Skoon loop vs Silincer

Post Reply
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Skoon loop vs Silincer

Post by Johan7 »

Ek het die naweek met my 243 gaan skiet. Eers sonder silincer en toe met die silincer. Het die Kriek monolitiese punte geskiet (76gr). Die silincer is 'n Hunting Buddy. Zero toe die geweer sonder die silincer op 100 meter. Het so 'n halfduim groepering geskiet van 4 skote. Toe kom die ding met die silincer: My skote het eerstens met vier en 'n half duim geval en sit so 2 duim uitmekaar uit. Een selfs 3 duim! Not good! Ek het gekyk of die skote die silincer tref, maar kon glad nie so iets bemerk nie. Wat kan fout gaan?

My 308 se silincer laat val my patroon van skoon loop na silincer op met 'n duim op 100meter. Maar met my 308 skiet ek met skoon loop ook halfduim groeperings en as ek die silincer (nie Hunting Buddy nie) opsit, dan skiet ek 5 skote wat almal sny.

Nou die skok van die 243! Moet ek van voor af vir my 243 ladingontwikkeling doen met die silincer op?
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Skoon loop vs Silincer

Post by tripodmvr »

Bad die silencer. Ek was nou die dag verstom om te sien watter klein deeltjies uit 'n knaldemper kom. Maak ook seker daar is nie brame wat opstaan om die koeël te deflekteer nie. Ek het 'n rubberhamer gebruik om die demper mee te tik om die gemors uit te kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2130
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Skoon loop vs Silincer

Post by Malan123 »

Hi Johan

Jou point of impact sal skuif met die silencer. Is jou huidige lading op 'n node? Silencers verhoog spoed so klein bietjie. Dit kan wees dat die silencer jou spoed opjaag tot buite jou node band. Ek stel voor jy meet die spoed en dan vra jy die quickload manne om te help.
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Re: Skoon loop vs Silincer

Post by Johan7 »

Malan123 wrote:Hi Johan

Ek het deur die chrony geskiet. My spoed het geval vanaf 3250 ft/s na 3220 ft/s.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Skoon loop vs Silincer

Post by Gian_dP »

Malan123 wrote:Hi Johan

Jou point of impact sal skuif met die silencer. Is jou huidige lading op 'n node? Silencers verhoog spoed so klein bietjie. Dit kan wees dat die silencer jou spoed opjaag tot buite jou node band. Ek stel voor jy meet die spoed en dan vra jy die quickload manne om te help.
Silencer kan jou trompsnelheid meer maak, maar dit behoort nie effek te he dat dit n akkurate lading on-akkuraat maak nie. Chris Long se nodeteorie gaan alles oor die vervorming van die kroon. Mits draad reg gesny is, behoort demper dit nie te affekteer nie.

As akkuraatheid afneem met demper kan dit een van volgende wees:

ekstra gewig laat loop iewers raak, of "bedding" is nie reg nie

koeel raak kroon van demper of baffle

kroon van demper beskadig (teorie dat onegalige gasvloei akkuraatheid affekteer)

"mirage" van warm demper affekteer teikenbeeld.

Op n ander noot, ek het die naweek op n ander forum gelees van n funksie op Strelok wat ek nog nooit gebruik/verstaan het nie. Jy kan teleskoop aanpassings tussen twee verskillende koeels, of met/sonder demper/"cold bore" vs reeds geskiet in Strelok sit. Gee dan outomaties jou verstelling as deel van jou solution.

http://www.borisov.mobi/strelokpro/andr ... ridges.htm

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Re: Skoon loop vs Silincer

Post by Johan7 »

Gian_dP wrote:
Malan123 wrote:Hi Johan

Jou point of impact sal skuif met die silencer. Is jou huidige lading op 'n node? Silencers verhoog spoed so klein bietjie. Dit kan wees dat die silencer jou spoed opjaag tot buite jou node band. Ek stel voor jy meet die spoed en dan vra jy die quickload manne om te help.
Silencer kan jou trompsnelheid meer maak, maar dit behoort nie effek te he dat dit n akkurate lading on-akkuraat maak nie. Chris Long se nodeteorie gaan alles oor die vervorming van die kroon. Mits draad reg gesny is, behoort demper dit nie te affekteer nie.

As akkuraatheid afneem met demper kan dit een van volgende wees:

ekstra gewig laat loop iewers raak, of "bedding" is nie reg nie

koeel raak kroon van demper of baffle

kroon van demper beskadig (teorie dat onegalige gasvloei akkuraatheid affekteer)

"mirage" van warm demper affekteer teikenbeeld.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Gian, ek het gevoel die Silincer is baie swaar op die geweer. Ek het nog nie gekyk of daar 'n drukpunt is omdat soos jy se, die gewig van die knaldemper die loop aan die hout kan laat raak nie.
Maar se nou hy raak nie, kan die "whip" van die loop tydens die skoot dan wel die loop aan die hout laat raak en sal dit 'n uitwerking he?
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Skoon loop vs Silincer

Post by Gian_dP »

Johan7 wrote: Gian, ek het gevoel die Silincer is baie swaar op die geweer. Ek het nog nie gekyk of daar 'n drukpunt is omdat soos jy se, die gewig van die knaldemper die loop aan die hout kan laat raak nie.
Maar se nou hy raak nie, kan die "whip" van die loop tydens die skoot dan wel die loop aan die hout laat raak en sal dit 'n uitwerking he?

