Naand manne.
Hornady het mos nou die AMax vervang met die nuwe ELD koeel. Soos ek verstaan is die ELD-M (match) soortgelyk aan die AMax net met die nuwe HeatShield tip. En dan is die ELD-X (eXpanding) vir jag bedoel.
Nou my vraag vir die langafstand jag manne.
Watter een sal die beste wees vir n toegewyde langafstand jag geweer? 500-1000m.
Die AMax was mos nog altyd baie populer vir langafstand jag... beteken dit dat die ELD-M beter gaan wees vir langafstand jag? Sal die ELD-X nog genoeg expand op die lang afstande of is hy meer vir algemene jag afstande bedoel?
Die ELD-M het natuurlik n meer aantreklike BC as die ELD-X.
Dit sal wees vir n 308 Norma Mag. Ek kyk na die 200gr ELD-X en 208gr ELD-M.
Lekker aand vir julle
Johan
Hornady ELD-X & ELD-M
- LRLaubscher
- Hero Member

- Posts: 568
- Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm
Re: Hornady ELD-X & ELD-M
Johan ek skiet tans 208gr ELD-Match uit my 300winmag met groot sukses. Het al geskiet tot 720m op wild en dit doen baie goed. Ek kan nie praat vir die ELD-X nie, geen ondervinding in hulle nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Hornady ELD-X & ELD-M
Hoe doen die ELD-M op wild met betrekking tot afstande nader as 400m. ? Ek weet die amax kan lelik maak.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Hornady ELD-X & ELD-M
Hallo Felix. Beste is om 'n wetpack toets te doen met die koeël op 700m en te kyk hoe hulle vervorm. Dit hoort jou al die antwoorde te gee.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)