Kan ons EDC (every day carry) gesels?

User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by JJV »

Wat dra jy elke dag by jou om jou of jou geliefdes se lewens te beskerm?

As ek nie by die werk is nie het ek my G26 Gen3 met 12 x Rangers en ‘n Spyderco mes by my. Die Spyderco gaan wel saam werk toe!

Dra jy extra mags,batons, pepperspray etc by jou?

Ek wil graag jul opinie hoor en by jul leer.

JJV

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by Springkudu »

Ek volg die een

Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
ricus 1
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Sat Feb 08, 2014 10:19 pm

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by ricus 1 »

Ek volg Ook.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by Alwin »

Die Afrikaanse term is EDD. Elke Dag Dra. Dit sê sommer lekker ook.

Nadat ek eendag groot geskrik het, dra ek nou 2 verlengde magasyne ekstra in my broeksakke. As ek nog plek kan kry waar hulle mooi wegsteek, sal ek nog bylas.

Ek het nog nooit gehoor van iemand wat in 'n "situasie" was, wat gewens het hy het minder patrone by hom gehad nie... ;)
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by JJV »

Behalwe my edc is daar pepperspray in my voertuig en my 2x12 magesyn houer met sy paddle is onder in die Hilux se deur gehak, as ek Jhb of plaas toe gaan gooi ek die 31 happy stick magesyn ook in die kant paneel vd deur. Hoor graag wat jul doen!

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by JJV »

Alwin wrote:Die Afrikaanse term is EDD. Elke Dag Dra. Dit sê sommer lekker ook.

Nadat ek eendag groot geskrik het, dra ek nou 2 verlengde magasyne ekstra in my broeksakke. As ek nog plek kan kry waar hulle mooi wegsteek, sal ek nog bylas.

Ek het nog nooit gehoor van iemand wat in 'n "situasie" was, wat gewens het hy het minder patrone by hom gehad nie... ;)
Mag ek vra hoekom jy groot geskrik het?

Sent from my iPhone using Tapatalk
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by Diesel Dog »

Hier kan ek nie saam gesels nie , dit is nou een onderwerp waarvan ek geen kennis het nie ,so ek volg ook .

Jy kan maar se ek is soos 'n Polisie hond, met n pistool gebore en dra hom elke dag maar skiet net blanks !

DD
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by Gbyleveldt »

Ek dra heel dag n P07 IWB, so op 5 uur. Eks n groot fan van 147gn Ranger T’s vir EDC. Dan n CRKT tanto in die broek se sak vir allerdaagse takies.
GVC86
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by GVC86 »

CZ85B 4uur op belt.
2 mags (minimum, 1 in pistool, 1 9uur op belt) = 30 147gr Ranger T's. (as klere dit toelaat n extra mag in die broek sak)
Gerber knipmes met clip gehak in linkerkant broeksak = werkmes
90mm vastelem mes in kydex holster 10uur op belt.

Ons het al by Sas die gebuik van knipmesse opgemeet teen vastelem messe. Mens se "fine motor skills" is nie so goed onder druk nie. As mens vinnig n mes nodig het is n vastelem die antwoord.

Om n pistool te dra sonder n spaar mag is soos om langpad te ry sonder n spaar wiel, jy is die kar sorg dat daar n spaar wiel in of aan die kar is. N spaar wiel in die trailer onder al die vakansie goed gaan jou nie dadelik uit n ongewenste situasie help nie.

Sent from my TA-1012 using Tapatalk
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by Gbyleveldt »

^^^ Ek wil ook 4 uur dra, maar ek vind dit krap my kar se leer sitplekke, en die pistool druk in my love handles (die kar het die vreeslikste bucket seats wat jy nog gesien het). So ek moes maar n kompromie maak. Ek het ook maar plat boude, so op 4 uur sak die hele affere gedurig. Ek wil graag AIWB probeer, maar ek vermoed die boepens is te groot daarvoor.

Goeie tip op die vastelem mes, ek sal verseker daai raad volg, dankie!
GVC86
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by GVC86 »

Gbyleveldt wrote:^^^ Ek wil ook 4 uur dra, maar ek vind dit krap my kar se leer sitplekke, en die pistool druk in my love handles (die kar het die vreeslikste bucket seats wat jy nog gesien het). So ek moes maar n kompromie maak. Ek het ook maar plat boude, so op 4 uur sak die hele affere gedurig. Ek wil graag AIWB probeer, maar ek vermoed die boepens is te groot daarvoor.

Goeie tip op die vastelem mes, ek sal verseker daai raad volg, dankie!
"carrying n gun is comforting not comfortable"....

Dit is iets om gewoond te raak, maar daai deel van die lyf raak "num" of dood en jy kry naderhand nie meer pyn van daar dra nie. Die kar se seat is maar n probleem.

Het jy n ordentelike belt? Ek gebruik n cobra belt wat ek by TacQM gekoop het, sukkel nie meer met pistool wat sak nie.

