Soos ‘n poep in ‘n nagrok…

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Soos ‘n poep in ‘n nagrok…

Post by KillMurphy911 »

Net onderwysers sal die verstaan!

Soos ‘n poep in ‘n nagrok…
Posted by NADIA on AUGUST 22, 2018
Dis die derde periode, die een net na pouse. Ek het alklaar krisis beheer toegepas na ‘n klomp seuns van buite af op my tafel afgestorm gekom het soos ‘n toneel uit Jurassic Park. Hulle is nog nat gesweet, met ‘n sokkerbal onder die arm. “Juffrou, mag ek badkamer toe gaan?” Die logiese en regverdige deel van my wil gil: “DIT WAS NOU NET BLERRIE POUSE!”, maar ek het al geleer… Sekere oorloë kan nie gewen word nie.

Na ‘n gesukkel en omkopery kry ek uiteindelik ‘n vorm van ‘n boek uit hulle tasse en op hulle tafels. Ek is nie geflous nie – ek weet met nadere inspeksie sal ek vind dat twee of drie ‘n Biologie-boek is en êrens skuil daar definitief ‘n Wiskunde-werkkaart wat onder uitgeloopde Fanta deurgeloop het, maar ek is dankbaar vir die feit dat hulle ten minste nog PROBEER om vir my te lieg. ‘n Optimis sou sê dit tel as vordering. My ma sou sê dis blerrie onbeskof.

Ek haal diep asem en met my whiteboard-marker staan ek gereed. Gisteraand half elf was ek nog besig om prentjies te soek van zombies (grillerig genoeg dat hulle moet dink dis cool, maar nie te grillerig dat ek ‘n histeriese email van ‘n vegetariese ma kry nie). My PowerPoint is foutloos – jy kan van dit af eet. Dis ook tien teen een die rede waarom ek nog single is; watter man gaan aan die slaap raak met sy vrou wat met haar laptopskerm in sy oë skyn of hom wakker maak met die vraag: “Liefie, wat is Fortnite?”

My stembande vibreer soos ek my juffrou-stem projekteer: “Reg! So, ons trek nou by hoofstuk 8… Hoekom het Liza vir Jake met die bord gegooi?” Hulle kyk my aan asof ek vir hulle vra waar Dawid die wortels begrawe het. Hulle oë is glaserig, soos die van ‘n fonteinpadda wat in hoofligte vaskyk.

“Agge nee, man! Ons het gister hierdie deel gelees!”

Skielik skiet daar ‘n hand op. Prys die Heer met blye sang!

“Ja, Liam?”

Sonder huiwering – “Juffrou… Hoe laat begin die volgende periode?”

Dit voel of ek twee krokodille gelyktydig kan borsvoed. Ek herinner myself dat ek nie nou aan ‘n hartaanval kan sterf nie – ek het nie een van my mooi panties aan nie en as hulle my hier op die grond moet kom optel, skaam ek my dood vir my grys gevaarte met die vaalgewasde pienk blommetjies op wat ek vanoggend aangetrek het.

Ek haal diep asem en draai woordloos om. Party giggel en ek kan ‘n onderlangse “idioot!” uitmaak. Ek lig my hand (en my oë op na die berge) en begin die antwoord op die bord skryf.

Iewers tussen ‘n “i” en ‘n “e” tref dit my. My neusgate brand en my broodjie wat ek pouse afgewurg het, dreig om na die oppervlak te kom. Dit ruik soos ‘n verwaarloosde straathond wat op die strand in die reën rondgehardloop het en toe in ‘n drie dae-oue rob-karkas gaan rondrol het.

Iemand het gepoep.

Ek draai so vinnig om dat ek skoon lighoofdig is (alhoewel dit ook moontlik van die reuk kon wees). Ek gluur oor die see van verskrikte oë. Wanneer my woorde uitkom, is hulle kort en kragtig.

“Wie. Was. Dit?”, sis ek.

Stilte.

Wat voer hierdie ouers hulle kinders? Geen gesonde wese kan so ‘n reuk produseer sonder om medici, die kerk en die weermag bekommerd te hê nie.

Die skuldige het verdwyn soos ‘n poep in ‘n glyerige nagrok.

“Ek kan nie glo ek moet vir ‘n klomp veertien-jariges verduidelik: JY KAN NIE POEP IN ‘N BEKNOPTE SPASIE NIE! Het jy GEEN maniere nie?! So, nie net moet ek Afrikaans in jou klapperdop probeer kry nie, maar ek moet vir jou maniere ook leer??”

Almal draai soos een man na ‘n rooikop kind agter in die hoek van die klas. Hy sweet soos ‘n ou tannie by ‘n Bobby van Jaarveld-konsert. Hy moet nog in sy ore en sy blazer ingroei.

“Max, was dit jy?”

Sy oë vlieg heen en weer. Sy hele menswees skree: “Help!”. Myne ook.

“Uh…Uh… Nee. Juffrou.”

“Nou as dit nie jy was nie, wie was dit?”

Sy senu-sweet vorm al ‘n plassie onder sy stoel.

“Ek weet nie, juffrou.”

En hy laat sommer nog een vry onder die druk van die oomblik.

“Nou as jy nie weet nie, wie gaan weet?”

Die kinders om hom se oë begin traan. Een se neus raak aan die bloei. ‘n Ander een sou later sweer dat hy daardie dag na die trauma van bloedgroep verander het.

“Nee, sies man! Gaan badkamer toe en kom terug as jy beter voel.”

Die kind staan op en loop met Steve Buscemi-oë by die klas uit. Ek haal diep asem, maar hierdie keer maak ek seker ek doen dit in die rigting van die deur. Die oopmaak daarvan bring ‘n verwelkomde vars briese wat my van die afgrond van omslaan keer. Weer draai ek om, met my rug na die klas en skryf verder op die bord.

Terwyl ek skryf, met die laaste bietjie vertroue in die jeug van vandag, vra ek: “So, wie kan vir my sê hoekom Liza vir Jake met die bord gegooi het?”

Ek draai om met die verwagting om ‘n klomp ywerige hande in die lig te sien. Ek is teleurgesteld. Net een.

“Ja, Liam?”

Geen huiwering.

“Juffrou, jy’t nog nie gesê hoe laat die volgende les begin nie.”



En dis hoekom ek drink
We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
User avatar
cobus s
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Wed Sep 02, 2015 11:57 am

Re: Soos ‘n poep in ‘n nagrok…

Post by cobus s »

User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Soos ‘n poep in ‘n nagrok…

Post by FHM »

Ja nee waragtig!!!
Lekker gelag vir die een ++>:
Laat my dink aan die laaaang vakansie trips van Kathu af Henties toe, 4 broers agter in die Holden bakkie - soms het ek tot twee minute my asem kon ophou ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Soos ‘n poep in ‘n nagrok…

Post by Malan123 »

Hahahahahaha
Jakman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Mon Sep 14, 2015 7:37 am

Re: Soos ‘n poep in ‘n nagrok…

Post by Jakman »

:laugh:
Hunting is not a matter of life or death... Its much more important than that.
.243 Musgrave 6.5 Creedmoor .22 Sako
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: Soos ‘n poep in ‘n nagrok…

Post by dawiec »

:laugh: :laugh:
Post Reply