Bakkie Teleskoop

AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Bakkie Teleskoop

Post by AJ Botha »

Yes Manne

Ek is besig om vir my 'n bakkie-gun te bou, en wil graag julle insette kry oor 'n gepaste hard-wearing teleskoop.
Ek het 'n 20" 6.5 Grendel gekies, ek wil die geweer heeltyd saam met my in die bakkie op die plaas rond ry,
vir enige iets van ongediertes tot iets vir die pot elke nou en dan.
Tipies ape, bobbejane, vlakvarke en dan af en toe 'n springbok of rooibok.

Ek wil 'n teleskoop op sit wat regtig nie sommer zero verloor nie, en gepas is vir die kaliber (stadig - baie drop) so dit moet afmik merke of verkieslik verstelknoppe hê.
Ek dink 'n teleskoop met 4-12 of 4-16 sal geskik wees vir my doel.

Wat dink julle sal goeie opsies wees sub R10k, en wat van dievolgende scopes waarna ek al gekyk het:
Vortex Diamondback Reeks - Miskien selfs die nuwe FFP van hulle - maar kan die scopes 'n beating vat en zero hou?
SWFA 10x42 wat Arnold nou in bring - Klink of hy baie tough is, ek is net bietjie bang vir die fixed 10 power.
Secondhand Nightforce SHV 4-16 - Is 'n SHV so tough soos sy duurder boeties?

Groete
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Rudie »

Ek het 'n lynx 3-12x56 op my 223 gesit wat basies maar dieselfde doel dien as die geweer wat jy beplan om aanmekaar te sit.

Die meeste scopes met parralax verstelling werk nie so lekker vir 'n vinnig op tel en skiet geweer nie. Die Lynx is parralax vry op 150 yds of m kan nou nie onthou nie maar meeste skote in die bos is onder daai afstand.

Glas is mooi helder en die klein kruis in die middel is illuminated. Goeie waarde vir geld en lojale na verkoop diens.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Dirkvh »

Ek het die Vortex 4-12x44 Crossfire II met BDC by Warren gekoop teen bitter goeie prys en op my 243AI Sako met 20" loop gesit met groot sukses. Het varke geskiet verby 300m met BDC reticle op 10x en zero op 200m, werk goed met my kombinasie en spoed.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Arnold »

Om eerlik te wees sou ek nie die vaste 10x kry nie maar meer as dit sou ek iets soek met capped turrets wat minder kans gaan hê vir fisies uitstel of breek.

Dink ook mooi oor hoekom jy die kaliber gekies het, pas n groot scope om vêr te skiet by die geweer se hoof doel? Is die afmikpunte regtig nodig?
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Carlc »

Ek sien Sako75 adverteer n swaro 6x42 op die forum vir R5000. Ek glo nie dit het agmik punte nie maar daai scopes is bulletproof. Jy gaan beslis nie sukkel met n zero wat geskuif het nie.
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by AJ Botha »

Wat my so aanstaan van daai SWFA SS, is hoe 'tough' hulle glo is. Ek wou nog gaan lees of mens die sunshade kan afdraai sodat hy bietjie korter is?

Ek nodig verseker nie n top tier 3-25 scope nie, maar ek soek wel iets wat my sal toelaat om die roer ten volle te benut, ek het nou al die duur fout gemaak van n scope te koop wat die roer later terughou.

Ek dink wel ek sal afmikpunte gebruik, veral op die kleiner ongediertes. Ek hoor wat jy sê oor capped turrets, dink dit is n baie goeie punt dankie!

Sent from my SM-T535 using Tapatalk
Sako .243 Win
Sauer .300 WM
Remington 700 6.5 Kruitmoor
G19 Gen 3
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Flip Nel »

Ek dink Geno se scopes is baie goeie waarde

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=171& ... se#p744793
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by AJ Botha »

Dit is 'n baie lekker en goedkoop opsie, dankie Flip. Almal praat net goed van hulle op daai draad.
Flip nel wrote:Ek dink Geno se scopes is baie goeie waarde

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=171& ... se#p744793
Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Sako .243 Win
Sauer .300 WM
Remington 700 6.5 Kruitmoor
G19 Gen 3
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2130
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Malan123 »

AJ, my plaas bakkie geweer dra die Wildgame 3-12x56. Jy kan maar laat waai! By scope vir min geld
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Arnold »

Ek het self so 2.5-10x50 wat ek nog moet gaan probeer. Juis gekry vir my geweer met plastiek kolf waarmee ek in die bos wil jag ... ek kort nou net die bos :)

Spandeer eerder geld op glas as vergroting.

'n Klein ligte scope gaan ook beter hanteer binne in die bakkie. Ek hou nogal van die Leupold VX3 4.5-14x40 met side focus al hy is hy so paar rand. Vat hom met die CDS turret en jy kan sy knop lekker draai ;) (net so effe buite jou voorgestelde budget)
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by AJ Botha »

Dankie Malan! Die roer skiet baie soos 'n kleilat, hierdie is die ballistics waarop ek werk - ek voel dat 'n Duplex my bietjie sal terughou, maar gaan hom verseker op die shortlist sit. //uploads.tapatalk-cdn.com/20181128/86d26f73cf9d38384292bf33b9b97dc6.jpg

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Sako .243 Win
Sauer .300 WM
Remington 700 6.5 Kruitmoor
G19 Gen 3
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2130
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Malan123 »

AJ Botha wrote:Dankie Malan! Die roer skiet baie soos 'n kleilat, hierdie is die ballistics waarop ek werk - ek voel dat 'n Duplex my bietjie sal terughou, maar gaan hom verseker op die shortlist sit. //uploads.tapatalk-cdn.com/20181128/86d26f73cf9d38384292bf33b9b97dc6.jpg

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Gaan doen daai som gou weer as jy hom zero op 200m. Spandeer die ekstra geld aan doppe, punte en kruit vir oefening en leer daai roer mooi ken. Dit gaan meer waardevol wees vir jou doeleindes as om duur scope te koop. As dit kompetisie geweer was is dit 'n ander saak, my opinie. Mens leer daai duplex ook baie vinnig as jy oefen...
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Basjan123 »

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=68742

Moenie verder soek nie, koop die scope ekt 1 op my grendel. As die timing reg was sou ek hom gekoop, maar dis Desember en bonus maand vir my mense......
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1234
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by heywillie »

Basjan123 wrote:http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=68742

Moenie verder soek nie, koop die scope ekt 1 op my grendel. As die timing reg was sou ek hom gekoop, maar dis Desember en bonus maand vir my mense......
Dankie Basjan, wou nou self die skakel hier plaas
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by AJ Botha »

Dankie vir daai, ek sien dit is 'n beter teleskoop as die diamondbacks - het dit nie geweet nie.

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Sako .243 Win
Sauer .300 WM
Remington 700 6.5 Kruitmoor
G19 Gen 3
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Arnold »

Met 'n 123gr eldm teen so 2485 fps gaan jy ongeveer val tot waar die dik deel van die kruishaar begin as jy op 275m skiet en op 100m amper so duim hoog gezero is en die scope is op 10x vergroting. Dan is die strepie se punt bo die dot omtrent jou 100 zero, die dot is omtrent 130m, die strepie se punt onder die dot is so 170m

Dit is op een van die Wildgame scopes en baie rof gemeet maar wys hoe jy die afmikpunte op so gewone kruis kan gebruik ;)

https://scontent.fcpt7-1.fna.fbcdn.net/v/t1.0-9/46986517_10161244952215341_2990729223062159360_n.jpg?_nc_cat=103&_nc_ht=scontent.fcpt7-1.fna&oh=bc5e9543d5e60444e5cbe5311ab9ac6b&oe=5C6C37D4
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Sangoma (IAN) »

In daai prysklas kan jy ook na die Sightron STAC kyk.
4-20x50.
Lynx se LX3 modelle is ook fantastiese scopes en local back up is def n plus punt.
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by AJ Botha »

Dankie manne, hier het 'n klomp goeie opsies hier uitgekom wat 'n groot reeks prys klasse ook verteenwoordig!
Ek het op my 243 op die oomblik 'n VX-1 met die LR Duplex kruisdraad, as ek 'n Wildgame koop dink ek ek sal hulle omruil.
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by AJ Botha »

Hierdie is die BDC en die LR Duplex BTW, ongelukkig is die Wildgame nie in Strelok nie.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181129/7fcddee16980869dcbe03ab91cacaf99.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20181129/ee17eea4a242a8c4002b9428232db432.jpg

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Sako .243 Win
Sauer .300 WM
Remington 700 6.5 Kruitmoor
G19 Gen 3
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Maroelas »

AJ Botha wrote:Dankie manne, hier het 'n klomp goeie opsies hier uitgekom wat 'n groot reeks prys klasse ook verteenwoordig!
Ek het op my 243 op die oomblik 'n VX-1 met die LR Duplex kruisdraad, as ek 'n Wildgame koop dink ek ek sal hulle omruil.
HI AJ,

Ek het 'n VX2 6-18X40AO op my 243 wat 'n nuwe huis soek. Hy het die LRV kruishaar (strepies in plaas van dots soos op doe LR kruishaar).

Pm my as jy meer info soek.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Bakkie Teleskoop

Post by ruaanb »

Ek sal die Lynx LX3 3-12x56 met SA Hunter kruishaar opsit.
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by AJ Botha »

Dankie Maroelas, maar ek sal eerder 'n side fokus kies vir uit die bakkie uit skiet.
'n Klomp mense het nou al die LX3 genoem wat ek gladnie ken nie, ek sal versker probeer om een van hulle onder hande te kry.
Is dit 'n stewige scope wat sy zero sal hou met 'n paar stampe?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7569
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Wouter Roets »

AJ

In my opinie sal ek nie n ons verder kyk as n Leoplold VX3i 4.5-14x40 met die Boonne & Crocket of selfs die Varmint Hunters kruishaar nie. Die teleskoop is bulletproof en ek sal enige persoon aanvat oor hierdie stelling. Ek sal nie die model met parralaks vat nie, want ek sien geen nut daarvoor op die vergroting nie. Ek het n hele klomp van die teleskope en het diere al baie ver verby die heilige streep geskiet sonder dat dit enigsins hinder. Verder het die teleskope met oeswerk vir meer as 10 jaar in Nam op qaud moterfietse diens gedoen sonder dat ek of my broer OOIT aan hulle moes stel. Groot en ek bedoel groot name kan nie dieselfde se nie. Ons lag nou nog oor die hoeveelheid skote wat op sigaret boksies teen kameeldoringbome geskiet is deur die hooi pelooi knape. Niks toets n teleskoop soos daai qauds nie.

Ek weet ek klink al soos n afgesaagde gramefoon plaat as dit kom by Leopold maar daar is n bitter goeie rede vir dit.

Groetnis
Wouter
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Danie01 »

Ek stem vir n lynx lx3 of selfs die lx2 sal die werk goed doen.

Gaan leupold vx3 jou nie meer as R10k uit die sak jaag nie?

Ek sal ook na meopta gekyk het.

Groete

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Bakkie Teleskoop

Post by Arnold »

Sit jou Leupold op die Grendel en koop n groter vergroting scope vir die 243 waarmee jy dan ook kleiner goedjies op langer afstande kan skiet
Post Reply