Reddot vs dominante oog

Anything to do with SemiAutomatic Firearms will go here/Enigeiets met vuurwapens wat self herlaai hoort hier
Post Reply
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Reddot vs dominante oog

Post by JJV »

Hallo ek wil gou raad vra:
Ek en vriend van my het vandag bietjie met ons AR’s met reddots op gaan skiet, my vriend gehelp om sy geweer op skoot te kry op so 30meter. Hy is regshandig, as hy sy linker oog toeknyp en met reddot skiet is hy op teiken, as hy egter altwee oë oophou skiet hy erg links. Ek vermoed sy dominante oog is links, so wat is sy opsies, leer links skiet of stel geweer in vir altwee oë oop en aanvaar as jy sou vergeet en linkeroog toeknyp skiet jy alles mis... JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Reddot vs dominante oog

Post by Ds J »

Dit sal sinvoller wees as hy links leer skiet.

Laat hom eers n oogtoets doen.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Reddot vs dominante oog

Post by DWB »

Watse tipe red dot was dit?

Met die Aimpoint Micro tipe skiet jy waar die kol is ongeag van waar jou oog is.

Ek weet nie of die RMR tipe dieselfde werk nie.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Reddot vs dominante oog

Post by JJV »

DWB wrote:Watse tipe red dot was dit?

Met die Aimpoint Micro tipe skiet jy waar die kol is ongeag van waar jou oog is.

Ek weet nie of die RMR tipe dieselfde werk nie.
Dit is ‘n Vortex Sparc.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Reddot vs dominante oog

Post by Zuku »

Vraag. Hoe skiet hy n geweer met oop visiere?

As dit net sosiaale skiet is sal n oogklap of n'black out' skermpie oor linker bril se lens help
User avatar
Bonesjara
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Tue Jun 07, 2016 8:10 pm

Re: Reddot vs dominante oog

Post by Bonesjara »

Albei my jog manne is regshandig maar linker oog dominant. Toe ek hulle laat links begin skiet het hulle dramaties beter geskiet.
Miskien n opsie. As hy lankal skiet gaan dit net miskien moeilik wees om aan te leer

Sent from my SM-N960F using Tapatalk
Post Reply