Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Manne ek weet, die topic is seker al so afgesaag maar ek weet regtig nie meer watter kant toe nie. Ek het klaar n lieflike 30-06, besig met die process vir n 375 H&H. ek soek n kaliber vir daai lang plat vlakte skote (springbok, gemsbok) - die 30-06 doen dit al reeds maar ek wil bietjie minder wiskunde doen en ek soek n platter trajek.
Ek herlaai nie self nie maar oorweeg dit sterk.
ek is baie tevrede met die 30-06 en hy skiet baie plat met die 150 grain hornady's maar tog voel dit vir my met n 300 Win Mag gaan ek net nog lekkerder daai lang skote skiet. Ek zero op die oomblik op 200m daarvandaan is dit 9 clicks +7.4" tot op 300m en 21 clicks +21.5" tot op 400m.
Witpietskiet is heeltemal reg! ek herlaai ook nog nie en skiet met 'n 7mm rem mag. PMP petrone kry ek amper orals beskikbaar maar baie duur!
Bietjie meer oor daai 7mm rem mag, hy skiet rerg baie plat! ek gooi die 140grein dan loop hy lekker vinnig. Ek het al die 180grein gegooi 'n paar jare vir swart wildebees en eland. Ek het nou 'n 375H&H ook gekry, skiet 'n herlaaide dop 200grein punt met hom, jy kan dit oorweeg as jy geld wil spaar en nie 'n hele nuwe roer koop nie! Die 300WM was vir my ook 'n opsie maar my oom jag al vir jare met 'n 375H&H so toe vat ek maar hom bo die 300WM.
Maar ja, mens kan nie verkeerd gaan met die 7mm rem mag nie.
DSG,
my opinie...
As ek n 30-06 en 375 gehad het sou ek na iets soos n 243 of 25-06 gekyk het.
Met die 30-06 kan jy reeds 150gr by die 3000fps gooi wat redelik naby aan bv die 7mm RM is.
Die 7mm het n beter profiel en gooi dalk bietjie vinniger maar jy wen nie soooo baie nie.
Geneig om saam te stem met Janjak,
Ek het vir die 300 geopt omrede Gemsbok ook op die menu was, maar jy kan GSC's (onder andere) vir die .375 asook vir die .30-06 kry om die gemsies te looi doer ver, maar onthou die .300 gaan dit beter doen as die .30-06 dit is verseker, ek het ook .30-06 maar dis maar realiteit.
Dan kan jy die 25-06 vat vir die springbokke en Blesbokke ens. (Se maar net 25-06 omrede ek myself uit 243 gepraat het en toe 25-06 gekoop het )
Kyk ook na wat Geno met daai 25-06 gedoen het op gemse ook opdie Deben Gemsbokke post van hom.
Ai julle manne laat my lekker lag so op die Vrydag!!! Maar baie dankie vir die goeie raad van almal - ja dit is nie n maklike besluit nie, ek sal hom maar maak more nadat die Bulls die Stormers getrap het. Lekker Naweek hou manne!
Ek dui net 'n aanhaling aan wat ek vir Verkenner gepost het toe hy homself voorgestel het: Ons het hier op die forum 2 beleide wat asb gehoorsaam moet word.
1. Jy mag nie die Blou Bul / Bulls naam noem nie , dit is kru taal en word nie geduld nie.
2. Jy mag nie oor jou Land Rover "Breg" nie.
Jy moet asb ook by die praktyke gehoorsaam.
Groetnis
Last edited by Jaco Swart on Fri Jun 10, 2011 5:20 pm, edited 1 time in total.
Julle manne sukkel om die regte kaliber te kry. Kies nou 7x64 en julle sal reg wees vanaf duiker tot eland. Minder terugslag en kruit as 7mm Rem en dieselfde vir 30-06. Plat trajek en bobaas kaliber. As jy reeds 30-06 het kry 243 vir die medium wild. Gebruik premium punte en die wild sal joune wees.
1) 25-06 of .243 of 6.5mm Swede
2) 300 Win Mag of 338 Win Mag
3) .416 Rigby of .375 H&H of 9.3x62
CZ 537 - 7x57mm Mauser Nosler 48 - 243 Win Savage 12 VLP DBM - 300 WSM Tikka T3 Lite - 22-250 Rem Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"