Buffel Jag -kleinste kaliber
-
Pinkes
- Hero Member

- Posts: 1217
- Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am
Buffel Jag -kleinste kaliber
Middag manne.
Nou ek is nie n dangerous game man nie...hou van langafstand gonge en papier te veel
maar met die lockdown toe wonder ek oor iets. Wat sal die kleinste kaliber wees om
n buffel mee te jag.. Nou ek bedoel nie met jou 308-tussen-die-oë stories nie.
Bedoel hoeveel lbs impak het jy nodig om so groot dier plat te maak?
En wonder of n man met n 300wm met 250gr solid genoeg energie sal he op n bladskoot?
Ok voor almal op hulle perdjies spring,ek sal dit nooit probeer nie...baie makliker om
die PH of n vriend met n grootkaliber saam te nooi as om spesiaal punte daarvoor te gaan koop
En herlaai vir moontlike 1skoot.
So..wat sê die kenners is die minimum energie nodig om n buffel plat te trek?

- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Dirk,
Jou minimum om Buffel te skiet is 375. En paar lande laat 9.3 ook toe. Dit is nou wettiglik.
Maar daar het al baie buffels in die land geval met baie kleiner kalibers.
Ek persoonlik sal nie kleiner as 375HH hebruik op buffeljag nie.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
30.06 en n 208 amax sal hom rol maar op n erenstige noot ek glo n wm met n 200gr aframe sal n buffel kan tiep. Ek het so ruk terug n stuk gelees toe se die man n buffel en eland se been struktuur is basies die selfde met die buffel wat bq groter (vitals sit bq dieper) is en n bq dukker vel het en manne skiet n eland met n 270.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Baie oortuig daarvan dat ek een sal kan plat skiet met n barnes uit my 308 met n goeie bladskoot.
Het al baie groot eland bulle laat bakkie ry met n 150gr barnes tsx.
Maar dit gesê besêf ek ook dat die 308 heeltemal te lig in die broek gaan wees as daai buffel besluit om aan my te kom byt!

Just smile and wave boys 
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Dis seker moontlik om hom met ñ kleiner kaliber te skiet, maar asb, as hy sy m#er strip, gaan skiet hom met daai kleiner geweer dood ook.
As jy ooit by ñ buffel karkas kom, vat ñ mes en probeer hom tussen die ribbes deur druk, dan gaan jou oge oop. Die ding is soos ñ tank gebou en sluk selfs .50 kaliber koeels op en leef. Is dit doenbaar, seker, is dit slim? Nee
Respekteer ñ dier wat jou en ander kan dood maak.
Dit is nie ñ bees nie.....

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
DWB ek stem heeltemal saam.
Moontlik ja...sal ek dit doen..Defnetief nie.
Moontlik ja...sal ek dit doen..Defnetief nie.
Just smile and wave boys 
-
Pinkes
- Hero Member

- Posts: 1217
- Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Nella...hier was jou ideale geleentheid om my n 375 te laat koop
en jy sê n 308 sal die ding doen..
Is daar iemand wat al een met so klein kaliber op blad plat getrek het?
en jy sê n 308 sal die ding doen..
Is daar iemand wat al een met so klein kaliber op blad plat getrek het?
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Dan ken ek ook n Botswana Boer wat nie net een buffel met sy .22 hornet al dood geskiet het nie Maar dit is nie jag nie en is jong diere wat uit sy teelkampe uit geskiet moet word.
Just smile and wave boys 
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Dirk
Hierdie is n intersessante gesperek. Kom ek se jou ons kan n klomp senarios skep. Oor n Cruiser se dak kan jy n buffel met gemak plat trek met n legio kalibers met die regte koeel. Solank daai koeel diep genoeg kan penetreer(+-10 duim) en n oordentlike wondkanaal maak sal die buffel uiteindelik vrek. Dit is mos presies wat ons sien met elande en blouwildebeeste. Die probleem is dat buffels nie gejag word met die tipe scenario nie.
Cappy as jy happy is met n Amax op 30m in ruie bos dan good for you. Die kind of kinders wat jy nie van weet nie is dan dan jou enigste nalatenskap. Die realiteit is dat koeelkonstruksie die grootste faktor is by die tydverdryf. As jy konvensionel koeels wil gebruik dan kort jy n groot kaliber teen lae spoed om dit te vermag. Doen dit met n kleiener kaliber dan beter jy kyk na n oordentlike koeels wat diep penetreer en genoegsaam oop maak. Mono's is tops in penetresie maar nie in ontplooing nie. So dan iets tussen in.
Ek sal met geen huiwering n buffel skiet met iets soos n 7mm en oordentlike koeel nie, hetsy iemand met n oordentlike kaliber langs my staan wat weet wat hy doen en my gun bearer wat reg is om iets wat darem n 40 kaliber en geliefs groter sal aangee as die paw paw die fan slaan. Die feit is dat n mens met werklik bitter klein kalbers n buffel kan plattrek selfs op konvensionel jagte maar die vraag is hoekom sal jy dit wil doen as jy weet die hele geskiedenis jou wys dat mense wat dit wil doen op gereelde basis nie kans kry om boeke daaroor te skryf nie.
n Buffel is nie n eland nie en nog verder ook nie n blouwildebees nie, nee hy is n dier wat gebou is amper soos n eland en twee keer die wil het om te lewe as n blouwildebees, wat daarop uit is om jou lewe te eindig die dag wat jy die vermeutelheid gehad het om hom skade aan te doen. Die feit dat daar groter kalibers as 375 is het nie net te doen met ego nie, maar is diep gesetel in die absolute behoefte daarin.
Groetnis
Wouter

- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Vriend van my het n buffel met n 308 met army fmj geskiet....
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
'n Groot faktor in hierdie gesprek is of daar 'n moontlikheid is of iemand gaan seerkry.
Daar is 'n verksil tussen 'n 30 meter skoort met 500NE op die voet in die ruigtes en 200 skoot met ' n 338WM oor die stokke, dan is daar nog bakkie of hide skiet ook wat seker met .30 cal of 7mm geregverdig kan word.. Die omstandighede speel definitief 'n groot rol.

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Ek sal n buffel met my 338 gelaai met n 250gr nosler accubond teen 2700+fps aanvat. Gegewe ek sal die omstandighede ook baie fyn uitkyk. As die buffel n ou dagga boy is en hy loop in die ruigtes sal ek liefs n kaliber wat met n 50 begin gebruik. Daar is mos nou geen rede om spreekwoordelik met die leeu se bal te gaan speel nie.
- Bigfoot
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Sun Sep 27, 2015 7:06 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
I know a guy who 'mistakenly' shot a farmers pride and joy buffalo bull with a 308W using 180gn PMP factory brown box ammo, this was in the 80's.
Buff ran a 100m or so and expired.
Buff ran a 100m or so and expired.
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
As ou Pine nou nog op die forum was het jy jou anwoord gehad ;-)
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Daar is baie mense wat minder kaliber gebruik het op buffel en dit was gewoonlik as die persoon net dit gehad het en nie iets anders gaan vrae enige persoon wat al buffel gejag het nie geskiet het nie en jy sal 99% van die tyd hoor hy wens hy het 'n groter kaliber of hy kan nie glo hoe taai die goed is nie.
Die lyn van hoe groot kaliber om te gebruik is waar 'n jagter die geweer kan hanteer of nie.
Maar hoe groter hoe beter.
Baie snaaks ook hoe al die buffels met klein kalibers geskiet is maar niemand is ooit by nie altyd iemand anders se storie.
Buffel is soos 'n tank gebou, kan net so ver loop en hardloop soos 'n eland en net so wakker soos 'n koedoe waar hy gejag word dit is iets wat jy moet beleef.