Dit kan sekerlik gebeur, maar die ekstra gewig voor aan die loop behoort die "whip" minder te maak.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Re: Skoon loop vs Silincer

Post by Johan7 »

Gian, dis waar ja. Ek gaan vanaand kyk. Dankie eers vir julle insette.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Skoon loop vs Silincer

Post by Wouter Roets »

Goeie more Johan

Die wat jy nou beleef is iets wat relatief algemeen voorkom. Wanneer jy jou silencer opsit en met n stuk papier toets of daar nie dalk drukpunte is nie kan jy vind dat jy geen drukpunte gewaar nie. Hierdie is nie te se dat jy wel n drukpunt beleef onder recoil nie. Die ektra gewig van die silencer veroorsaak dat die loop wel aan die kolf kan raak onder recoil van die skoot. Jy kan daarvoor toets deur jou loop af te haal en aan die onderkant iets soos skoen politoer te smeer en weer terug te sit. Na n paar skote sal jy dalk moontlik agter kom dat die skoenpolitoer wel afgee op n gedeelte van jou kolf en dus sodoende jou probleem veroorsaak.

Jy noem wel dat jou spoed verlaag met die silencer en dui daarop dat die koeel erens in hom wel raak. Spoed kan nie afneem met n silencer nie, maar wel net vermeerder. So kyk noukeurig met n flits of jy nie gewaar op die silencer waar daar wel kontak is nie. Deur jou gat effens groter te boor spreek gewoonlik die probleem aan.

Malan ek wil net iets noem na aanleiding van jou vorige skrywe van nodespoed wat verander met die gebruik van n silencer. Dit is nie so nie. Nodespoed bly konstand by die kroon vir n gegewe koeel en komponente. Wat wel gebeur is dat n silencer jou gemete spoed by die kronograaf gewoonlik verhoog en dus jou nodespoed berekeninge omver werp. Hierdie is die rede hoekom ek voorstel dat spoed gemeet moet word sonder n silencer met lading ontwikkeling om die probleem uit te skakel. n Node lading wat werk sal werk met die silencer op ongeag die nuwe spoedlesing met die silencer. Indien jou groepring slegter is is daar n ander fout wat dit veroorsaak, want groepering is as n reel kleiner met n silencer op as as daarsonder.

Groetnis
Wouter
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Re: Skoon loop vs Silincer

Post by Johan7 »

Dankie Wouter. Wat ek gaan doen is dievolgende: Ek het gisteraand gekyk of daar drukpunte is: ek kon geen vind met of sonder die knaldemper nie. Trek in beide gevalle 'n A4-vel gemaklik deur al langs die loop af. Die knaldemper wat ek het is 'n Silent Hunter - nie 'n Hunting Buddy nie. Hierdie Knaldemper is nogal baie swaar en kan 'n drukpunt veroorsaak as die skoot loop. Ek sal beslis jou raad volg met die politoer Wouter.
Maar: Ek het 'n 308 met 'n knaldemper en gisteraand het ek gekyk - hy draai 100% op my 243 op. Wat ek nou beplan is om met my 308 se knaldemper 'n groepering te skiet met my 243, asook met my 243 se Silent Hunter. As die 308 se knaldemper werk (wat ook nogal swaar is), behoort my probleem mos in my Silent Hunter te le. Ek beplan om met loodpunte (SST's) sowel as my Krieke (76gr) elkeen 'n 4-skoot groepering met elke knaldemper te skiet en al die velocities aan te teken. Ek dink ek gaan 'n redelike prentjie kry van waar my fout le?
Last edited by Johan7 on Fri May 26, 2017 8:12 am, edited 1 time in total.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2130
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Skoon loop vs Silincer

Post by Malan123 »

Baie dankie Wouter. Hoe meer ek leer hoe meer kom ek agter hoe ingewikkeld die goed kan raak.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Skoon loop vs Silincer

Post by Jean Marais »

Johan7 wrote:Dankie Wouter. Wat ek gaan doen is dievolgende: Ek het gisteraand gekyk of daar drukpunte is: ek kon geen vind met of sonder die knaldemper nie. Trek in beide gevalle 'n A4-vel gemaklik deur al langs die loop af. Die knaldemper wat ek het is 'n Silent Hunter - nie 'n Hunting Buddy nie. Hierdie Knaldemper is nogal baie swaar en kan 'n drukpunt veroorsaak as die skoot loop. Ek sal beslis jou raad volg met die politoer Wouter.
Maar: Ek het 'n 308 met 'n knaldemper en gisteraand het ek gekyk - hy draai 100% op my 243 op. Wat ek nou beplan is om met my 308 se knaldemper 'n groepering te skiet met my 243, asook met my 243 se Silent Hunter. As die 308 se knaldemper werk (wat ook nogal swaar is), behoort my probleem mos in my Silent Hunter te le. Ek beplan om met loodpunte (SST's) sowel as my Krieke (76gr) elkeen 'n 4-skoot groepering met elke knaldemper te skiet en al die velocities aan te teken. Ek dink ek gaan 'n redelike prentjie kry van waar my fout le?
Wat jy ook van kennis moet neem is die volgende:

GREATER ACCURACY/CONTROLLABILITY
Sound suppressors (or silencers) reduce recoil and muzzle rise. This contributes to better accuracy by reducing the shooter’s tendency to anticipate recoil or “flinch,” thus maintaining a consistent hold on the target through the shot. Suppressor use also reduces the muzzle rise of a firearm, making it possible for the shooter to “stay on target,” call hits or misses, and follow up with secondary shots more quickly. In full auto mode, the use of a suppressor increases accuracy of full auto fire.

Above article from: www.silencerco.com
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Post Reply