Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die reels?

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by DWB »

Daai Mauser M66 is 'n lekker aksie, ek dink net nie dis die ding vir 'n 458 nie!

Jong, om groot kaliber te skiet is nie so rof soos almal dink nie!

Die koeel koste tussen die 458 en 404 is nie so groot verskil nie.

Ek skiet Kriek solids op die baan vir onder R10 per solid. 458 is ook nog onder R10.
Claw maak ook 'n Big Bore Range bullet teen R9 stuk.

458 doppe is goedkoop, die ander skaarser kaliber is duurder.

Maar as jy bv minimum 5 skote per dop uit kry kos dit jou ook R10 per skoot.

So teen onder R25/skoot is dit nie so sleg nie!

Gaan maak maar daai som op 'n kleiner kaliber deesdae en jy is ook nie vêr af nie!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by 470rigby »

Interessante gesprek. Terloops Wouter, t.o.v. jou mening 12:20 op 19de (Hoe kopieer mens die ding vorentoe?), koeels met dieselfde SD en spoed sal ewe diep penetreer, en is nie 'n funksie van die kaliber nie. As daar nie vervorming is nie, word penetrasie bepaal deur momentum/frontale area. Na al die somme kom dit neer op spoed x lengte (SD)
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by DWB »

470rigby wrote:Interessante gesprek. Terloops Wouter, t.o.v. jou mening 12:20 op 19de (Hoe kopieer mens die ding vorentoe?), koeels met dieselfde SD en spoed sal ewe diep penetreer, en is nie 'n funksie van die kaliber nie. As daar nie vervorming is nie, word penetrasie bepaal deur momentum/frontale area. Na al die somme kom dit neer op spoed x lengte (SD)
Oom Andrew, druk net quote regs onder.

Ek het nou al vir myself 'n simpel som gemaak en kan heeltemal verkeerd wees.

As mens bv vat in die 416 Rigby was die 410gr koeel die beste penetreerder.
As jy dit dan nou weer uitwerk teenoor kaliber grootte en lengte en jy kry 'n verhouding (ratio)

Nou as ek daai selfde ratio op bv my 404 sou toepas (lengte van koeel teenoor kaliber) gaan ek wel 'n swaarder en effens dikker koeel hê, maar nou per verhouding is die SD dieselfde.

So sou ons dan albei koeels uit die 416 en 404 teen dieselfde spoed skiet, gaan ons dan dieselfde penetrasie kry?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5028
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by Frederik »

DWB wrote:Max, ek sien jou probleem lê in jou arsenaal.

Jy kort 'n groot kaliber! (Onthou dit begin op .40" en op!)

;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

.423" groete!
Max, neem ook baie belangrik in ag al skiet jy .50 kaliber moet jy darem nog ten minste raak skiet. Sien Deon trap die 375 weer hard in die grond in.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by DWB »

Hahahaha ek het geweet ek sal darem hier en daar 'n byt kry!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by 470rigby »

DWB wrote:
470rigby wrote:Interessante gesprek. Terloops Wouter, t.o.v. jou mening 12:20 op 19de (Hoe kopieer mens die ding vorentoe?), koeels met dieselfde SD en spoed sal ewe diep penetreer, en is nie 'n funksie van die kaliber nie. As daar nie vervorming is nie, word penetrasie bepaal deur momentum/frontale area. Na al die somme kom dit neer op spoed x lengte (SD)
Oom Andrew, druk net quote regs onder.

Ek het nou al vir myself 'n simpel som gemaak en kan heeltemal verkeerd wees.

As mens bv vat in die 416 Rigby was die 410gr koeel die beste penetreerder.
As jy dit dan nou weer uitwerk teenoor kaliber grootte en lengte en jy kry 'n verhouding (ratio)

Nou as ek daai selfde ratio op bv my 404 sou toepas (lengte van koeel teenoor kaliber) gaan ek wel 'n swaarder en effens dikker koeel hê, maar nou per verhouding is die SD dieselfde.

So sou ons dan albei koeels uit die 416 en 404 teen dieselfde spoed skiet, gaan ons dan dieselfde penetrasie kry?
Nee DWB, ek weet dit klink snaaks, maar kaliber het niks met SD te doen nie, net lengte. Gaan kyk na die 6.5mm 160 koeel, hy lyk soos 'n naald, maar is tog bietjie korter as die .458 500gr koeel, en as jy die SDs uitwerk, is die 6.5mm s'n 'n bietjie kleiner.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by LoopSoosStroop »

Wiskundig gewys, gaan die penetrasie nie relatief bly tot die groote van die koeël nie?