Jessie
- Full Member

- Posts: 113
- Joined: Sat Jan 17, 2015 1:46 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Ek deel ook DWB en Frederik se siening. 'n Buffel is soos 'n tank gebou en toe ek my eerste buffel geskiet het en die karkas en ribbes sien het ek gevoel dat my 375 te klein is. Ek persoonlik dink dit hang af van die jag scenario en watter afstand jy van die buffel af is. As dit oop is en dit is op ' redelike afstand is sal ek min ' n 30-06 of 300 met n kwaliteit 200 of 220 grein punt skiet. Ek stem ook saam met Wouter dat met die kleiner kalibers gaan dit afhang van die kwaliteit van die punt. Die goed is maar moeilik want partykeer vrek die buffel sonder baie probleme en ander kere vreet hy lood wat mens nie kan glo. Ek is geen ekspert nie maar kan net vertel van my ervaringe van die kere wat ek buffel gejag het. In die outback in Aus het ek gesien hoe 'n kopskoot met n 150 grein uit n 270 nie goed gewerk het nie en die skootplasing was reg. Die buffel het eers geval maar weer opgestaan en ons moes die Lott nader trek. Die punt was 'n gewone sagte punt. In een van ons jagte in Zim het die konsessie eienaar vertel van 'n man wat 'n buffel met 'n 308 en n 150 grein punt op die blad geskiet het. Hy het blykbaar 'n horing in sy agterstewe gekry maar het dit gemaak. Ek dink ook iets soos 'n 338 met ' n goeie punt sal ook goed werk. Uit my ondervinding as ek iets kleiner as 375 gebruik sal ek defnitief iets soos swift, Barnes en soortgelyk gebruik en nie 'n gewone sagte punt nie. En die dag as hy kom dan voel niks groot genoeg nie!!
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Absoluut Jessie, ek dink enige mens sal net een keer skrik en dan tot inkeer kom!
Dis nou as jy die skrik oorleef
Dis nou as jy die skrik oorleef
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
DWB wrote: Sat Apr 11, 2020 6:13 pm Dis seker moontlik om hom met ñ kleiner kaliber te skiet, maar asb, as hy sy m#er strip, gaan skiet hom met daai kleiner geweer dood ook.
As jy ooit by ñ buffel karkas kom, vat ñ mes en probeer hom tussen die ribbes deur druk, dan gaan jou oge oop. Die ding is soos ñ tank gebou en sluk selfs .50 kaliber koeels op en leef. Is dit doenbaar, seker, is dit slim? Nee
Respekteer ñ dier wat jou en ander kan dood maak.
Dit is nie ñ bees nie.....
Ja dit is waar die probleem kom, ek glo jy sal hom met meeste kalibers kan skiet veral as hy nie weet van jou nie maar as hy na jou kant toe kom gaan jy dam 11.1.11 ok hom met n 308 te stop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Buffel Jag -kleinste kaliber
As jy eers gesien het hoe dik sy vel is sal jy weet dat groter beter is.....
In die Klaserie het ons een dag een gelaai deur twee snye in sy brisket vel te sny, die kettingblok se hak daardeur gehak en hom opgetrek sodat hy het aan daai stukkie vel hang, Cruiser onder hom ingetrek en laat sak.
Met die afslag proses kon mens sien hoe taai en sterk sy vel is.
Meeste provinsies in RSA is 9.3x62 die minimum kaliber.
Volgens my moet ‘n man die nodige respek toon en ‘n buffel met ‘n respektabele kaliber jag.
Sent from my iPhone using Tapatalk

Last edited by Apie on Sun Apr 12, 2020 4:57 pm, edited 1 time in total.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Dankie Apie. Jou laaste sin som dit perfek op.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Deon
Hierdie is presies my woorde aan n makker wat n buffel met n boog, kruisboog of iets dergliks by ons wil kom skiet, dis reg mater, maar sort hom met daai einste wapen uit as dinge skeef draai. Dink hierdie bly die beste kreteria as jy n wapen/kaliber kies vir enige jag. Daai wapen/kaliber wat jy kies moet gepas wees in ALLE omstandighede van die jag. Die oomblik wat hy nie elke boksie tiek nie is die oomblik wat jy weet dit is die verkeerde keuse en klaar. Niks meer gekakpraat of spekulasie nie, as dit nie aan al daai kreteria aan voldoen nie is dit nie die geskikte wapen/kaliber nie en klaar!
Hierdie geld natuurlik ook vir die komponente wat jy wil gebruik. n 460 Weatherby gelaai met 500gr Hornady Interlocks teen 2600ft/sek beteken ook net mooi bogger-all.
Groetnis
Wout

Jis Wouter, absoluut, my enigste probleem met daai stelling is hoe moet al die ouens met 375e nou voel?

