Jakkals getalle

Hoeveel jakkalse het jy gesien begin JULIE END SEPTEMBER

0-10
9
41%
11-20
5
23%
21-30
4
18%
31-40
3
14%
41-50
0
No votes
51-60
0
No votes
61-70
0
No votes
71-80
1
5%
81-90
0
No votes
91-100
0
No votes
101-110
0
No votes
111-120
0
No votes
121-130
0
No votes
131-140
0
No votes
141-150
0
No votes
151-160
0
No votes
161-170
0
No votes
171-180
0
No votes
181-190
0
No votes
191-200
0
No votes
 
Total votes: 22

tafjak

Re: Jakkals getalle

Post by tafjak »

Yalair

Jy moet so 40 jakkalse by darie malle wat glo al 140 jakkalse gesien het aftrek, ek het weer nie goed gelees en dog "jakkalse gehoor" is ook weer by soos vorige Poll.

Taffie
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Taffie / Yalair
tafjak wrote:...so 40 jakkalse by darie malle wat glo al 140 jakkalse gesien het aftrek, ek het weer nie goed gelees en dog "jakkalse gehoor" is ook weer by soos vorige Poll.
Stem saam. Hou dit by sien, want dinge mag redelik verwar word tussen die gesig en gehoor. Henderson et al. (1987) maak die volgende interessante stelling: "Two or three coyotes howling together create bedlam that is often mistaken for ten or twenty."

Toegegee, Canis latrans (coyote) is die Latyns vir "barking dog" en mag dalk ietwat verskil van ons Canis mesomelas (rooijakkals) wat die "swart-in-die-middel" hondjie is.

Ambessa
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Christo »

Taffie,

Die klanke weergalm - eggo seker lekker in die berge waar die Landie sukkel  ;)
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Yalair »

Taffie
Jou voorspelling op vorige post was reg
Jakkalse deur dieselfde 23 manne in die volgende 3maande sal drasties minder wees as eerste 3maande
ekself sukkel in die koue en het nog nie die helfte gekry van wat ek vorige 3 maande gekry het, om 140 te kry is voorwaar besonder maar geluk aan daardie persoon, hy ken van.

Groete
Ben
tafjak

Re: Jakkals getalle

Post by tafjak »

Yalair

Jy moet die 140 verminder na 90-100. Dit was my poll gewees, het nie mooi gelees en gedink gehoor was weer ingesluit. Jammer man.

Taffie
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Taffie

...jou ou rakker... ...gehoor? ...hoe is dit laas genoem drilbesie of so iets in die oor?

Ambessa
tafjak

Re: Jakkals getalle

Post by tafjak »

Ambessa

Jy onthou goed, ja die ou torretjie het so 3weke gelede sy uittog gedoen en nou hoor ek alles en nog wat. :D

Taffie
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Yalair / Taffie

...sien die 18 voters het reeds 22 sightings gelys.

Ambessa
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Louis102 »

Taffie

Hoe is dit dan dat jy 40 jakkalse wat jy gehoor het laat glip het?  'n Legende soos jy trek mos almal plat.  :o ;)

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Jakkals getalle

Post by tafjak »

Louis

Ek reken ek het so 4 misgeskiet(gesien) en by nog 15 nie uitgekom in die gebied waar ek gejag het. Die res is in plekke gehoor waar ek nie gejag het nie.

Taffie
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Yalair »

Taffie
Ek kan seker daai 40 oplos, jy gaan hulle inelkgeval kry  ;D
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Yalair en almal

Die pool het mooi gegroei. Sal more weer kyk of gaan Yalair weer 'n opsomming post soos vir die eerste drie maande? Dankie by voorbaat.

Ambessa
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Yalair »

Almal wat hieraan belangstel en deelneem

19 Persone 560 jakkalse in drie maande dis 55% van wat in vorige drie maande gepol is, voorwaar Taffie het nie geraai nie, hy ken van !

Ek sluit dus hier af en maak skoon vir volgende drie maande, Taffie enige voorspellings ?
Last edited by Yalair on Wed Jul 01, 2009 9:09 am, edited 1 time in total.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Jakkals getalle

Post by MEERKAT »

Almal

Die geleerde mense se dat 'n broeipaar loop op 5000 hektaar of altans dit is die area wat hy beskerm.

Totale grote van die Weskaap 129000 vierkante km (5000 jakkalse)
Totale grote  Ooskaap 168000 vierkante km (6500)
Totale grote Noord kaap 372000 vierkante km (14500)
Totale grote Vrystaat 129000 vierkante km (5000)

Totaal jakkalse in die 4 provinsies 31000.