M.a.w:

'n .224 koeël met dieselfde SD as 'n .458 koeël, gaan nie so ver penetreer nie, maar wel so ver relatief tot die twee se verskillende grootes (lengte of deursnee).
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by DWB »

Hahahaha ok, dit maak sin.

Maar sou jy nou daai verhouding van die 6.5mm 160gr koeel vat en toepas op die 458 koeel gaan jy dalk met 'n swaarder 458 koeel uitkom, maar SD dieselfde (mits die vorm dieselfde bly)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by 470rigby »

As jy jou 404 se koeel se gewig sou vermeerder tot 424 grein, sal hy dieselde SD as die 410 grein 416 he, en sal dan ook ewe lank wees, en dieselfde penetreer teen dieselfde spoed.
die 22 koeel met dieselfde SD as 'n 458 koeel gaan ewe diep penetreer teen dieselfde spoed ook, alhoewel dit baie onwaarskynlik is dat 'n 22 koeel ooit so lank as 'n 458 koeel sal wees
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by DWB »

100%
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by Wouter Roets »

Hallo Andrew

Ek verstaan jou dalk moontlik verkeerd. SD of sectional density se formule is die gewig van die koeel gedeel deur 7000 en dan word daai bedrag gedeel deur die deursnee(kaliber) kwadraad. Dit het niks met die lengte van die koeel te doen nie. Die SD van n mono koperkoeel sal presies dieselfde wees as die SD van n loodkern koper koeel van dieselfde deursnee, al verskil hulle lengtes. Die vorm van die koeel veral by die neus/punt het verseker baie te doen met hoe diep hy penetreer. Oor as genoeg toetse het dit nou al vir ons bewys.

Ek is ook nie oortuig dat twee identiese vorm koeels met dieselfde SD waarde en spoed uit verskillende kalibers dieselfde diepte gaan penetreer nie.

Groetnis
Wouter
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by 470rigby »

Hi Wouter
Die SD is eweredig aan die lengte slegs wanneer die koeelmateriaal en vorm dieselfde is, 'skuus ek moes dit bygevoeg het.

As jy jou (korrekte) formule hierbo vereenvoudig (as die dightheid van die koeelmateriaal dieselfde is) sal jy daarby uitkom

As ons 'n koeel vereenvoudig na 'n silinder, is die massa dan eweredig aan diameter kwadraat x lengte x digtheid.
Netso is die frontale area 'n funksie van die diameter kwadraat. (die ouens wat oorspronklik die SD formule vasgepen het, het nie pi (3.1416 in berekening gebring nie, wat okay is want dis net 'n konstante wat nie die relatiewe waardes tussen koeels gaan beinvloed nie). So jou formule gee dan diameter kwadraat x lengte x dightheid, alles gedeel deur diameter kwadraat. dit los dan lengte x dightheid, en vir dieselfde digtheid, net lengte

Nog 'n interessante ding van SD is dat wanneer 'n sagtepunt koeel se diameter byvoorbeeld verdubbel wanneer dit 'n dier tref, val die oorspronklike waarde van die SD met 75% tot 25% van oorspronklik
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by 470rigby »

Wat die oorspronklike vraag van hiedie draad betref, dink net wat gaan gebeur as jy met 375 H&H handladings gelaai met gegote koeels (200 gr teen 1500 vps) in die Zambesi vallei aankom, jy gaan heel wettig wees, maar did al! Miskien sal die PHs begin chronograwe uitpluk
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by Wouter Roets »

Andrew

;D ;D ;D Nee jy het my! Ek verstaan nou nog minder wat jy eintlik se. Se jy nog steeds dat eenderse konstruksie koeels van dieselfde SD waarde teen dieselfde spoed ewe diep sal penetreer ongeag die kaliber van die koeel? Kan jy dalk bietjie uitbrei hoekom dit so sal wees? Hierdie stelling maak energie total erelavant en tog word energie benodig om die weefsel weerstand te oorkom. Sal weefsel weerstand konstand wees ongeag die kaliber deursnee? Sal daar nie n afsny punt kom nie?

So terloops met jou laaste skrywe mok jy darem nou vir arme ou Hercules erg. ;D ;D ;D Jy kan maar die 45-70 en nog n paar ander rondtes ook in die ekwasie gooi wat kwalifiseer maar nie die pyp gaan rook nie.

Groetnis
Wouter
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by 470rigby »

Hi Wouter

Ek sukkel met my formulering want ek is te dom om formules en so aan met hierdie skryfwyse te tik. Laat ek probeer:

As ons nou nie praat oor afwyking van koeels as dit been tref en so aan nie, m.a.w. ons skiet in 'n homogene substans in en die koeel kan reguit loop. Verbeel jou nou jy kyk van voor af na die koeel. Jy gaan 'n sekere Cross Sectional Area sien (Kom ons noem dit CSA) Jy kan nou die koeel opsny in die langs-rigting, kom ons se eers deur die helfte, dan weer die helfte van elke helfte en so aan tot dit eintlik 'n versameling dun draadjies is. Elkeen van die het natuurlik nog steeds die lengte van die oorspronklike koeel. Vir die dun draadjies om te penetreer, moet elkeen die frontale area "oopmaak" of weefsel verplaas om die medium binne te dring. Soos om 'n spyker in hout in te kap. Hoe diep die stukkie penetreer sal afhang van hoeveel momentum hy agter hom het, want die medium moet hierdie momentum absorber. Dit maak sin dat die draadjie twee keer dieper sal penetreer as sy spoed verdubbel.

Verbeel jou nou dat jy twee van hierdie draadjies weer aanmekaar heg waar jy hulle gesplit het. Die CSA is nou twee keer groter, maar teen dieselfde spoed sal dit net so diep penetreer as die enkele draadjie, want elkeen het dieselfde momentum om sy eie pad oop te maak. So kan jy nou aanhou om hulle weer te heg totdat jy weer die oorspronklike koeel se CSA het, so al die draadjies werk nou saam, en teen dieselfde spoed sal die hele eenheid steeds ewe diep penetreer, en teen dubbel die spoed sal dit twee keer dieper penetreer ens.

So weefsel weerstand per frontale area sal wel konstant wees ongeag die kaliber. Die totale weerstand gaan op met die kwadraat van die kaliber, maar soos hierbo verduidelik is daar baie meer "draadjies" wat saamwerk in die groter kaliber.

Energie is 'n eerste neef van momentum, so hoe groter die momentum hoe (baie) groter die energie. Die energie kry ander dinge reg soos tydelike wondkanaal, weefselvernietiging ens.

In anti-pantser ammunisie gebruik hulle sg "long rod penetrators" wat van verarmde uraan gemaak word (uraan 238 wat geen uraan 235 bevat nie) Dit word gebruik om die hoogste moontlike SD te kry, want ons het reeds gesien SD is lengte maal digtheid, en U238 het 'n baie hoe digtheid. Mens kan so lang penetrator egter nie stabiliseer met rotasie nie, so hy word met 'n fin gestabilisseer. Mens kan ook nie genoeg druk op die klein CSA toepas met dryfmiddel nie, so hy word van 'n sabot voorsien wat wegval na trompverlating. So die ding staan bekend as 'n APFSDS rondte (armour piercing fin stabilised discarding sabot) Tipies 400 mm lank met tromsnelheid van 4000 fps plus!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by Wouter Roets »

470rigby wrote:Hi Wouter

Andrew ek verstaan wat jy hier probeer verduidelik. Ek het net een probleem daarmee en dit is dat die SD syfers van al hierdie draaitjies nie dieselfde is as die oorspronklike koeel nie. So dit staan basies jou vorige skrywe teen dat indien die SD syfer dieselfde bly ongeag die kaliber die pentrasie dieselfde sal wees indien spoed eenders is. Om hierdie nog verder te kompliseer stem ek ook nie saam met die stelling dat as jy spoed verdubbel jou penetrasie sal verdubbel nie. Pentrasie is n dinamiese proses. Kom ons vat bv die volgende. Jy sit met n CUP ontwerp op jou soliede koeel. Hierdie ontwerp veroorsaak n supecavatation in die teikenmedia teen n sekere spoed en dit veroorsaak dat dieper penetrasie verkry word in daai spoedband. Indien die spoed daal onder hierdie spoed belt dan is penetrasie minder. So pentrasie met hierdie ontwerp is nie iniform oor die hele spoedspektum nie. Ek weet plat mephalt koeels doen ook hierdie, wel in n mindere mate. Ek het vroeer hierdie gese en ek sal dit weer se. n Mens moet versigtig wees wanneer n mens wetenskaplike formules wil inbring om praktiese ervaringe te wil verduidelik of selfs te verstaan aangesien die fisiese gebeurtenis baie dinamies en ingewikkeld is. Persoonlik het ek nog nie n formule teegekom wat al hierdie dinamiese aspekte in ag kan neem nie.

So weefsel weerstand per frontale area sal wel konstant wees ongeag die kaliber. Die totale weerstand gaan op met die kwadraat van die kaliber, maar soos hierbo verduidelik is daar baie meer "draadjies" wat saamwerk in die groter kaliber.

Energie is 'n eerste neef van momentum, so hoe groter die momentum hoe (baie) groter die energie. Die energie kry ander dinge reg soos tydelike wondkanaal, weefselvernietiging ens.

