tafjak wrote:
Die geheim hier is natuurlik dat die kerngebied bepaal is, en weer: "Jy kan nie jakkalse hierdie tyd van die jaar jag sonder om kerngebiede te bepaal nie"! Finish en Klaar!
Wiehan, skryf die stelling van Taffie hierbo met pen (nie potlood nie) op bladsy 1 in jou klein swart roepboekie. Sommer groot swart letters - drukskrif, as jy wil.
Hoekom s? ek so? Ek het dae/nagte om spandeer om my eie goeie roepklanke vir hierdie spesifieke moeilike tyd waarin ons nou is, te vervaardig en 'n klomp proenemings te maak. Ek het al my bietjie kennis, ondervinding en passie vir die tipe van ding gebruik en wat my aanbetref met 'n paar voortreflike klanke vorendag gekom. Ek is vol hoop veld toe met hierdie nuwe klanke en wat kom ek agter? Waar jou staanplek is, is veel belangriker as die klank wat jy speel. Andersom, maak nie saak hoe mooi en uitstekend die klank is nie, sukses word eerder deur die keuse van jou staanplek bepaal. Of nog anders ges?, selfs die eenvoudigste klankie wat 'n jakkals nuuskierig maak, werk in hierdie tyd uitstekend, met die voorwaarde dat jy "die beste staanplek" binne sy kerngebied gebruik. ("die beste staanplek" het natuurlik 'n baie lang definisie)
Nog 'n ding, hoekom leer Jaracal ons dat die moeilike tyd eers op 15 Julie op 'n einde is? Ek weet nie hoe hy aan daardie datum gekom het nie, maar ek kan raai. Ek het al die OTA's en ander data wat ek in die hande kon kry, fyn bestudeer. Heinrich is 100 % reg, jakkalse kry van middel Julie tot Oktober kleintjies, met die piek iewers in Augustus. Hoog dragtige stelle of stelle met kleintjies sal geneig wees om meer agressief te reageer op klanke soos Jakkalshuil. Die wet van gemiddeldes is dus dat jou kanse eers van middel Julie af beter raak met iets soos Jakkalshuil. Nie te s? dit kan in uitsonderlike gevalle nie voor die tyd werk nie, maar voor die tyd is beslis 'n slegte idee, in die oorgrote meerder van gevalle.
Heinrich Funck is 'n ou uitgeslape GURU wat se raad nie sommer so versmaai moet word nie. Ek is lief om myself slim te hou, maar kom keer op keer agter dat ek besig is om die wiel te herondek.
So dink ek in elk geval. Julle moet my maar reg help waar ek twak praat.
Mooiroep
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.