LED jaglig

Post Reply
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

LED jaglig

Post by Kubus »

Weet julle ouens dalk of daar al n LED jaglig op die mark is wat jy kan gebruik vir die jakkalse?
Wat soos die Lightforce 170 of 240 op n dimmer gekoppel kan word in 12 volt?
As daar is, waar en teen watter prys?

Dit behoort seker befonk te werk!!

Ek luister graag, en ek sien op YR voorspel hulle 39mm reen by ons vir Saterdag. Ag ek hoop tog dis waar.
Groete
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
User avatar
charles_jordaan
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Mon Sep 04, 2017 8:07 pm

Re: LED jaglig

Post by charles_jordaan »

Het ook al oral gesoek en nog niks gevind. Hoop die reen kom.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: LED jaglig

Post by Malan123 »

Sover ek dit het kan jy glad nie LED dim nie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13643
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: LED jaglig

Post by Geno »

Jy kry dimmable LED's.
LED is te wit vir nagjag in my opinie. Selfs op my bakkie het ek Lightforce halogeen spotlights omrede ek beter diepte kan sien en dit ook nie my oë so baie uitput soos LED ligte nie.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: LED jaglig

Post by Cobus(Cobb) »

Malan123 wrote:Sover ek dit het kan jy glad nie LED dim nie.
Jy kan wel LED dim, HID kan nie dim nie...

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: LED jaglig

Post by Kolhasie »

Wat ek agter gekom het hier by ons is dat die LED lig nie die oog so mooi optel as wat die Lightforce doen nie. En dat die diere meer onrustig is as die LED lig op hulle val.

Groete KH
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: LED jaglig

Post by Malan123 »

Daar leer ek ook iets. Ek stem saam met die manne. Gaan eenmaal die lightforce rigting
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: LED jaglig

Post by Kubus »

Dankie vir die inligting. Ook iets geleer, en nou hoef ek nie geld in daai rigting te mors nie.
Het n nightforce 240 en gaan maar voort met hom.
Gelukkig is die nightforce nie in n .270 beskikbaar nie, want hy sou nie werk nie. >:D >:D
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
Ali308
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Thu Sep 14, 2017 3:20 pm

Re: LED jaglig

Post by Ali308 »

Middag almal.

Wat dink julle van die groen led ligte?
Hier is manne wat hulle gebruik en soos ek verstaan werk hulle mooi?
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: LED jaglig

Post by jankraay »

LED maak hulle oë vrek seer en dan maak hulle dit heltyd toe. Saterdag aand gesien dat hy langer vir die LF se lig kyk as die LED spots en bar van die bakkie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
pieternel308
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Mon Feb 11, 2019 12:19 pm

Re: LED jaglig

Post by pieternel308 »

Jy kon led jalig by Quinets Worcester kry, jy kan dit ook dim. Weet nie of hulle nog beskikbaar is.
Post Reply