AIWB is n goeie opsie as dit vir jou werk, baie voordelig vir wanneer mens bestuur en in algemeen om vinnig die wapen gereed te kry vir aksie. Het dit probeer met aangepaste holsters maar het nie gewerk nie, sal n regte AIWB holster moet kry en weer toets.

Sent from my TA-1012 using Tapatalk
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by OosKaapJagter »

Ek is seker maar 'n bangbroek. Daarom dra ek sedert so 1995 elke dag 'n .45 Norinco. Voor dit was dit 'n .38 S&W Webley.
Die .45 word gedra met 'n rondte gekamer en 8 in die magasyn. Synde dit onmoontlik kan kompeteer met die hoë kapasiteit 9mm's, word 'n ekstra 8 rondte magasyn en twee 11 rondte magasyne in my broeksakke gegooi. In die somer werk 'n binne die belt holster op die linkerheup onder die hemp. In die winter is dit buite die belt op die regterheup, onder 'n baadjie. Karsitplekke het al skade gekry deur die jare.
In die voertuig self is nog twee gelaaide magasyne en 'n ekstra pakkie ammunisie.
Net so terloops, daardie stuk Chinese gemors het nog nooit probleme gegee nie en word weekliks geskiet. Dit toon die tekens van daaglikse dra, maar dit is eerlike karakter merke.
Daar is beter en ligter dra wapens, maar ek hou van die ou ding.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by FHM »

Alwin wrote:
Ek het nog nooit gehoor van iemand wat in 'n "situasie" was, wat gewens het hy het minder patrone by hom gehad nie... ;)
Goed gestel en baie waar! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 714
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by Askari »

Glock 23 in kydex "inside waistband holster" agter my rug en Spyderco Manix 2 in my broeksak. 2 x ekstra 13 rondte magasyne, Fenix TK15 LED flits en ASP batton in my bakkie se cubbyhole)).

Die intimidasie waarde van 'n ASP wat "extend" word is nogal indrukwekkend, so ook wanneer jy die Glock span en tussen 'n man se oë mik.... daai "nou gaan ek vat wat ek wil hê" wat verander in 'n "o $#*, nou het ek poef" uitdrukking is priceless.
Gooi lood!!!!
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by jankraay »

Smith & Wesson M&P Full size 9mm met een in die kamer en 17 in Magesyn(Ranger +P+) concealed carry.

Dan ook is ons deel van die reaksie eenheid van die dorp en plase so daar is permanent n bullet proof in my bakkie met 2x vol magsyne en n baaaie skerp Buck mes by hom(as ander lisensies deurkom verander die een so bietjie)

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by FHM »

Ons diekant van die draad in die Noorde is nog nie (met God's genade) daar waar julle manne is nie - elke dag rooi kondissie! Dus kan ek regtig nie saam gesels met julle dra metodes nie, ek gee maar net n weergawe van min of meer hoe dit hier in my omtrek gaan.

Ek is meer op geel deurgans, en dan saans en naweke buite die dorp op oranje. Dus sien ek en hoor ek van weinig manne wat EDD in die dorp diekant. Buitekant die dorp vir EDD is dit nog nie noodsaaklik, maar ek wil nie die eerste statistiek hierdiekant wees nie so ek dra na werk in die middag tot slaaptyd en dan heel naweek elke naweek.

Ek dra 1 op en 9 in die mag. (.45 ACP) EDD buitekant en as ek dorp toe kom en het 2 spaar gelaaide 9's in die paneelkissie van die bakkie tesame met n pakkie van 25 (Hornady critical duty +P 220 grn).
Sussie het peperspuit in haar handsak, en n spaar in die paneel kissie.

Ek dra nie aan my as ek ry nie, die Beretta se 10 rondte magasyn-verlenging druk ook erg teen die bakkie se sitplek en dit druk die loop (so 2 cm loop steek voor uit by die glystuk) af teen my bobeen vas en steur my te veel, so in die voertuig is die wapen in my 'manbag' langs my sitplek, tot ek uitklim erens.

EVDM en naweke as die dorp n 'kleurverandering' ondergaan en ek en sussie kom in vir inkopies dra ek wel in die dorp, want daar is gereeld gevalle van grypdiewwe en as ek met n mes gedreig word om my beursie of sus haar handsak af te gee wil ek darem die Beretta kan trek om my meningsverskil pertinent oor te dra.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by Vleisie »

My EDD bestaan tans uit ‘n Glock 19 met ‘n 15 skoot mag en WML, dan ‘n spaar 17 skoot magesyn. Beide met Hollowpoints, dan ook ‘n neck knife, klein hand flits en my leatherman. In my bakkie is my Bullet proof met 2 vol spaar magesyne 1x15 en 1x17 asook in my bakkie se deur ‘n 15 skoot met FMJ(om honde ens te skiet sou ek hulle onder my skape kry). Ek is nou in die proses om ‘n IFAK bymekaar te maak wat saam die bulletproof kan bly.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
MP1986
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Fri Feb 17, 2017 2:39 pm

