buffels onbewus van my en soms het hulle my gewaar. Een dag op Wintershoek het ek 'n springbok geskiet in 'n area waar daar 'n trop buffels was. Die buffels het die skoot gehoor en nader gekom. Toe ek klaar die bok se pens uitgehaal het en begin aanstap het, het die trop buffels my begin volg uit nuuskierigheid (neem ek aan). Hierdie was 'n teeltrop en dus mak buffels. Omdat ek nog springbokke wou skiet en die kamp redelik oop was in sekere dele (grasvlakte) het ek senuagtig begin raak oor die buffels wat my volg. Ek het gestap tot naby 'n witgatboom en hulle ingewag. My plan was om hulle te storm en te verjaag maar ek het damn seker gemaak dat ek veel nader aan die boom was as hulle. Sou een dalk storm sou ek eerste by die boom wees om te klim. Gelukkig het die plan goed gewerk en toe ek met groot geskree en armgeswaai op hulle afstorm, het die trop omgedraai en gehardloop.
Op 'n ander keer het ek op Wintershoek byna tromp-op in 'n buffelkoei en haar kalfie vasgeloop in 'n lap suurkareebosse (die kalf was nog rooi en seker skaars 'n week oud). Gelukkig het sy nie gestorm nie en ek het takties teen hoë spoed onttrek.
Om buffels te bekruip maak jou geen ekspert in buffeljag nie, en ek maak geen aanspraak daarop om met enige outoriteit oor buffeljag te praat nie. Ek kan ook nie aanbevelings maak oor die mees geskikte kalibers en ammunisie (koeëls) nie want ek het net een buffel geskiet. As iemand my oor buffelkalibers vra, sê ek bloot wat ek gebruik het en dat die persoon 'n ekspert moet vra want my ervaring is te min om te enige waarde te dra.
Maar ek is baie dankbaar dat ek my buffel kon jag op my terme en alleen sonder hulp. Dit is een jag wat ek nooit sal vergeet nie.
Mooi loop

Last edited by Koos Barnard on Sat May 23, 2020 2:13 pm, edited 1 time in total.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wie het al buffel gejag?
Dankie, Koos. Lank gelede jou storie in Magnum gelees.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wie het al buffel gejag?
Ek was saam op paar buffels in Tanzanie. Masailand en die swamps in die weste.
Het ook gegids in SA en self geskiet in SA.
Dis darm maar bitter lekker!
Sent from my SM-G988B using Tapatalk

Goed, beter, 6millimeter!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wie het al buffel gejag?
Ek het van n bakkie af met n 270
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Wie het al buffel gejag?
Capt, Vmax???
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Wie het al buffel gejag?
Capt. Oblivious wrote:Ek het van n bakkie af met n 270

Sent from my iPhone using Tapatalk
-
MyLani
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Sun Jun 25, 2017 10:51 am
Re: Wie het al buffel gejag?
Het 12 laas jaar gedoen.
Nog nie een skote in my kliente se Buffel. Dis sy Buffel, nie myne.
Kry naby genoeg sodat dit n mooi skote is, en dis al wat nodig is.
Moenie stoot nie na die skoot. Laat die ander Buffel hulle ding doen, dan gaan in. As jy stoot, jy soek vir .
Daar is niks better as Buffel jag

- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1831
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Wie het al buffel gejag?
Ons het n blok reg langs die Tarangire wild reservaat gehad in Tanzanie.
Beste jagte van my lewe gewees.
My eie Bul (sonder PH’e)
En op 3 geback-up.
Beste jagte van my lewe gewees.
My eie Bul (sonder PH’e)
En op 3 geback-up.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Wie het al buffel gejag?
[quote]Nog nie een skote in my kliente se Buffel. Dis sy Buffel, nie myne.[/quote]
MyLani hierdie is vir my n baie belangrike beginsel, nie dat ek ooit n buffel sou kon skiet nie maar die selfde geld vir ander wild.Daar is niks wat my so vinning sooibrand gee as n gids wat my bok onder my scope uit skiet nie.Baie van die videos wat gevaarlike wild jag uitbeeld skiet die gids of gidse nog voor die koeel van die jagter die dier getref het,as dit n vereiste is dan sal ek nie graag grootwild wil skiet nie.
DD

Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Wie het al buffel gejag?
Daar is min dinge so lekker soos 'n buffel jag uit my jakkals stoel in die nag met 'n 243 ackley. Ek is so maer daai buffel weet nie eers van my agter op die bakkie nie...
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wie het al buffel gejag?
140gr Peregrine
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Wie het al buffel gejag?
My eie buffeljag in Mozam op 300 000 hektaar was n ongelooflike ervaring, al was dit n kwes en na drie dae se opvolg het die spoor verdwyn. Daarna was ek al op so 3 jagte by. Dit bly maar net n ongelooflike ervaring. Hopelik kry ek die jaar weer my beurt....
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wie het al buffel gejag?
Moz, Zim, SA en Botswana gejag. Nam is volgende op die kaarte.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Wie het al buffel gejag?
Ek het buffeljag gemis. Kan nou nog net van 'n bakkie af skiet! 
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Wie het al buffel gejag?
SA, Zim, Moz, Zambia.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Wie het al buffel gejag?
So het ek my kans gekry Vrydag. Was op n plaas teen die krokodilrivier tussen Dwaalboom en Thabazimbi. Ek kon n lekker ou daggaboy jag. Baie dankbaar.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wie het al buffel gejag?
Storie en fotos of ons glo jou nie. !!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Wie het al buffel gejag?
Baie geluk Martin!!!!!! Sit 'n paar fotos op en vertel bietjie meer!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Wie het al buffel gejag?
Dankie julle. Ek was Donderdag en Vrydag saam met n vriend van my op die plaas. Pragtige stuk grond naby Dwaalboom met 10km waterfront aan die Krokodilrivier. Hy het gekyk vir n lekker groot krok om te jag.Laasweek laat weet die boer dat hy n spesifieke bul wil afhaal op die plaas.Moeilikheidmaker. Ons het gesels oor prys en bladgeskud. Ons is 6 uur die oggend uit. Ek, die PH, die boer se laaitie en my pel. Dit is vrek ruig en ons het besluit om met 2 bakkies die blokke op die plaas te ry en te kyk vir spore of buffels. Daar is so 150 buffels op die plaas wat uit paar klein troppe bestaan. En hierdie is nie mak buffels nie!
Na 2 en n half uur se soek het ons niks gekry nie. n Klein gedeelte van die plaas is onder lusern besproeing. Een van die lusern werkers gewaar toe buffels teen die lusernland en die plaasvoorman laat weet ons per radio waar die buffels toe loop.
Ons het so 700m vanaf die trop af gestop met die cruiser aan die ander kant van die land. Ons het afgeklim en besluit om so paar honderd meter nader te stap aan die kant van die land waar die bosse en lusern bymerkaar kom.Ons was so 300m weg en met n verkyker kon die PH darem die buffel eien wat gejag moet word. Die trop was so 20 stuk sterk.
Ek was gemaklik om met die 416 Rigby tot so 150m te skiet en nou het ons planne gemaak oor hoe ons nader aan hulle gaan kom. Ons het aan die kant van die land nader beweeg, maar die buffels het ons gewaar en in die land ingehardloop. Nou wat nou? Daar is absoluut niks tussen ons en die buffels nie, en ons kon aanvoel hulle is nie tevrede dat ons in hulle omgewing is nie.
Die PH besluit toe hy gaan iets probeer wat hy nog nooit tevore gedoen het nie. Ons het in gelid agter mekaar begin stap reg op die buffels af. So 20m tree op n slag dan staan ons.Ons was so 250m weg toe die buffels besluit hulle gaan soos 1 man op ons begin afstap. Neus in die lug het die hele trop seker binne 10 sekondes tot 140 tree vanaf ons gekom. Ons het net doodstil gestaan. Die adrenalien het behoorlik gevloei! Toe stop die trop en maal in die rondte en snork en gaan tekere.
Dit het my kans gegee om vinnig op die stokke te kom. Ons het die bul ge ID en ek kon my kans gebruik toe hy vir n oomblik stilstaan. Die skoot uit die Rigby het geklap en hy het dadelik sy linker voorbeen opgelig en vorentoe gehardloop op 3 pote! Ek kon deur die teleskoop sien sy skouerbeen is mooi gebreek en die skoot het geval waar hy moet. Hy het saam met die trop weggehardloop, maar het na so 100 tree agtergeraak en het gaan stil staan en wieg. Ek kon die bloed uit sy neusgate sien loop en het geweet dis verby. Ek het besluit om maar net n opvolgskoot ook te skiet en hy het toe net daar in sy spore gesak. Die doodsroggel van daai dier sal ek nooit vergeet nie.
Nou ja, fotos is toe geneem en die whiskey het tot laat langs die vreugdevure gevloei. Wat n voorreg!

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Wie het al buffel gejag?
Baie Geluk! Prag bul! Lyk sommer soos 'n regte bakleigat!
Welgedaan!
Welgedaan!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Wie het al buffel gejag?
Baie geluk Martin mooi bul!!!
Ek kom drink volgende week by jou koffie.