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Dis soos daai ou wat veilig uit ñ hide ñ jong sagte boss buffel met ñ .50cal luggeweer geskiet het...
Dit tel net dood eenvoudig nie....
Ja in die ou dae was mense dalk genoodsaak om met kleiner kalibers weg te kom, maar hulle het ook nie nodig gehad om R70k tot R100k te betaal nie....
Moenie jouself van ñ onvergeetlike ervaring beroof nie, dit is ñ wonderlike dier om te jag en toon die nodige respek teenoor ñ buffel, hulle verdien dit. En glo my, moet geensins ñ koei onderskat nie.....
Dit tel net dood eenvoudig nie....
Ja in die ou dae was mense dalk genoodsaak om met kleiner kalibers weg te kom, maar hulle het ook nie nodig gehad om R70k tot R100k te betaal nie....
Moenie jouself van ñ onvergeetlike ervaring beroof nie, dit is ñ wonderlike dier om te jag en toon die nodige respek teenoor ñ buffel, hulle verdien dit. En glo my, moet geensins ñ koei onderskat nie.....
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Buffel Jag -kleinste kaliber
Deon
Die feit is dat ons lekker hier agter ons rekenaars kan sit en crap praat en spekuleer oor allerande dinge, maar en jy weet dit so goed soos ek, dat daar niks jou in jou fondasie ruk as jy skoot op skoot skiet met geen uitwerking op daai dier wat oppad is om jou lewe te beeindig nie. Ek is seker daarvan dat jy dit sterk oorweeg het om daai mooi 404 van jou in die Cruiser se bullbar te buig met jou eerste buffeljag. Ek dink maar aan manne soos Jack Lott wat onmiddelik n nuwe kaliber ontwerp het na so n ondervinding. Geen maar geen kaliber kan opmaak in so n situasie waar dinge verkeerd gaan nie, maar wat wel n feit is is dat n groter kaliber wat meer skade maak en jou meer tyd kan gee om jou foute reg te stel jou dalk heel moontlik nie in daai situasie sou geplaas het nie.
Tot so paar jaar teug kon ek spog dat ek nog nooit n blouwildebees gekwes het nie en my sukses het grootliks gegaan dat ek die meeste van hulle met 338 en groter geskiet het. Hierdie weet ek was deel van my sukses deur n oordentlike kaliber tesame met premuim koeels te gebruik het en natuurlik seker te gemaak het ek sit die koeel waar ek moet. My eerste kwes blouwildebees was nogals met n 416Rigby oor ek eenvoudig n skoot gevat het wat nooit aan was om mee te begin nie. Geen kaliber kan opmaak vir n moroon agter die sneller nie, maar die feit bly staan dat n oordentlike skoot net soveel beter word as dit met n behoorlike kaliber, lees groter kaliber, en koeel kombinasie geskiet word.

Hahahaha die eerste en 2de ja!!!! Naaste beste boom het goed vir die plan geklink! Maar ek het dit al baie gesê en sal dit weer sê: Daar is min goed so teleurstellend soos wanneer jy ñ ou kleine bokkie met jou olifant geweer skiet en hy vat sy tassies en hol nie! Al is dit net om te hardloop om sy hart te gaan soek!
Dis ook hoekom my persoonlike oortuiging is dat as ñ buffel beweeg dan bly jy skiet! My laaste koei het ek toe sy omswaai na die eerste skoot het ek ingehardloop (picture that) en toe ek haar kon uitmaak in die stof ñ spine skoot gegee, en toe sy val nog een van bo deur die rug vir virsekering.
Ek was ook tot laasjaar vry van die BWB kwes sindroom..... tot ons hier op die forum daaroor gepraat het en ñ week later toe kry ek my beurt. Het die hoek waarteen hy gestaan het lyk my misgis en seker een long gevang maar hy is skoonveld. Hom 3 dae later mooi vrot opgetel...
Ek het gelukkig al genoeg foute gemaak om te weet ek skiet nie weerligstrale nie, en dis hoekom ek so lekker skerts met die manne met die 375e want meeste van hulle is onder die indruk dit is Thor se hamer, maar tor hy kan faal.
Maar ai dit bly lekker om met ñ groter kaliber te jag, hulle slaan net daai raps harder en los net daai effens groter gat en ek geniet dit! Ek moet nog my 9.3 en my 450 inlyf en sidder om te dink dat dit dalk weer ñ BWB kan wees! Die swart gedaantes smokkel met my kop en oge!