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by MP1986 »

Net vir interesantheid, hoeveel van julle het opleiding gekry vir EDD?
Hoe gereeld oefen julle en watse tipe oefeninge indien wel. Ek kyk gereeld videos van self verdediging wat reg/skeef loop op youtube (Active Self Protection kanaal)
‘n Mens het vooropgestelde idees oor wat mens kan/moet doen as jy EDD en die kanaal het so bietjie my oë oopgemaak vir die voordele/nadele en moets/moenies van EDD

Sent from my iPhone using Tapatalk
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by Gbyleveldt »

GVC86 wrote:
Gbyleveldt wrote:^^^ Ek wil ook 4 uur dra, maar ek vind dit krap my kar se leer sitplekke, en die pistool druk in my love handles (die kar het die vreeslikste bucket seats wat jy nog gesien het). So ek moes maar n kompromie maak. Ek het ook maar plat boude, so op 4 uur sak die hele affere gedurig. Ek wil graag AIWB probeer, maar ek vermoed die boepens is te groot daarvoor.

Goeie tip op die vastelem mes, ek sal verseker daai raad volg, dankie!
"carrying n gun is comforting not comfortable"....

Dit is iets om gewoond te raak, maar daai deel van die lyf raak "num" of dood en jy kry naderhand nie meer pyn van daar dra nie. Die kar se seat is maar n probleem.

Het jy n ordentelike belt? Ek gebruik n cobra belt wat ek by TacQM gekoop het, sukkel nie meer met pistool wat sak nie.

AIWB is n goeie opsie as dit vir jou werk, baie voordelig vir wanneer mens bestuur en in algemeen om vinnig die wapen gereed te kry vir aksie. Het dit probeer met aangepaste holsters maar het nie gewerk nie, sal n regte AIWB holster moet kry en weer toets.

Sent from my TA-1012 using Tapatalk
Daai bold gedeelte is baie waar. Ek het die Daniels Cobra EDC belt en dan hulle Kydex IWB holster ook. So op 5uur werk dinge die beste, vir die kar se sitplek ook. Ek wil wel kyk na 'n ander holster net om bietjie te try.
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by Gbyleveldt »

MP1986 wrote:Net vir interesantheid, hoeveel van julle het opleiding gekry vir EDD?
Hoe gereeld oefen julle en watse tipe oefeninge indien wel. Ek kyk gereeld videos van self verdediging wat reg/skeef loop op youtube (Active Self Protection kanaal)
‘n Mens het vooropgestelde idees oor wat mens kan/moet doen as jy EDD en die kanaal het so bietjie my oë oopgemaak vir die voordele/nadele en moets/moenies van EDD

Sent from my iPhone using Tapatalk
Nog nie tyd kon maak vir opleiding nie, maar dis verseker iets wat ek wil gaan doen. My groot prioriteit is om eers te leer raak skiet :)

Ek doen baie 'dryfire' om seker te maak die wapen mik reg by natuur, en dan so 2 keer 'n week op die range om my spoed te verbeter. Ek was oorspronklik anti EDD gewees; ek het gedink die manne is almal Rambo's, maar het uit andere se ervaring geleer dat EDD deesdae KRITIES is as jy enigsins jou eie veiligheid ernstig opneem
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by Harambe »

Ek sal altyd minstens 'n lekker skerp mes op my he. Maar gewoonlik het ek 'n pistool en 'n spaar magasyn ook. En pepersproei aan my sleutels. Want jy gaan soms 'n situasie he waar jy nie kan skiet nie, maar tog nodig het om jouself fisies te verdedig.
Of so iets
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by Hugov »

Hello manne.

Sig sauer SP2022 .40 S&W 1 op met 12 in mag in stealth gear IWB holster 4 uur dra
1x spaar 12 rondte mag in broeksak
1x 12 rondte mag in bakkie se deur.
1x Kabar TDI vastelem op belt 11 uur dra
1x Emerson commander in broeksak, leatherman op belt 1 uur dra.
1x Olight M2R in bakkie.
Grab bag met IFAK sak wat kan loskom en saamdra.

Groete H
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by Springkudu »

Julle manne wat die mag's in bakkie los, is dit wettig? Ek vra uit onkunde.
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by Harambe »

Springkudu wrote:Julle manne wat die mag's in bakkie los, is dit wettig? Ek vra uit onkunde.
Kom ons se maar net hulle sluit dit in 'n voorgeskrewe "car safe" toe.
Of so iets
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Kan ons EDC (every day carry) gesels?

Post by jankraay »

Harambe wrote:
Springkudu wrote:Julle manne wat die mag's in bakkie los, is dit wettig? Ek vra uit onkunde.
Kom ons se maar net hulle sluit dit in 'n voorgeskrewe "car safe" toe.
KorrekImage

Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply