Leupold VX-3i LRP

User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Leupold VX-3i LRP

Post by Gawie(13mm) »

Soos julle uit die opskrif kan aflei, is hierdie nuwe reeks teleskope van Leupold onbekend aan die meeste van ons. Die eenvoudige rede is dat hul eers aan die begin van die jaar wereldwyd bekend gestel is.

Nel Fourie van Formalito het in my oor gefluister dat ek 'n klein bietjie moet vasstaan, toe ek navraag doen oor sy aanbeveling vir nuwe glase vir my 243 AI. Nel se voorstel was dat ek eers een van die nuwe teleskope onder oë kry, voor ek besluit.

Ek is nie 'n groot kompetisie skut of uithaler jagter nie. Ek skiet nie een gat groepe nie en my begroting vir buitemuurse aktiviteite, is maar skraps.

My vereistes vir 'n nuwe teleskoop was as volg;
'n Teleskoop met helder glas, waarmee ek 6mm koeël gate, op 200 m kan sien op 'n bok teiken.
Genoeg vergroting dat ek gemaklik my raakskote op staal plate, verder as 350m, kan sien.
Bruikbare vertikale verstelling, sodat ek met gemak tot en met 1000m kan korrel met die 243.
Verkieslik, "oop" verstelknoppe en 'n sero-stop funksie.

Daar is heelwat teleskope wat aan die meeste van die vereistes voldoen, maar daar is altyd iets wat pla.
Gewoonlik is dit maar die prys. ;D

Quenets in Worcster het onlangs, heelwat goeie pryse op teleskope geadverteer en daarmee in gedagte kontak ek vir Ockert om navraag te doen oor die nuwe Leupold. Binne 'n half uur kom die oproep met die goeie nuus. Hy het jou waarlik een vir my opgespoor!

Die transaksie is beklink en Nel was so gaaf om dit vir my te gaan optel tydens sy rondtes in daardie kontrei.

Wel, hier is hy!

Leupold VX-3i LRP. 8.5-25 × 50.
20170623_162709-2016x1512.jpg
20170623_162658-2016x1512.jpg
20170623_162644-2016x1512.jpg

Die teleskoop het 'n paar nuttige funksies wat nie noodwendig uniek is nie, maar definitief nuut is vir Leupold in 'n "standaard" paket.

Die bulletjie het 'n 30 mm buis met 80 Moa verstelling in elevasie. Leupold se nuutste lens tegnologie vir maksimum lig "deur-laat". 'n Relatief hoë elevasie verstelknop met 15 Moa verstelling per rotasie en 'n sero stop. Die rede vir die hoë toring is die skede wat afsak, soos die stelknop gedraai word, om die elevasie, numeries aan te dui. Die wind stelknop se hulsel kan verwyder word en 'n ring word voorsien om die skroefdraad te beskerm, indien jy sou verkies om dit oop te hou. Soos met baie van die groter vergroting teleskope, is die sig wydte kleiner as normaal. Om hiervoor te vergoed is 'n handige hefboompie op die vergroting ring aangebring. Soek jou teiken op 8.5 vergroting en draai dan op tot 25 om te korrel. Die hefboompie kan ook verwyder word en vervang word met 'n plat skroef, indien jy dit sou verkies.

Op die baan het die teleskoop my verbaas. Ek kon my skote gemaklik op 300 m sien op 'n teiken met 'n wit agtergrond.
Die kruishaar is Leupold se T-moa met 'n 20 Moa se afmik strepies vir elevasie en horisontale afwykings. Die horisontale en vertikale bene raak nie aanmekaar in die middel nie. Dit vorm 'n klein opening wat sorg dat jy nooit jou mikpunt toemaak nie.

Wat kan ek nog sê behalwe dat die teleskoop sommer lekker windgat lyk op my 243 en alles doen wat ek graag van 'n teleskoop verlang.
Hierdie is die eerste werklike "veldskiet" teleskoop van Leupold en teen minder as R 20 000.00, sien ek maar swarigheid vir die kompetisie.

Lees meer hier oor die teleskoop.
Leupold VX-3i LRP

Volgens 'n betroubare bron is 'n groot besending oppad en behoort hul binnekort vrylik beskikbaar te wees.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Gawie(13mm) on Sat Jul 01, 2017 5:31 pm, edited 6 times in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by PWV »

Gawie(13mm) wrote:Soos julle uit die opskrif kan aflei, is hierdie nuwe reeks teleskope van Leupold onbekend aan die meeste van ons. Die eenvoudige rede is dat hul eers aan die begin van die jaar wereldwyd bekend gestel is.

Ek is nie 'n groot kompetisie skut of uithaler jagter nie. Ek skiet nie een gat groepe nie en my begroting vir buitemuurse aktiviteite, is maar skraps.
Moet jy nie dalk 'n ander stokperdjie kies nie? >:+
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Gawie(13mm) »

Ek het Oom; "$+&@n+" praat. >:+

Nog 'n paar foto's.
20170623_162719-2016x1512.jpg
20170620_180835-2016x1512.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Gawie(13mm) on Sat Jul 01, 2017 5:30 pm, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by ruaanb »

Lyk regtig netjies Gawie geniet hom!

