soek raad met goeie verkykers.

Post Reply
bullseye

soek raad met goeie verkykers.

Post by bullseye »

More manne

Ek wil vir my n verkyker aanskaf en soek raad. Op die staduim kyk ek na zeiss se 30mm modele in 10x vergroting, asook na swarofski se 30cl modele en el32 10x vergrotings . die zeiss is baie goedkoper so ek oorweeg hom meer. maar as swarofski beter is in helderheid,field of view en robuustheid sal ek dit ook oorweeg van die ander vervaardigers ken ek nie so goed nie. Ek luister graag. die verkyker sal meerendeels vir jagdoeleindes gebruik word.

groete
Ben
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: soek raad met goeie verkykers.

Post by Gerhard »

Ben,

Ek het nog nie met die verkykers wat jy noem in die veld gewerk nie.

Maar ek besit n Nikon Monarch 10 x 42 nou al vir n paar jaar. Ek gebruik hom as ek jag en toe ek met kliente gejag het.

Baie goeie kwaliteit lense en beeld teen n baie billike prys.

Hoop dit help.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: soek raad met goeie verkykers.

Post by Dawid »

Ben , ek het  Steiners en  Nikons en ek kan jou verseker daars nie fout met hulle nie.Sodra hulle reg ingestel is op jou sig is die beeld uitstekend.

Baie goedkoper as wat jy wil koop en vir my in die jagveld 100%.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
bullseye

Re: soek raad met goeie verkykers.

Post by bullseye »

Ek het n nikon kamera en is baie tevrede, van die steiners het ek nog net goeie goed gehoor maar is die verkykers bril vriendelik.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: soek raad met goeie verkykers.

Post by Gerhard »

BEN BRAND wrote: Ek het n nikon kamera en is baie tevrede, van die steiners het ek nog net goeie goed gehoor maar is die verkykers bril vriendelik.
Ja die Nikon Monarch gebruik ek met my sonbril op as ek op plekke soos die Hoe Veld werk waar die son baie weerkaats van die gras af.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: soek raad met goeie verkykers.

Post by tripodmvr »

Was onlangs lang bespreking oor die' onderwerp onder opskrif "Watter verkyker". Kyk met search funksie bo en miskien is daar alreeds 'n antwoord op jou vraag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7574
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: soek raad met goeie verkykers.

Post by Wouter Roets »

Hallo Ben

Ek wil geensins afbreek maak aan die manne se raad en terugvoering nie. Ek kan dalk meskien net so bietjie lig werp op die top modelle se verrigting. Ek jag nou al n paar jaar met Zeiss se Conqeust modelle in die volgende modelle nl 8x30, 10x30 en 12x45. Hulle is besonder helder en baie vriendelik vir brildraers. Die eye relief is goed met oogstukke wat mooi uitdraai vir brillose manne en indraai vir brildraers. Hulle is nog lekker styf by die knakpunt, iets wat ek sien baie verkykers begin probleme gee met ouderdom. Wat ook lekker van hulle is dat die vestelling op die fokusknop kleinerig is en nie nodig is om hom sewentien keer in die rondte te draai vir n skerp beeld nie. Hy is kompak en volgens my net die regte gewig vir heeldag dra. Hy het ook mooi rubber omhulsel wat hom vir lank mooi hou. Ek is seker as ek hulle nou afvee lyk hulle soos die dag wat ek hulle gekoop het!
As ek vandag net een moet kies sal dit die 8x30 wees vir alle jagdoeleiendes. Ek voel 30/32mm is al wat nodig is vir jag. Hierdie is maar my eie opienie maar ek het al met genoeg gewerk met ander make om een te he. Die ander twee top make volgens my is Leica en Swarofski maar ek voel vir die prys van die Zeiss is daar nie gelyke nie.

Groette
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: soek raad met goeie verkykers.

Post by .::Alwyn-U::. »

Hi Ben

Ek stem saam Gerhard op daai een! Die Monarch 10x is vir my die een, hy is lekker compact en durable.. Hy kom in 'n paar kleure weet ek, selfs in camo! maar ek het al gehoor van mense wat 'n camo ding neersit ini veld en nooit weer gekry het nie ;D haha...

Groete!
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: soek raad met goeie verkykers.

Post by klipspringer »

Ben

My stem gaan vir die Zeiss Conquest. As dit vir hoofsaaklik boswereld op 50 - 100 m is, die 8x30T vir groter sigveld. As dit vir hoofsaaklik vlakteskiet van 100 m en verder is, die 10x30T vir meer detail. Goeie beelddefinisie, lekker in die hande, lekker op die oog, kompak, 550 g, fokus maklik en vinnig, "eye relief" gemaklik, verstelbare "twist-up eye cups" ens.

Groete
Jan
Post Reply