Teleskoop lense wat opwasem?

Post Reply
Dawid Wiesner
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Fri Apr 07, 2017 11:16 pm

Teleskoop lense wat opwasem?

Post by Dawid Wiesner »

As dit begin dou in die nag wasem my teleskoop se lense op. Het iemand dalk vir my raad? Dis nie dat ek 'n swak teleskoop gebruik nie.

Ek jag ongediertes. Daar is niks so frustrerend as wanneer ek na ure se harde werk daai skelm jakkals inkry en net wanneer ek wil skiet is my teleskoop se lense opgewasem nie. Boonop is so jak nou nog slimmer as toe ek met hom begin het.

Ek gebruik op die oomblik my bril se lappie om die lense skoon te vee maar dit hou nie baie lank voor die lense weer opgewasem is nie of ek probeer die lense maar toehou en vinnig skiet voor dit weer opwasem.

Is daar nie dalk 'n beter manier nie?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Teleskoop lense wat opwasem?

Post by Geno »

Probeer Zeiss se lens wipes. Kyk by Dischem.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Teleskoop lense wat opwasem?

Post by Aceofspades »

Hi Guntalk. Gaan stel jouself so bietjie voor by nuwe aansluitings. Ek is seker die eksperts sal jou raad kan gee hier.

Watter teleskoop is dit en het jy hom dalk een of ander tyd oopgemaak?

Sent from my HUAWEI LUA-L21 using Tapatalk
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Teleskoop lense wat opwasem?

Post by andre007 »

Hyk na hierdie spuitgoed https://www.google.co.za/?gws_rd=ssl#q=anti+fog+spray Jou oogarts sal ook n produk bemark wat aan brille gespuit kan word
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Dawid Wiesner
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Fri Apr 07, 2017 11:16 pm

Re: Teleskoop lense wat opwasem?

Post by Dawid Wiesner »

Dankie vir die advies julle ouens.

Geno, dankie vir die advies wat jy vir my gegee het oor Jakke in areas wat deur geroep is en sku is vir kosklanke, dit werk!

Dawie
Post Reply