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Smitstertjies »

Ek hou van daai hefboompie op die vergroting stelring. Dit is nogals iets nuttigs.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 930
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Philip J »

Maskas, daai lyk baie netjies. Ai tog.....
Groetnis
Philip
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Heinz Petersen »

Netjies Gawie. Eenkeer n Leopold man, altyd n Leopold man. Wat is sy interne versteling.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by joe rocket »

Heinz Petersen wrote:Netjies Gawie. Eenkeer n Leopold man, altyd n Leopold man. Wat is sy interne versteling.

Jy moet die hele skrywe lees en nie net prentjies kyk nie. Daar staan n 110moa interne verstelling. Netjies Gawie.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Gian_dP »

Netjies Gawie! Mag hy vir jou sommer baie 1st time hits gee.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2116
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by vossie1 »

Mooi Gawie,geniet hom. Ps is mamma nog by jou na die kopie?
Heinvdwalt
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu Sep 29, 2016 8:11 am

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Heinvdwalt »

vossie1 wrote:Mooi Gawie,geniet hom. Ps is mamma nog by jou na die kopie?
Jip, geniet hom Gawie. Ek geniet myne, was gister op skietbaan met hom. En ja, mamma nog bietjie knorrig maar sy sal weer goed word. Nie die eerste maal. Lol

Sent from my C6603 using Tapatalk
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Swede »

Gawie, wat is minder as R20 000.00

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Gawie(13mm) »

Swede wrote:Gawie, wat is minder as R20 000.00

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Daar het letterlik net 'n handvol van die teleskope in SA geland om hul bekend te stel. Ek kon myne kry vir R 16 000, maar ek vermoed dat die eintlike prys effens hoër sal wees, maar steeds onder R20 000 sal bly. Indien hul wel vir R16 000 gaan verkoop, gaan die manne vuisslaan vir hulle. ;D
@Vossie; te danke aan die Gloeimanne en 'n bietjie smouswerk, hoef ek nie geld van die "groceries" af te knyp nie. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Smitstertjies »

Gawie, is joune die SFP of FFP. Ek sien jy kry hom in FFP ook?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Gawie(13mm) »

Smitstertjies wrote:Gawie, is joune die SFP of FFP. Ek sien jy kry hom in FFP ook?
Myne is SFP.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by twinhunter »

Ek het verlede jaar met Leupold se "road show" die VX3i LRP FFP teleskoop geskiet en ek was bitter beindruk met die teleskoop.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Wouter Roets »

Geluk ou Gaafster

Mag daai Leupold jou net oneindige vreugde, genot en plesier verskaf. Moet se hy lyk sommer heel njarrerig op daai roer van jou. Dit is n great prys ook waartten jy hom gekry het. Voel die 7mm nou nie totaal afgeskeep nie?

Groetnis
Wout
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Gawie(13mm) »

Wouter Roets wrote:Geluk ou Gaafster

Mag daai Leupold jou net oneindige vreugde, genot en plesier verskaf. Moet se hy lyk sommer heel njarrerig op daai roer van jou. Dit is n great prys ook waartten jy hom gekry het. Voel die 7mm nou nie totaal afgeskeep nie?

Groetnis
Wout
Is jy dalk in die mark vir 'n MK4? ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by geelslang »

Dagse Gawie, baie nice scope daardie. Myne is oppad! Watter hoogte picatinny rail en ringe het jy op jou geweer?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Gawie(13mm) »

geelslang wrote:Dagse Gawie, baie nice scope daardie. Myne is oppad! Watter hoogte picatinny rail en ringe het jy op jou geweer?
Dit is 'n 30 Moa basis wat ek deur Heinz laat maak het.
Die ringe is Warne se QD ringe. Hulle is effens hoog, maar met die verstelbare wangstuk loop hulle baie mooi. Ek het hul eers goed gelap voor ek hul saam met die teleskoop gemonteer het. Kaptein en 'n paar ander manne val seker nou van hul stoelle af, maar ek het nog nooit probleme met hul gehad nie. ;D
Bygesê, ek het nog net eenstuk bassise gebruik. Met los weawer tipe basisse kan ek sien dat daar dalk spanning kan voorkom indien die gate effens skeef sit.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Andre308 »

Net daai vaal slot wat my pla.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Swede »

Andre308 wrote:Net daai vaal slot wat my pla.
Stem saam kort 'n bietjie touch up

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Andre308 »

Swede wrote:
Andre308 wrote:Net daai vaal slot wat my pla.
Stem saam kort 'n bietjie touch up

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Gawie ken n ou wat dit mooi blink polish, maar daar is traagheid aan sy kant om dit te laat doen
Image Image Image
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Gawie(13mm) »

Andre308 wrote:Net daai vaal slot wat my pla.
Slot Jewel
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Andre308 »

Gawie(13mm) wrote:
Andre308 wrote:Net daai vaal slot wat my pla.
Slot Jewel
En net daar het jy my verloor..."time is money, and I have neither of those"

Post n foto van daai slot as jy met hom klaar is.
Post Reply