Kan dit dan waar wees (Meeste waarvan ek gehoor het 500 op 100000 hektaar)

Die ander slim mense moet net tjek of my somme reg is (Miskien maal met 4 vir regte hoeveelheid)

Mooi naweek
Knou goggas af
MEERKAT
tafjak

Re: Jakkals getalle

Post by tafjak »

Meerkatjie

Dit is net merkende-jakkalse ou maat, nageslag moet nog by kom en ons het nog nie 3000 van hulle dood nie. Ek dink om die gebied in die 5 000 hektaar-stukke te deel en met 2 te maal gee net 'n idee. Die werklikheid is te erg om op die lappe te sit.

Ja ou Robbie die Nar het nou vir hom self 'n graf gegrou met die uitlatings. Die volgende 3maande sal omtrent dieselfde getalle vir die 20 manne gee, miskien 'n rapsie meer omdat die weer beter word na Sept toe en so paar ekstra(vroe?) neste.

Groete

Taffie
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak en Yalair
tafjak wrote:Dit is net merkende-jakkalse ou maat, nageslag moet nog by kom en ons het nog nie 3000 van hulle dood nie. Ek dink om die gebied in die 5 000 hektaar-stukke te deel en met 2 te maal gee net 'n idee. Die werklikheid is te erg om op die lappe te sit.

...Die volgende 3maande sal omtrent dieselfde getalle vir die 20 manne gee, miskien 'n rapsie meer omdat die weer beter word na Sept toe en so paar ekstra(vroe?) neste.
Vanoggeng juis so vanaf PE na Bfn uit die turboproppie die ou lappie aarde daaronder beskou en gewonder (nou nie van "ek denk, ek denk hy laaik f..k.l van vlieg nie!).

My wonder: waar op aarde kom al die roofdiere die laaste tyd vandaan? Plek, plek word die impak verminder (deur optredes van toegewyde spesialis roofdierjagters soos julle) maar op groot dele van die land wen die perde sonder om te bloos six-love!

Yalair

Dankie vir jou positiewe bydrae om hierdie poll te loods en die data by te hou.


Tafjak

Dankie vir die wyse waarop jy jou kundigheid en ervaring met ons op die forum deel.

Ambessa
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Meerkat (kyk ook Tafjak se antwoord)
MEERKAT wrote:...dat 'n broeipaar loop op 5000 hektaar of altans dit is die area wat hy beskerm...  ...mense moet net tjek of my somme reg is (Miskien maal met 4 vir regte hoeveelheid)
Maak nie saak hoe ons die rooijakkalse se getalle bereken nie, daar is baie - tel dan ook nog die huidige dekseisoen se werpsels wat tans in wording (dragtige tewe) is daarby! Feit is, behalwe vir klein kolletjies hier en daar (danksy spesialis roofdierjagters) maak al die huidige pogings oor groot gebiede nie enige werklike verskil nie. Ek glo nie dit is enige van die metodes se skuld nie, maar die MANIER (HOE) die metodes gebruik word en dan word die beheer ook nie aaneenlopend (fragmentaries) oor groot gebiede toegepas nie.

Soos elders genoem: die perde wen loshande six-love!

Ambessa
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Yalair

Die maand is nog net vier dae oud en die manne poll reeds!

Lyk my jy het behoorlik die vuur onder hulle aangesteek?

Ek hou hierdie poll met groot belangstelling dop...

Ambessa
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Mac »

Ambessa,

Ek weet dat ek redelik platkop is, maar daar is net plek vie 2 stemme, en 30 Sept is nog n' hele ent weg, hoe kan jy nou al poll vir jakkalse wat jy nog nie gesien het nie?

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Yalair »

mac21
Die pol sluit end September, dan sit jy jou getalle in vir jakkalse Julie - September
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Mac »

Yalair,

Dit is presies hoekom ek vra,
Die maand is nog net vier dae oud en die manne poll reeds!

Lyk my jy het behoorlik die vuur onder hulle aangesteek?
Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Yalair / almal

...wag in spanning om die kwartaal tot einde Sep se getaale te sien.

Ambessa
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Yalair »

Almal
Onthou om getalle bymekaar te kry sodat ek kan afsluit so by die naweek asb
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Yalair
Yalair wrote:...getalle bymekaar te kry sodat ek kan afsluit so by die naweek asb
Is die afsluiting reeds gedoen?

Ambessa
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Yalair »

Ambessa
Sal maar maandag afsluit, wou nog so een of twee vanaand bymekaarmaak, maar reentjie het my uit veld geja, sien maar min ouens het al gevote  :(
Post Reply