In anti-pantser ammunisie gebruik hulle sg "long rod penetrators" wat van verarmde uraan gemaak word (uraan 238 wat geen uraan 235 bevat nie) Dit word gebruik om die hoogste moontlike SD te kry, want ons het reeds gesien SD is lengte maal digtheid, en U238 het 'n baie hoe digtheid. Mens kan so lang penetrator egter nie stabiliseer met rotasie nie, so hy word met 'n fin gestabilisseer. Mens kan ook nie genoeg druk op die klein CSA toepas met dryfmiddel nie, so hy word van 'n sabot voorsien wat wegval na trompverlating. So die ding staan bekend as 'n APFSDS rondte (armour piercing fin stabilised discarding sabot) Tipies 400 mm lank met tromsnelheid van 4000 fps plus!
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by 470rigby »

Hi Wouter, die SD van die draadjies is presies dieselfde as die oorspronklike koeel, omrede dit dieselfde materiaal is, is die SD ekwilalent aan die lengte. Jy is is reg oor die superkavitasie ens. dit gebeur as die teikenmateriaal veranderings toon tydens penetrasie. dis hoekom ek aan die begin gese het ons vergelyk net eenvoudige homogene substans. Die lengte SD verhouding is egter 100% waar (SD = lengte x digtheid}
Groete
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by Wouter Roets »

Andrew

Ons sal nou moet fokus! Daar is net een formule om die Sectional Density van n koeel te bereken en dit soos ek dit deurgegee het. Jy sal moet n ander naam vir jou "SD" syfer uitdink, want dit is nie dieselfde nie. ;D ;D ;D

Jy het nog n probleem. Jou draaitjies se neusprofiel is nie dieselfde as die van die oorspronklike nie en dus kan dit heel moontlik penetrasie diepte beinvloed. The Devil is in the detail, ou maat! ;D ;D ;D

Neewat ek grap sommer so op die Maandag more. Ek is met jou met die storie.

Groetnis
Wout
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by 470rigby »

My SD is presies dieselfde as joune, massa/diameter kwadraat, m.a.w. lengte x digtheid

Lekker week ek hoop julle onluste is nou iets van die verlede
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by Wouter Roets »

Andrew

Kom ons vat jou voorbeeld en se ons begin met n 500gr .458 koeel. Sy SD waarde volgens my formule is 0.34. Halveer n mens nou daai koeel soos jy voorstel is dit twee koeels van 250gr en .229 wat se SD waarde nou 0.68 elk is. Net mooi dubbeld as die oorspronklike een. Ja SD sal dieselfde wees as jy daai koeel in sy lengte ook halveer, maar dit is nie wat jy in jou skrywe gese het nie. Jy het gese die draaitjies bly presies dieselfde lengte as die oorspronklike koeel. Meskien is dit tog wat jy oorspronklik bedoel het en in daai geval is dit 100% korrek.

Dit is darem weer stil hier by ons, maar dit was ook die geval verlede week toe die gebeurtenis so uit die bloute opgeduik het. We have been cursed by living in interesting times!

Groetnis
Wout
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by 470rigby »

Hi Wouter

As jy die koeel halveer, kry jy twee koeels elkeen 250 grein, maar nie 0.229 nie, wel 0.324 (onthou, jy moet hulle rond maak, anders geld die SD formule nie, jou 0.229 is die dikste deel van 'n halwe sirkel)
So die SD is 250/0.324 kwadraat gedeel deur 700 = 0.34
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by Wouter Roets »

Andrew

Ooh! OK, my fout. Ek sal moet begin Fokus. ;D

Groetnis
Wout
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by DWB »

Gaan skiet net die goed met die gewere wat julle albei reeds sinlik vir die doel gekies het met jul gekose koeels en hou op worry oor die res :)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by Wouter Roets »

Andrew

Ek moet jou n groot pluimpie gee, jy het my nou wragtig iets nuut gaan staan en leer. Ek was nog altyd onder die indruk dat eenderse SD syfer koeels van dieselfde materiaal gemaak se lengte dieselfde in verhouding met die kaliber sal wees en nie eenderse lengte sal he ongeag die kaliber nie. Ek kan nie glo ek het dit nog nooit raakgesien of uitgefigure nie. Baie dankie vir die les.

Deon

http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... ef4abc.jpg

Daar is drie skote deur vanaf 110m. Dink jy ek moet nog gaan oefen? Wys bietjie jou buffel se hart vir ons...

Groetnis
Wouter
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Minimum KE Gevaarlike Dikvellige Wild - Wie maak die ree

Post by DWB »

Eenigste issue wat ek daar sien is in die bekruip vernuf :) :) :)

My buffel hang op my kaggel!

Hy het soveel skote deur gehad sy hart het geen meer doel gedien nie... wat help dit dan ek skiet hom deur die ding :) :) :)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply