Die kolf werk goed en ek gebruik dit suksesvol. Lateraan ondervind ek probleme met raakskiet en blameer myself maar.
Voorlaas Saterdag is ek, George en Paul op die baan en stel n magneto speed op (of strap hom aan).
Ek probeer my slot uithaal maar selfs met die wangstuk heel onder steek die slot vas.
Na n effense gesukkel is die slot uit. Ek kyk deur die loop om seker te maak ek skiet nie die chrony vlenters nie. Ek kyk in my recoil pad vas?
Ek besef daars groot fout. By nadere ondersoek vind ons dat die kolf "slap" is (geraak het) oor die pistool greep.
Ek neem n video van hoe die kolf flex en vra dadelik vir Geno raad.
Geno verduidelik sy huidige situasie met AIM en forward dadelik die video na Werner toe en Werner se besonderhede na my toe.
Ek maak kontak met Werner. Hy sê hy weet alreeds van die probleem en hy gaan dit dadelik uitsorteer. Watter kleur soek ek die vervangings kolf in?
Hy verduidelik dat dit n heel begin kolf is wat ek gekry het en dat hulle daardie probleem ondervind op die eerste model kolwe.
Hy onderneem om die eerste kolf wat beskikbaar raak te kleur na my smaak en aan te stuur.
Gister oggend kry ek n WA met foto van Postnet waybill.
Dankie Werner dit word hoog op prys gestel.
Dankie Geno vir jou onmiddelike reaksie en hulp.
Julle twee is CHAMPS
Groete


