Hasie en die bottel mampoer.

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
Disiderata
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Tue Sep 03, 2013 1:12 pm

Hasie en die bottel mampoer.

Post by Disiderata »

Daar bo in die Bosveld stap Hasie eendag so deur die gras en kom op 'n bottel Mampoer af wat in die son gelê het. Hy vat 'n paar slukke, ma die witblits skop hom so lat hy net daar uitpaas.

Jakkals kom verby, sien vir hasie en die bottel, dog toe hy sal ook so sluk vat voor hy vir hasie eet. Maar die warm mampoer kap hom ook om.

So lê die twee nou daar toe hiëna verby kom, hy kon sy geluk nie glo nie en drink ook aan die bottel; selle storie, val net daar neer, uit-gepaas.

Leeu kom toe op die storie af, besluit hy eet nie aan jakkalse en hiëna's nie, en daarby is die haas te klein om eers oor te worrie. Hy vat toe maar 'n paar groot slukke en kort-voor-lank slaan hy ook neer.

Met die begin hasie roer, sit regop met 'n hewige hoofpyn. Hy skud sy kop, trek sy ore reg en kyk toe so om hom. Toe sien hy hoe lê leeu, jakkals en hiëna uitgepaas om hom.

Hy mompel: "Bl@ksem, smaak my mos ek raak aggressief as ek gesuip is !"

Sent from my SM-N950F using Tapatalk
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Hasie en die bottel mampoer.

Post by Chevvy SS »

;D :laugh:
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Hasie en die bottel mampoer.

Post by FHM »

Lekker gelag - dankie vir die een ! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: Hasie en die bottel mampoer.

Post by Basie2 »




Sent from my iPad using Tapatalk
Post Reply